SA Graan Oktober 2014 - page 42

FOKUS
Diere
Spesiale
Oktober 2014
40
Absessebydiere
onder diemikroskoop
A
bsesse in plaasdiere soos skape,
bokke en beeste kom redelik al-
gemeen in Suid-Afrika voor en
veroorsaak groot ekonomiese ver-
liese.Dit kanegter voorkomenbeheerword
indien gereelde en doeltreffende voorsorg-
maatreëls ingestel word.
Hoeword dit veroorsaak?
Absesse ontstaan nadat wonde by skape,
bokke en beeste deur bakterieë (kieme)
besmet word. Die bakterieë
Coryne-
bacteriumpseudotuberculosis
(
C. ovis
), ook
kaasagtige limfadenitisgenoem, veroorsaak
hoofsaaklik absesse by skape en bokke en
Arcanobacterium pyogenes
is meestal
verantwoordelik vir absesse by beeste,
maar kanook skape enbokke aantas.
Hoeword dit oorgedra?
Die bakterieëwat absesse veroorsaak, kom
algemeen in mis, stof, grond in krale en
skeerskure voor. Skape word meestal deur
skeerwondemet die kiemebesmet.
Besmetting kan ook op ander maniere
plaasvind, soos besmette dipbakke, vuil
skeerskêre, vuil en besmette naalde met
inentings, stert-afsit en kastrasiewonde,
besmette klere van skeerders, bosluis-
bytplekke of steekgraswonde, wonde ver-
oorsaak deur dorings van doringbome
(veral by bokke), beserings deur die dipstok
tydens die dipproses veroorsaak en die
naelstring vanpasgebore lammers.
Sitsiekte wat by beeste gesien word, kom
gewoonlik voor as gevolg van bosluisemet
lang monddele wat om die stert se basis
die bees byt. Absesvormende bakterieë
penetreer die bytwonde en beweeg tot by
die rugmurgwaar dit absesse veroorsaak.
Wat is die siektetekens?
Corynebacterium pseudotuberculosis
ver-
oorsaak veral klierabsesse (voor die blad,
in die lies, agter die boud, onder die oor,
tussen die longe en in die longe, lewer, milt
en rugmurg van skape enbokke).
Arcanobacteriumpyogenes
isgewoonlikdie
oorsaak van inwendige absesse by skape.
By beeste is
A. pyogenes
die algemeenste
oorsaak van absesse. Anaërobiese bak-
terieë (wat groei in die afwesigheid van
suurstof) speel ‘n belangrike rol in alle
absessebydiere.
By skape, bokke en beeste vergroot die
oppervlakkige absesse totdat dit gewoonlik
oopbars endieplaas op so ‘nwysebesmet.
Die etter het ‘n vaalgroen kleur, is dik, sag,
taai en ruik sleg.
Diere met inwendige absesse in die
longe of lewer teer geleidelik uit. Dié met
longabsesse haal gewoonlik moeilik asem.
Met veelvuldige lewerabsesse kan geelsug
indiedier ontstaan.
Absesse in die voete van kleinvee se
gewrigte veroorsaak dikwels mankheid
by die dier. Die aangetaste been se klou is
geswolle, pynlik en rooi. Die swelling aan
die bo-rant van die klou sal later oopbars.
Hierdie diere verloor gewoonlik vinnig
kondisie en kan selfs van bloedvergifting
(toksemie) vrek.
Indien ‘n lam se stert afgesit word en die
wond besmet raak, kan ‘n abses in die
rugmurg ontstaan en die dier ontwikkel ‘n
toestandwat as sitsiekte bekend staan. Die
lam kan nie loop nie en sit op sy agterbene.
Sitsiekte word ook by beeste aangetref
wanneer bosluisbyte indie stertgebieddeur
bakterieë besmet word en ‘n rugmurgabses
ontwikkel.
Absesse kan in baie ander liggaamsdele
ontwikkel en ooreenkomstig die plek waar
die abses ontwikkel, manifesteer die kli-
niese tekens.
Hoe om dit te behandel
Moenie toelaatdat absessevanself rypword
en oop bars nie, want dan word die omge-
wingmetdiebakterieëbesmet.Absessewat
ryp is, moet oopgemaak en ontsmet word.
Maak ‘n kruissnit op die abses se sagte plek
met ‘nontleedmes. Die kruissnit veroorsaak
dat daar vier los velflappe is, wat voorkom
dat die abses toegroei.
Die etter moet sover as moontlik uit die
abses verwyder word en dan moet dit
ontsmet word. Nadat die abses oopgemaak
en gedreineer is, kan waterstofperoksied
daarin gespuit word. Hierdie behandeling
gee baie bevredigende resultate. ‘n Abses
kanniemet ‘n enkele antibiotiese inspuiting
behandel word nie, omdat die antibio-
tika nie geredelik deur die abseswand kan
dringnie.
Antibiotikamoetverkieslikvir langer tye (een
tot twee weke) toegedien word en die dier
moet ookmet anti-inflammatoriesemiddels
JANDUPREEZ,
besturende direkteur, Instituut vir Suiweltegnologie
1: ‘nAbses opdieuierspieël by ‘n koei.
2: Skapewordmeestal deur skeerwondemet die siek-
teveroorsakendebakterieëbesmet. Skeerwonde tydens die
skeerprosesmoet voorkomword.
1
2
1...,32,33,34,35,36,37,38,39,40,41 43,44,45,46,47,48,49,50,51,52,...124
Powered by FlippingBook