SA Graan Oktober 2014 - page 55

FOKUS
Diere
Spesiale
Wat behels presisieboerdery by vee?
P
resisieboerdery in die saaibedryf is lank reeds nie meer ‘n
nuwe begrip nie – dit is eenvoudig ‘n staande praktyk ter
wille vanoorlewing.
Indieveebedryf het dit ooknou ’nbepalende faktor gewordenword
algemeen aanvaar dat veeprodusentewat nie daadwerklike pogings
gaan aanwendomhulself inhierdie verband te skool en in te rignie,
dit kort voor lankmoeilik gaan vindom teoorleef.
Presisieveeboerdery gedefinieer?
Dit is die effektiewe aanwending van alle beskikbare hulpbronne,
inligting en tegnologiewat kan lei tot dieminimalisering van risiko’s
en die maksimalisering van wins. Die doelwit van ‘n kommersiële
veeprodusent behoort te wees om hulpbronne waaroor hy beheer
het, só te bestuur dat hy ‘n kudde vroulike diere het wat aangepas
is in sy omgewing en elke jaar ‘n swaar kalf relatief tot die ma se
gewig, speen.
Die stoetteler daarenteen, wil afgesien van bogenoemde, ‘n nage-
slag produseer wat gemete meerderwaardigheid toon – met ander
woorde ‘n nageslag wat geneties beter is as hul ouers vir die
verskillende produksie-eienskappe wat ekonomies belangrik is. As
produsent van verbeterde genetika, het die stoetteler eerstens ten
doel om meerderwaardige gene aan medestoettelers te voorsien
en tweedens genetika aan die breër kommersiële produsent wat
laasgenoemde weer in staat kan stel om hoër produksiepeile van
vleis,melk en vesel tebereik.
Die produksie van geloofwaardige, hoëwaarde genetika, is vir die
stoetteler slegs moontlik indien hy in sy teeltbeleid die betroubare
aantekening van geboortes, ouers en eienaarskap tesame met
produksiemeting met ‘n diere-aantekeningstelsel op ‘n betroubare
databasis, toepas.Omegter presisieboerderypraktyke toe tepasom
‘n suksesvolleprodusent tekanwees, sal slegsmoontlikweesmet ‘n
positiewe ingesteldheid teenoor boerdery.
Om tans, in die omstandighede waarin boerdery in Suid-Afrika
bedryf moet word, by die veebedryf betrokke te kan wees, is
opsigself ‘n groot rede om positief te wees vergeleke met van die
probleme waarmee ander boerderyvertakkings worstel. Kyk ‘n
mens na die globale ekonomiese toestande van die afgelope paar
jaar, is dit verblydend dat die veebedryf beslis nie die negatiewe
klimaat tot dieselfde mate as ander sektore ervaar het nie. Vleis-
pryse het tot ‘n groot mate gestabiliseer, die droogte van die
afgelope jaar ten spyt en alhoewel speenkalfpryse basies dieselfde
is as tien jaar gelede, maak diegene wat op presisieveeboerdery
ingestel is, wel nog ‘n bestaan aangesien hullemeer koste-effektief
kanproduseer.
As gelet word op die inligting in
Grafiek 1
, is dit duidelik dat, ten
spyte van ‘nprogressiewe verhoging inproduksie sedert 2006, daar
nie voldoen word aan die stygende verbruik van rooivleis nie en is
Suid-Afrika steeds ‘nnetto invoerder van rooivleis.
Dit is dus duidelik dat die veebedryf dié sektor in die landbou is
waarby dit goed is om betrokke te wees, want enige landbouer is
in ‘n voordelige posisie as hy ‘n produk produseer waarvoor daar ‘n
tekort is.
Vir beesboerdery byvoorbeeld, is die kapitaalbelegging in rand per
hektaar, omgewerk na per GVE, laer as vir enige ander landboupro-
duk in alle streke. Dit word verder aanvaar dat die ekonomiese
waarde van appresiasie van vee in vergelykingmet die depresiasie
van trekkers en implemente, nieonderskatmoet wordnie.
Hoeveel saaiprodusente sal nie daarvan kan getuig dat hul vee hul
deurgehaal het in ‘n seisoenwat die saaiery hulle indie steek gelaat
het nie? Die veebedryf met al sy produktemaak 43% van die bruto
binnelandse produk (BBP) van landbou uit. Die res word deur al
die ander landbouprodukte saam, opgemaak. Die veebedryf is dus
inderdaaddie ruggraat vandieSuid-Afrikaanse landbou.
Een van die grootste gevare vir enige produk is egter dat daar ‘n
behoefte geskep word waarin nie voorsien kan word nie. Dit
word beraam dat 73% van Suid-Afrika se grond slegs geskik is vir
veeboerdery. Groot dele is semi-aried en selfs aried enhet gevolglik
‘n lae produksiepotensiaal. Vee is in elk geval al waarmee in hierdie
gebiedegeboer kanword.
Hierdie positiewe aanwysers in die veebedryf is egter geen
waarborg dat veeboerdery inderdaad in die medium en lang ter-
myn winsgewend sal bly nie. Die gemiddelde vlak van produksie
van die nasionale kudde is eenvoudig nie tekenend van ‘n vol-
houbare besigheid nie. Daar is ‘n groot deel van ons veeprodu-
sente, stoet sowel as kommersieel, wat
rekord hou, meet en selekteer en sukses-
vol produseer.
Daar is egter ongelukkig ‘n veel groter
groep wat dit nie doen nie en wie se
diere ondergemiddeld produseer. Met ‘n
beraamde nasionale kalfpersentasie van
byvoorbeeld onder 60%, is dit duidelik dat
daar ‘n groot probleem met produktiwiteit
inons nasionale kudde is.
Hierdie is ook ‘n groot uitdaging vir die be-
dryf. Insetkoste, ook vir die veeprodusent,
het so ‘n vlak bereik dat dit eenvoudig nie
meer moontlik is om suksesvol of selfs
lewensvatbaar te bestaan met diere wat
ondergemiddeld reproduseer en produseer
nie. Die per kapita verbruik van rooivleis is
geleidelik besig om te styg, soos duidelik
blyk uit Grafiek 1.
53
October 2014
PIERREVANROOYEN,
SAStamboek
Grafiek 1: Produksie, verbruik, karkas- en speenpryse vanbeesvleis oor tyd.
Erkenning: Prof JohanWillemse, Universiteit vandieVrystaat
1...,45,46,47,48,49,50,51,52,53,54 56,57,58,59,60,61,62,63,64,65,...124
Powered by FlippingBook