SA Graan Oktober 2014 - page 49

47
October 2014
Die reserwes is nognie teruggeplaas indiewortels nieen sodoende
worddie reserwesuitgeput.Die resultaathiervan isdatdiegroeikrag-
tigheid van die plant begin afneem en die pol word al hoe kleiner.
Sodradie reserwesgebruik isomblaargroei testimuleer endieplant
word nie weer afgewei voordat dit uitgegroei het nie, word reser-
wes weer in die wortels teruggeplaas. Word die plant steeds nie
afgewei nie, sal die wortelstelsel vergroot en meer reserwes be-
gin stoor. Nou neem die groeikragtigheid van die pol toe en die pol
wordgrotermet ‘nhoër grasproduksie (
Figuur 1
).
In die praktyk sal beeste in ‘n nuwe kamp binne sowat 12 tot 14 dae
alleweidingbenut hetwat hullewou. Hiernabeginhullediehergroei
vreet. Indiendiebeestenog langer in ‘nkampbly, sal allesmaaklikste
engewenstegrasspesies telkens afgewei wordenhullewortelreser-
wes sal verlaag oor tyd met die gepaardgaande laer groeikragtig-
heid.Omdieredus langer as14dae indieselfde kamp te laatwei, sal
diegrasproduksieoor tyd laat afneem.
Die teenoorgestelde is egter ook waar. Waar diere die beskikbare
plante vinnig afwei, en dan vir 60 dae of langer nooit in dieselfde
kamp komnie, sal die groeikragtigheid toeneem, die polle sal groter
word endiegrasproduksie sal ook toeneem.
‘n Verdere voordeel van hierdie bestuurstelsel is dat onsmaakliker
spesies, soos dekgras, oor tyd meer al meer deur die diere benut
word, waar dit aanvanklik nooit benut is nie. Die hele kamp asook
die hele plaas seweidingword dus nou totaal benut, waar dit in die
verlede verlore sougaan.
Daarom is dit die beginsel om die kampe klein genoeg temaak so-
dat die beeste korter as 14 daewei terwyl hulle allemateriaal afwei.
Hoëdrukbeweiding begin waar beeste binne 10 tot 12 dae skuif na
die volgende kamp toe, en ultrahoëdrukbeweiding eindig waar die
diere in ‘n strook weiding staan en elke sowat een uur na die vol-
gende strook toe aanskuif.
Die duimreël is dat die kampgrootte hoogstens 25% van die trop-
groottemoetwees,met anderwoordevir ‘n tropvan200koeie,moet
die kampeniegroter as 50haweesnie. Hierdie riglyn is vir diebegin
byhoëdrukbeweiding, endiekampiessal al hoekleinerwordhoena-
der aanultrahoëdrukbeweidingbeweegword. Die eindresultaat van
ultrahoëdrukbeweiding is wanneer die veelading (in die weistroke)
gelykstaande aan sowat 5 000diere/ha sal wees.
Sodra die stelsel geïmplementeer is, sal die realiteit wees dat on-
geveer 33% van die totale hoeveelheid kampe jaarliks vir ‘n volle
jaar gerus sal kan word. Die resultaat hiervan is dat die wortelstel-
sel se reserwes geweldig baie toeneem in die groeiseisoen en dat
die smaaklike spesies, byvoorbeeld rooigras, kwantitatief én kwali-
tatief toeneem.
Daar behoort dus ‘n driejaar-plan vir beweiding en rus van alle
kampe te bestaan. ‘nVerdere bestuursaksie is dat die kampewat vir
die laaste keer bewei word voordat hulle ‘n volle jaar sal rus, regtig
skoongewei moet word sodat alle beskikbare plantmateriaal benut
kanword.
Indien die beeste in die stelsel aangepas is, behoort hulle relatiewe
voerinname te verhoog aangesien hulle kompeterend begin vreet.
Die resultaat hiervan is dat die diere se kondisie tot 20% beter kan
wees as wanneer die diere aan ‘n konvensionele beweidingstelsel
onderwerp word. Dit oefen uiteindelik ook ‘n positiewe invloed op
reproduksieprestasieuit.
Meer en goedkoper
Indien ‘n stelsel geïmplementeer wordwat tegelykertyd die drakrag
verhoogasookdie kwaliteit vandieweidingverbeter, sal dieveepro-
dusent in staat wees ommeer en goedkoper op dieselfde plaas te
kanproduseer.
Dit beteken dat diewinsgewendheid verhoog sal word. Dit is so dat
hierdiestelselmeerbestuur vandieeienaar vereis,maar ‘nmenskan
togniemeer virminder insette verwagnie? Indie volgende uitgawe
sal die invloed vanhoëdrukbeweiding enultrahoëdrukbeweidingop
diegrond asook die implementering vandie stelsel bespreekword.
Vir enige navrae in hierdie of enige ander verband wat hierby aan-
sluit, kontakHennieduToit by0845156817of
.
Bronnelys
Gekoördineerde voorligtingsaksie, 1987. Beplanningsriglyne vir die veeboer.
Harvey, K. 2014. Persoonlikemededelings.
Jooste, Chris. 2003. Voorkom “droogtes”met veldbestuurstelsel.
Landbou.com
.
Tainton, N.M. 1981. Veld andpasturemanagement inSouthAfrica.
Zietsman, J. 2011. Drukbeweiding.
Figuur 1: Die verskil inwortels van aanhoudende enhoëdrukbeweiding.
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,39,40,41,42,43,44,45,46,47,48 50,51,52,53,54,55,56,57,58,59,...124
Powered by FlippingBook