SA Graan Oktober 2014 - page 56

FOKUS
Diere
Spesiale
Oktober 2014
54
Dít, tesame met die feit dat die aanvraag verder styg weens die
bevolkingsaanwasendie toename inpersonemet ‘nhoër inkomste,
skep ‘n groter tekort as wat in elk geval ervaar word. Die enigste
manier waarop daar in hierdie vraag voorsien kan word indien
binnelandse produksie nie verhoog nie, is om óf na alternatiewe
soos hoendervleis te swaai, óf om meer vleis in te voer. Wat
‘n uitdaging en wat ‘n geleentheid! Hierdie geleentheid moet
aangegryp word om, nie net meer nie, maar meer doeltreffend te
produseer tot so ‘nmate dat daar nie na ander opsies gekyk hoef
teword nie.
Daar sal egter slegs aanhierdieuitdaging voldoen kanword indien:
Onproduktiewe gebiede en onproduktiewe produsente meer
produktief raak; en
Bestaande kommersiële produsente meer kostedoeltreffend
produseer.
Dit is alleenlikmoontlik indien daar met die regte diere op die regte
plek en op die regte manier geboer word – dus, presisieboerdery-
praktyke.
Beslis ook vir die veebedryf?
Daar is vandag beswaarlik ‘n saaiprodusent wat ‘n redelike bestaan
maak wat nie presies weet wat sy grondsamestelling is en wat
presies hymoet aanvul vir ‘n spesifieke opbrengsmet ‘n spesifieke
saadkultivar nie. Verder bepaal hy presies hoeveel kunsmis per
hektaar hymoet toedien, presies hoeveel saad per hektaar geplant
moet word, hoe diep geplant moet word in die spesifieke grondtipe
en les bes, monitor hy dit presies, want hy kan eenvoudig nie
bekostig om een sak kunsmis of een kilogram saad te veel of temin
neer te sit nie.
Daarvoor is die risiko’s wat hy nie kan beheer nie, te groot en die
marges te klein. Daarommoet hy die beheerbare risiko’smet al die
hulpmiddels tot sy beskikking, optimaal bestuur. As prysnemers, is
die Suid-Afrikaanse produsent in ‘n baie moeilike posisie en moet
hy alles moontlik doen om die risiko’s waaraan hy niks of weinig
kandoennie, sover asmoontlik te verskans deur diéwat hywel kan,
tebeheer.
Dit geld beslis ook vir die veeprodusent – stoet sowel as kommer-
sieel. Dit blyk egter dat hierdie beginsel nog nie deurgedring het
tot die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaanse veeprodu-
sente nie, as in ag geneemword dat slegs ongeveer 15% van alle
suiwelbeeste in melkaantekening is, slegs ongeveer 5% van alle
vleisbeestevirproduksieaangetekenwordendiekleinveeproduksie-
aantekening amper nie noembaar is in verhouding tot die totale
kleinveebedryf nie.
Die toekomstige suksesvolle veeprodusent, stoet sowel as kom-
mersiëleprodusent, salminstens die volgendemoet doen:
‘n Erkende plaassagtewareprogram aanskaf vir die aantekening
van dierinligting en hierdie inligting op ‘n betroubare diere-
aantekeningprogram soos SA Stamboek se Logix-programme
aan te teken en te laat verwerk.
Al sydieremet ‘nuniekenommer identifiseer.
Die vaar van elke kalf/lam aanteken – óf deur enkelvaarparings
toe tepas óf deur DNS-toetsemetmeervaarparings.
Elkegeboortemetmoernommer engeboortedatum aanteken.
Sover asmoontlik geboortegewigteneem.
Diegewig vandiemoer- en kalf/lamby speen aanteken.
Addisioneel hierby is dit betekenisvol om potensiële
vervangingsverse/ooie sena-speengewigte aan te teken.
Suiwelprodusente moet deelneem aan ‘n geakkrediteerde
melkaantekeningsprogram, soos LogixMelk bySAStamboek.
Vleisbees-, kleinvee- enwildprodusentemoet gebruikmaak van
geloofwaardige aantekeningprogramme, soos SA Stamboek se
LogixVleis-, LogixKleinvee- of LogixGame-programme.
Hierdie programme en dienste verwerk alle gemete inligting tot
bruikbaregegewens, verslaeenselfsBLUP-teelwaardes (stoettelers)
vir die identifikasie van die mees produktiewe en winsgewende
diere vir seleksiedoeleindes. Dit is verder belangrik dat die pro-
gressiewe veeprodusent toegang het tot diensverskaffers wat
op hoogte is van die nuutste tegnologie en veekundige teel-
hulpmiddels, soos byvoorbeeld genomiese ontledings wat reeds
besig is om ‘n omwenteling in teling en seleksie in die praktyk,
teweeg tebring.
Genoemde dienste is beskikbaar vir alle stoet en kommersiële pro-
dusente, waar van toepassing, endaar is genoegbewyse dat dit die
enigste wyse is waarop presisieboerdery betekenisvol bedryf kan
word, risiko’s beperk kan word en die beste kans dus gebied word
tot langtermynwinsgewendheid in veeboerdery. In
Grafiek 2
word
aangetoon hoe ‘n ras wat verpligte produksie-aantekening doen,
oor jare (1975 - 2013), met behulp van die sinvolle toepassing van
produksiemeting as hulpmiddel, daarin geslaag het om die genetie-
se tendense vir speengewig, na-speengroei en melkproduksie,
betekenisvol te verbeter, terwyl geboortemassa konstant gehou is.
In dieselfde tyd het volwasse gewig wel ook verhoog, maar nie tot
nadeel vandie ander eienskappenie.
Wat verder van groot ekonomiese waarde is, is dat die ouderdom
vandieeerstekalwingen tussenkalf-periode (vroulikevrugbaarheid),
oor dieselfde periode in dieselfde ras, ook betekenisvol verbeter
het (
Grafiek 3
), terwyl daar terselfdertyd vir die ander groei- en
produksie-eienskappe geselekteer is. Presisieboerdery in die
veebedryf –meet, teken aan engebruik dit, dit werk!
Grafiek 2:Genetiese tendense van verskillende eienskappeby ras x.
Erkenning: Dr HelenaTheron, SAStamboek
Grafiek 3:Genetiese tendense van koeivrugbaarheidseienskappeby ras x.
Erkenning: Dr HelenaTheron, SAStamboek
Wat behels presisieboerdery by vee?
1...,46,47,48,49,50,51,52,53,54,55 57,58,59,60,61,62,63,64,65,66,...124
Powered by FlippingBook