SA Graan Oktober 2014 - page 52

FOKUS
Diere
Spesiale
Oktober 2014
50
Wolkwekers
beywerhullevir
meer skapeenmeerwol
S
uid-Afrika se Nasionale Wolkwe-
kersvereniging (NWKV) is een van
die oudste produsente-organisa-
sies in die land. Dit bestaan reeds
sedert 26 Mei 1926, toe daar by ‘n wolkon-
gres op Middelburg, Oos-Kaap, besluit is
om ‘n eie produsente-organisasie vir wol-
produsente te stig.
Sedertdien het die organisasie gegroei en
spogvandagmetbykans5000kommersiële
produsente en sowat 15 000 kommunale
produsente as vrywillige lede.
DieNWKV semissie is omwinsgewende en
volhoubare wol- en skaapproduksie te be-
vorder. Vandaar ook die slagspreuk: “Meer
skape:Meerwol!”
Die doelwitte van die organisasie is die
bevordering van ‘n vriendelike beleids- en
wetgewende omgewing vir die bedryf; die
skepping van ‘n doeltreffende produksie-
omgewing; die daarstelling van ‘n beter
markomgewing; en die totstandbringing
van ‘n volmagtige, institusionele omgewing
ter ondersteuning vandiewolbedryf.
Om dié doel te kan bereik, is die NWKV by
die verskillende strukture van georgani-
seerde landbou betrokke en het ‘n noue
skakeling met die toepaslike nasionale en
provinsiale regeringsdepartemente oor as-
pekte rakendewetgewing.
DieNWKVkanmet regasdie “stem”vandie
wolboer beskryf word, omdat dit wolboere
op verskillende organisasies en forums
verteenwoordig, waaronder die Wolforum,
Agri SA, die Veediefstalforum en die Roof-
dierbestuursforum.DieNWKVsevoorsitter,
mnrHarryPrinsloo, isookvoorsitter vandie
Roofdierbestuursforum.
Voorts is die organisasie by die Dierege-
sondheidsforum betrokke, waar belangrike
aspekte rakende biosekuriteit, soos bek-en-
klouseer, Slenkdalkoors en Johne se siekte,
aangespreekword.
Omdat Johnesesiekteso ‘ngroot probleem
vir skaapboere geword het, is daar op die
onlangse nasionale kongres van die NWKV
‘n beskrywingspunt aanvaar dat kopers van
lewende hawe moet aandring op ‘n verko-
persverklaringwat inligting verskaf rakende
die risikowat die koper loop deur ‘n dier in
sy kudde in te bring wat moontlik met die
siektebesmet is.
Advies en opleiding
Die NWKV is deur Cape Wools SA (‘n ver-
eniging sonder wins-oogmerk) gekontrak-
teer om ‘n produksie-adviesdiens aan
kommersiële, kommunale en opkomende
produsente te lewer. Die hoofdoel van
dié diens is om produsente van advies te
bedien en oor die jongste tegnologie en
boerderymetodes in te lig om hul doeltref-
fendheid enwinsgewendheid te verhoog.
Deel van die diens aan kommersiële pro-
dusente is ‘n ekonomiese adviesdiens. Dit
behels die ontleding van ‘n boerdery waar-
na aanbevelings gemaak word oor hoe die
produsent sy bestuurspraktyke kan aanpas
om sywinsgewendheid te verhoog.
Vir dié doel word daar ook demonstrasie-
plase in verskillende gebiede gevestigwaar
die beste praktyke gedemonstreer kan
word en as voorbeeld vir ander produsente
kandien.
Die produksie-adviseurs help voorts om
ekonomiese studiegroepe op die been te
bring sodat produsente vergelykings kan
maak en ook hier inligting kan inwin oor
hoe om hulle bestuur te verbeter. Speen-
persentasie kan byvoorbeeld baie van
plaas tot plaas wissel en die resultate van
die ekonomiese studiegroepe verskaf bruik-
baregegewens.
Die NWKV het voorts ‘n uitgebreide pre-
dasiebestuursopleidingsprogram en het
reeds 30 moniteringsplase onder leiding
van roofdierkenner mnr Niel Viljoen geves-
tig. Dié inisiatief word in samewerking
met die Rooivleis Produsente Organisasie
(RPO) en die Sybokhaar-produsentevereni-
gingbedryf.
Hierdie moniteringsplase het ten doel om
verskillende predasiebestuurstegnieke toe
te pas sodat die doeltreffendheid van elke
metode gemeet kan word. Sonder pre-
dasiebestuur kan veeverliese tot 25% be-
loop.Met die regte tegnieke, kanverliese tot
4% beperk word. Op een moniteringsplaas
het die eienaar met die aanvang van die
studie 10% van sy vee weens predasie ver-
loor. Nadat hy die ongediertebestuurspro-
gram begin volg het, het sy verliese tot 2%
gedaal.
Die NWKV is tans besig om ‘n handleiding
vir predasiebestuur op te stel en beoog om
indie toekoms ‘ngeakkrediteerde kursusvir
predasiebestuur teontwikkel.
Vir die kommunale en opkomende pro-
dusente, wat hoofsaaklik in die voormalige
LEONDE BEER,
bestuurder, NasionaleWolkwekersvereniging vanSuid-Afrika
Dieopleiding enontwikkeling vanopkomende en kommunaleprodusentehet gelei tot ‘nop-
merklike styging inwolproduksie indie kommunalegebiede. Diehoër verdiensteuitwol het tot
armoedeverligting indiégebiedebygedra. Hier berei kommunaleprodusentewol voor vir diemark.
1...,42,43,44,45,46,47,48,49,50,51 53,54,55,56,57,58,59,60,61,62,...124
Powered by FlippingBook