SA Graan Oktober 2014 - page 44

FOKUS
Diere
Spesiale
Oktober 2014
42
Vuilbeksiekte kan só voorkom
enbeheer word
V
uilbek is ‘n siekte wat vratagtige
letsels op die vel van skape en
bokke veroorsaak en staan ook
bekend as orf. Dit word veroorsaak
deur ‘n pokkevirus, naamlik
Paravaccinia
en
tas skape, bokke endiemens aan.
Dié siekte komwydverspreid in Suid-Afrika
voor. Jong lammers ismeer vatbaar en toon
ernstiger kliniese tekens as volwassediere.
Vuilbekvirus is stabiel wanneer dit aan
omgewingsfaktore blootgestel word en kan
vir maande of selfs jare besmetting op ‘n
plaas veroorsaak. Oordrag van besmette
na vatbare skape vind deur direkte kontak
plaas of wanneer die virus wonde direk
binnedring.
Bokke wat aan doringbosse en steekgras
vreet, doen wonde op waardeur die virus
die liggaambinnedring. Ná twee tot ses dae
raak die plek van indringing rooi en effens
geswel en ‘n roof ontwikkel.
Vierbasieseareaswatdievirusaantas, isdie
lippe, kloue, geslagsdeleof diehele liggaam
– waarvan die lipvorm meer algemeen is.
Die lippe, neusspieël, ooglede, tandvleis,
slukderm en rumen kan aangetas word en
dié vratagtige letsels is enkel of veelvuldig.
Die klouvorm kom voor waar diere op lang,
stekelrige gras wei en waar nat toestande
heers. Letsels ontwikkel op die hoefkroon
en tussenklouspasies. In ernstige gevalle
kandie kloubeentjies aangetasword.
Letsels kan na die uier en geslagsdele
verspreiwanneerbesmette lammersaandie
ooi suip. Sekondêre bakteriese besmetting
veroorsaak komplikasies, soos mastitis en
selfsseptisemiewat kan lei tot vrektes, veral
by jonger skape.
Die verspreide vormword selde gesien en
diedier het nooit ‘n koorsnie, aangesiendie
virus lokaal in die letsels bly. Vuilbekletsels
is pynlik en veroorsaak dat diere weier
om te vreet. Dit lei tot verlies aan massa
en kondisie.
Voorkoming en beheer
Gebruik slegs die entstof op plase waar
vuilbek ‘n probleem is, aangesien ‘n
lewendige, onverswaktevirusgebruikword.
Dragtige ooie moet minstens vier weke
voor lamtyd ingeënt word sodat hulle teen
uierbesmetting beskerm kan wees. Jong
lammers kan vanaf die ouderdom van een
week ingeënt word.
Die aktiewe bestanddeel van die entstof is
in poeier- of klontvorm in ‘n klein botteltjie
beskikbaar. Dra van die 10ml steriele glise-
rienwater wat saam met die entstof kom,
met ‘n steriele spuit oor na die botteltjie
gedroogde entstof. Meng deeglik totdat die
poeier opgelos is. Dradie entstof oor nadie
res vandiegliserienwater enmenggoed.
Gebruik ‘n skoon spuitnaald en maak twee
tot drie parallelle skrape op die kaal vel, net
agter die voorbeen, diep genoeg om rooi
merke op die vel te laat, maar nie só diep
dat dit bloei nie. Doop die kwassie wat
voorsienword in die suspensie enwend dit
daarmee op die skraapplekke aan. Inenting
moenie indie lies vandie dier gedoenword
nie, aangesien dit tot infeksie van die uier
of manlike geslagsdele kan lei. ‘n Jaarlikse
skraagdosisword aanbeveel.
Uitwerking van die entstof
Ná ongeveer drie dae is die vel om die
skrapies rooi enopgeswel en laterontwikkel
‘n roof oor die entplek. Immuniteit duur
tusseneen tot twee jaar,maar kanniebyalle
dieregewaarborgwordnie.
Aangesien die mens vatbaar is vir vuilbek,
moet die suspensie versigtig hanteer word.
Deur handskoene te dra kan jy kontak met
die suspensie vermy indien daar wonde of
skrapeop jouhandeof arms is.
Virmeer inligting, kontakdr JanduPreez by
012 843 5600of
.
JANDUPREEZ,
besturende direkteur, Instituut vir Suiweltegnologie
1: Vratagtige velletsels vandiebek enoreby ‘nbok as gevolg van vuilbek.
2: ‘nVoorbeeld van vratagtige vuilbekletsels vandie lippe enneusspieël by ‘n lam.
3: Pokkevirussewat vuilbek veroorsaak soos onder die elektronmikroskoopgesien.
4:Waarmet bokkegeboerword endaar nie vuilbekopdieplaas voorkomnie,moet dierenie ingeënt
wordnie.
5:Gesonde skapemet geen vuilbek. Entstofmoet slegs gebruikwordopplasewaar vuilbek
voorkom.
1
2
4
3
5
1...,34,35,36,37,38,39,40,41,42,43 45,46,47,48,49,50,51,52,53,54,...124
Powered by FlippingBook