SA Graan Oktober 2014 - page 62

Oktober 2014
60
Jou onkruidsaadbestuur
dié seisoen sal toekomstige skadebepaal
D
ie grootste bron van onkruid op ‘n gewasland, is die on-
kruid “saadbank”, dit wil sê, die voorraad lewensvatbare
saad wat in die grond beskikbaar is. Die saadbank is oor
net soveel jare aangevul met ‘n vars voorraad onkruidsaad
aswat ‘ngewasland inproduksie is.
Omdat nie al die saad wat in ‘n groeiseisoen gedeponeer word, in
diehuidigeenselfs indievolgendegroeiseisoengaanontkiemnie, is
die saadbank in ‘n staat van volgehoue aanwas.
Tensy daadwerklike stappe geneemword om die onkruidsaadbank
te verklein, sal dit oor tyd aanhou toeneem, spesifiek wat betref
onkruidsoortewaarvandie saad lank ingrond kanoorleef.
Saad is as’t ware ‘n plant in wording – al wat nodig is om van ‘n
rustoestand (embrio of “kiem” in saad) na ‘n aktief-groeiende plant
oor te gaan, is omgewingsfaktore wat gunstig is vir ontkieming. ‘n
Eienskap wat eie is aan die suksesvolste onkruidsoorte is die ver-
moë van hul sade om vir lank in ‘n staat van rus of dormansie te bly
en eers te ontkiem wanneer ‘n spesifieke kombinasie van omge-
wingsfaktore heers wat gunstig is vir die groei en ontwikkeling van
diebepaaldeonkruidsoort.
Figuur 1
toon die lotsbestemming van onkruidsaad aan – die saad-
bank is in voortdurende skommeling tussen saadinsette (saadstort
en inbring van saad) en saadverliese (ontkieming, dood, predasie,
verrotting); saad verkeer óf in die aktiewe fase óf in die dormante
fase indiesaadbank–genetikavandiesaadenomgewingstoestande
(temperatuur, grondvog, suurstof) bepaal die transisie van saad
tussen “aktief” en “dormant”.
Hoemeer sade ‘nonkruidsoort produseer, hoegroter is die kans dat
dit ‘nbeduidendebydrae tot die saadbank salmaak –dieverhouding
waartoe verskillende onkruidsoorte saad tot die saadbank bydra
en plantgetalle, sal bepalend wees vir die spektrum en relatiewe
grootte van onkruidpopulasies op ‘n land. Derhalwe word die
onkruidspektrumendiedominansievanbepaalde soorte tot ‘ngroot
matebeïnvloeddeur diehoeveelheid saadgeproduseer (
Tabel 1
).
Faktorewat saadontkieming en
dormansie beïnvloed
Omdat die saad van baie plantsoorte en dan spesifiek ‘n groot
verskeidenheid onkruidsoorte, die vermoë het om maande, jare,
dekades en in uiterste gevalle selfs eeue in grond in ‘n lewende of
kiemkragtige staat te oorleef, is dit in gewasproduksie van kardinale
belang om te verstaan watter faktore die oorlewing en ontkieming
vanonkruidsaadbeïnvloed.
Alleenlik met sulke kennis toegerus kan daar planne beraam word
om deur toepaslike bestuurspraktyke die impak van onkruide te
versag en deur middel van onkruidsaadbestuur die probleem as’t
ware indie kiem te smoor.
Temperatuur
Alle soorte saad het ‘n optimum temperatuur waarby dit sal ont-
kiem; in sommige gevalle is wisselende temperature die stimulus
vir ontkieming. Wandelende Jood (
Commelina benghalensis
) is
uniek in die opsig dat dit twee soorte saad produseer waarvan die
temperatuurbehoefte vir ontkieming verskillend is.
Hierdie onkruid produseer saad beide bo- en ondergronds (
Foto 1)
.
Dit is ‘n voorbeeld van hoe onkruid ontwerp is om onder ‘n wye
verskeidenheid van omgewingstoestande te oorleef – die saad van
wandelende Jood sal nie almal eensklaps ontkiem nie, maar oor ‘n
uitgerekteperiode tewyte aandie verskil tussen sadewat betref die
temperatuurstimulus vir ontkieming.
Grondvog
Sade neemwater op deur die saadhuid, deurmiddel van die proses
van imbibisie. In baie gevalle is verwering (chemies, mikrobies,
meganies) van die saadhuid nodig voordat imbibisie kan plaas-
vind; die verweringsproses kan by sommige soorte saad maande
of selfs jare neem. In die periode voordat die saadhuid waterdeur-
laatbaar raak, sal sade nie ontkiem nie al heers temperature wat
optimaal is vir ontkieming.
Suurstof
Dieontluikende embriobenodig suurstof vir die aktivering vangroei
– suurstof is nodig vir respirasie waardeur saadgestoorde stysel
en suikers omgeskakel word in verbindings en energie wat nodig
is vir vroeë groei en ontwikkeling, dit wil sê vir saadontkieming en
saailingopkoms. Al is voldoende suurstof beskikbaar, sal saad nie
ontkiem alvorens voldoendewater opgeneem is endie temperatuur
optimaal is nie.
Sonlig
Sommige soorte saad het ‘n ligstimulus nodig vir ontkieming, soos
byvoorbeeld kakiebos (
Tagetes minuta
), wat klaarblyklik beter
ontkiem wanneer saad wat reeds in die saadbank is aan sonlig
blootgestel word – blootstelling van ‘n fraksie van ‘n sekonde is
skynbaar voldoende stimulus, soos wanneer grond deur grondbe-
werking aan ligblootgestel word.
Fisiologiese rypheid
In die geval van sekere onkruidsoorte kan al die omgewingsfaktore
hierbogenoem involdoendemaat aanwesigwees,maar saad sal nie
ontkiemnie.
OP PLAASVLAK
Onkruidsaadbestuur / Saadbank / Saadinsette
Geïntegreerdeplaagbeheer
CHARLIE REINHARDT,
buitengewone professor inOnkruidwetenskap, Universiteit van Pretoria en dekaan, VillaAcademy
One year’s
seeding is seven
yearsweeding
–Anon
1...,52,53,54,55,56,57,58,59,60,61 63,64,65,66,67,68,69,70,71,72,...124
Powered by FlippingBook