SA Graan April 2014 - page 72

April 2014
70
stikstoϐbemestingsnormevirkoring
enandergrane
G
rootskaalse oorskakeling na bewaringsboerdery (vermin-
derde bewerking, wisselbou en deklaagbestuur) in die
Wes-Kaap segraanproduse ende strekebeïnvloeddie stik-
stofbemestingsbehoeftes van koring (en ander gewasse)
en vereismoontlike aanpassings tenopsigte vanhuidigenorme.
Van die belangrikste bydraende faktore tot hierdie verandering in
bemestingsnorme is die bydrae van verminderde bewerking en
die insluiting van nie-verwante gewasse in wisselbouprogramme.
Huidige stikstofbemestingsnorme vir koring is ontwikkel deur die
gebruikmaking van wetenskaplik beproefde data versamel vanaf
stelselswat nie kanola ingesluit het nie.
Diegrond isveral nádie lusernfaseookgeredelikbewerk. Tansword
gepoog om die versteuring van grond tot ‘n absolute minimum te
beperk.Minderversteuringvangrondhet ‘nverhogingvanorganiese
materiaal wat opdiegrondoppervlaktegelaat word tot gevolg.
Hierdiemateriaal se invloed op die grond in die boonste 200mm is
legio; onder meer verskille in grondtemperatuur, beskerming teen
die impakvan reëndruppelsengevolglike toeslaan, infiltrasie, afloop
en verskeie ander gevolge. Indien dit moontlik sou wees om geen
vee op veral die hoëpotensiaalkampe toe te laat nie, kan die tempo
van organiese materiaalopbou verder versnel word. Hierdie tempo
kan ook verder versnel word deur die verwydering van oesreste
te beperk. Die organiese deklaag word in geen- of verminderde
bewerkingstelsels baie stadig in die boonste gedeelte van die
grond ingemeng, onder meer deur grondmikrobes wat hierdie
organiese materiaal as voedsel en energiebron gebruik en deur
erdwurmaktiwiteit.
As gevolg van hierdie afbraak van organiesemateriaal word sekere
plantvoedingstowwe wat in organiese verbindings was, deur
mikrobe-aktiwiteit later vrygestel as onder meer ammonium en
nitraatstikstof – die vorms waarin die meeste plante stikstof kan
benut. Planters wat tans beskikbaar is, het ook die vermoë om
effektief teplant opgrondmet relatief groot hoeveelhedeplantreste
opdiegrondoppervlak (sien
Foto 1
).
Alhoewel peulgewasse eie stikstof as gevolg van die assosiasie
met stikstofbindende bakterieë (
Rhizobium
) kan bind, benut dit ook
ammonium en nitraatstikstof, indien beskikbaar in die wortelsone.
Die doeltreffendheid van hierdie bakterieë is ook meestal heelwat
hoër ingrondonderhewig aanbewaringslandboubestuurstegnieke.
Met stikstofbemesting in gedagte is dit belangrik om te let op die
opeenvolging van gewasse binne wisselboustelsels. Koringstoppel
het ‘nwyeC:N-verhouding, ditwil sêbaiekoolstof enminder stikstof
terwyl medic en lusernweer ‘n nou C:N-verhouding het – dit wil sê
die verskil tussen koolstof en stikstof inpeulgewasreste is kleiner as
in koringstoppel.
Die gevolg hiervan is dat peulgewasreste gewoonlik vinniger
afbreek en N vinniger beskikbaar gestel word binne die sisteem
vir plantopname. Kombinasies van oesreste wat verskil in tempo
van afbraak en vrystelling van plantvoedingstowwe is daarom van
kardinalebelangom kwaliteit deklae te verseker.
Om bogenoemde situasie te verseker moet grane, kanola en
peulgewasse waar moontlik binne elke wisselboustelsel ingesluit
word. Oor tyd behoort die deklaag dan uit koring, kanola en
peulgewasplantmateriaal te bestaan. Met verloop van tyd ontbind
die gedeelte van die deklaag/plantmateriaal wat in kontak met die
grond is en verhoog die koolstofinhoud van die grond en verhoog
die potensiaal van die grond om plantvoedingselemente, onder
meer stikstof, vry te stel. Die verskille in wortelstelsels tussen
gewasse het ook ‘nbaiebelangrike invloedopdie tempo vanopbou
vanorganiese koolstof indiegrond.
Dit is gevolglik duidelik dat die beskikbaarheid van voedingstowwe
tussen stelsels en bewerkingsbestuur grootliks kan verskil en ook
bemestingsbestuur beïnvloed.
Die stikstofbemestingsbehoefte van koring sal ook beïnvloed word
deur die voorafgaande gewas en die klimaatstoestande (potensiaal)
wat gedurende die groeiseisoen geheers het. Peulgewasse
wat onder hoëpotensiaaltoestande groei het gewoonlik ook tot
OP PLAASVLAK
Stikstofbemestingsnorme / Bewaringslandbou /Wes-Kaap / Rûens
Bemesting
JOHAN LABUSCHAGNE,
Direktoraat vir Plantwetenskappe,Wes-KaapseDepartement van Landbou
Grafiek 1: Die stikstofinhoud vandie boonste 300mm vandie grondopdie
Tygerhoek navorsingsplaas by Riviersonderend, soos gemeet gedurende
die 2013-seisoen.
Grafiek 2: Gemiddelde graanopbrengs (kg/ha) van koring ná verskillende
gewasse (tweede jaar koring ná lusern; lusern-K-K, eerste jaar koring ná
lusern; lusern-K, koring ná kanola; kanola-K, koring ná lupiene; lupiene-
koringenkoringmonokultuur) opdieTygerhoeknavorsingsplaasbyRivier-
sonderend, soos gemeet gedurendedie 2012- en 2013-seisoene.
1...,62,63,64,65,66,67,68,69,70,71 73,74,75,76,77,78,79,80,81,82,...92
Powered by FlippingBook