SA Graan Oktober 2014 - page 58

Oktober 2014
56
FOKUS
Diere
Spesiale
‘nKykienadie
rooivleisbedryf
van vandag
V
leisverbruik sal in die volgende dekade aanhou groei, hoe-
wel makrofaktore verantwoordelik sal wees vir hoër vleis-
pryseen ‘n ietwat laer verbruik relatief tot dievorigedekade.
olgens die Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP) se
landbouvooruitsig wat pas vrygestel is, sal ‘n toename in inkomste
steeds ‘n kritieke rol in verbruikersgroei speel. Relatiewe pryse en
verbruikersvoorkeuresal egterbepaalwatter tipevleisdieverbruiker
gaan verkies.
Volgens dié vooruitsigte bly hoendervleis die mees bekostigbare
bron van proteïene en die verbruik daarvan sal na verwagting oor
die volgendedekademet 34% styg. Dit oorheers steeds diemark en
verteenwoordig 73% van bykomende vleis wat teen 2023 verbruik
behoort teword.Dieverbruikvanvarkvleisbehoortoordievolgende
tien jaar diemeeste te groei, hoewel dit ‘n klein gedeelte van totale
vleisverbruik uitmaak.
Die vraag na beesvleis sal na verwagting oor die volgende tien jaar
met 20%groei (vergelekemet 12% indie vorige dekade) en sal 15%
uitmaak van al die vleiswat inSuid-Afrika verbruikword.
Lam- en skaapvleis is die duurste vleissoort en wordmeestal deur
verbruikers in die hoë inkomstegroep gekoop. Dié verbruikers be-
stee ‘n klein gedeelte van hulle totale inkomste aan kos en daarom
is daar nie ‘n groot reaksie op prysverhogings nie. Die verbruik van
lamsvleis en skaapvleis behoort oor die volgende 20 jaar met on-
geveer 16% tegroei.
Prysvooruitsigte
Beesvleisprodusentepryse behoort in die volgende dekade met
6,4% per jaar toe te neem, sodat dit aan die einde van 2014 meer
as R50/kg behoort te beloop. Produsentepryse van lamsvleis en
skaapvleis sal naverwagting teen ‘ngemiddeldvan5%per jaar styg.
Die rooivleisbedryf vandag
Veediefstal en predasie hou steeds die grootste bedreigings vir die
bestaan en welvaart van die rooivleisprodusent in. Dit word egter
deur die nasionale en provinsiale veediefstalvoorkomingsforums en
diepredasiebestuursforums aangespreek.
Ander bedreigings sluit in die oorregulering van die bedryf (land-
bou word deur 88 wette gedikteer); aardverwarming en die rol wat
veeboerdery daarin speel; die impak van mynbou en besoedeling;
en stygende insetkoste. In 2013 is daar beraam dat insetkoste met
18% gestyg het, wat groot druk op die produsent se winsgewend-
heidplaas.
Ander aspektewat tans deur die rooivleisbedryf hanteer word, sluit
indiegebrekaanmarktoegangen infrastruktuur in landelikegebiede
wat ‘n impak op die opkomende sektor het; en ‘n tekort aan prys-
inligting; heersende onsekerheid oor prysinligting en dieMededin-
gingskommissie.
Aan die ander kant was die geleenthede vir uitvoere van rooivleis,
rooivleisprodukte en genetiesemateriaal nog nooit so positief soos
nou nie. Die nasionale RPO is veral baie opgewonde oor diemoont-
likheid van rooivleisuitvoerenaChina.
Verder is daar baie ander positiewe verwikkelinge, waarvan die
huidige vlak van samewerking tussen die rooivleisbedryf en die
Departement vanLandbou, BosbouenVisserye (DLBV) besliseen is.
Huidige inisiatiewe deur die Departement in die buffersones getuig
van diewil om die gapings in die Openbare Veterinêre Dienste-ver-
slag aan te spreek.
Die DLBVmoet ook gelukgewens wordmet sy onlangse inisiatiewe
omOIE-standaarde te stel in termevandie invoer van lewendehawe
vanaf buurlande.
Verder kan die gemeenskapsjaar vir afgestudeerde veeartse wat in
die vooruitsig gestel word, baie positiewe gevolge vir die rooivleis-
bedryf hê.
Een van die grootste geleenthede binne die rooivleisbedryf, is die
mobilisering en kommersialisering van die opkomende sektor. Tans
maak dié sektor 40% van rooivleisprodusenteuit.
Die daarstelling van handelsmerke vir gedifferensieerdemarkte kan
ook tot groot voordeel vandie bedryf wees. ‘nGrass fed/Free range
vereniging is so pas gestig. Die RPO het die Universiteit van die
Vrystaat versoek om ‘n rekenaarmodel te ontwikkel oor osstelsels
versus speenkalfproduksie en ons sien daarna uit om dit binnekort
bekend te stel.
Aangesien die vraag na rooivleis gaan styg, sal daar meer rooivleis
geproduseermoetword. Dit kannet gedoenworddeur groter inten-
sivering enbeter tegnologie.
Die nutriëntsamestelling van Suid-Afrikaanse rooivleis tel in die
rooivleisbedryf se guns asook die feit dat die plaaslike verbruiker
‘n voorkeur vir vars vleis het. Nuwe wetenskaplike bevindings oor
die positiewe eienskappe van rooivleis in ‘n gebalanseerde dieet
is aspekte wat in die RPO se funksie van verbruikersopvoeding uit-
geligword.
Op 7 November gaan die Suid-Afrikaanse klassifikasiestelsel onder
die soeklig kom tydens ‘n simposium, aangesien dit noodsaaklik is
om dit in terme van verbruikersbehoeftes en internasionale norme
te toets. Vir die afgelope 25 jaar werk die huidige stelsel effektief,
maar dit is tog sekerlik relevant om tebepaal of dit steeds inpasby ‘n
omgewingwaar alles verander het.
Die rooivleisbedryf is in die gelukkige situasie dat die kapasiteit om
navorsing te doen, in die laaste paar jaar baie uitgebrei is. Voorts is
die RPO ook baie tevredemet die RedMeat Research andDevelop-
ment (RMRD) segoeiewerk.
In terme van voedselsekerheid in ‘n land wat arm is aan proteïene,
het die rooivleisbedryf ‘n belangrike rol om te speel. Die bedryf is
ook as ‘n belangrike rolspeler in die nasionale ontwikkelingstrategie
GERHARDSCHUTTE,
uitvoerende hoofbestuurder, Rooivleis ProdusenteOrganisasie
1...,48,49,50,51,52,53,54,55,56,57 59,60,61,62,63,64,65,66,67,68,...124
Powered by FlippingBook