SA Graan Oktober 2014 - page 35

33
October 2014
word aan die prysskommelinge aan die aanbodkant van die
vleismark. Gedurende middel-2011 het skaapvleispryse tot vlakke
bo R50/kg beweeg as gevolg van aanbod wat negatief beïnvloed
is deur Slenkdalkoors en slagsyfers wat byna op rekordlae vlakke
was gedurendedieselfde tyd.
Namate aanbod weer begin stabiliseer het, het pryse ook weer
verlangsaam en verhandel op vlakke tussen R40/kg en R50/kg. Op
die huidige stadium lyk dit of die situasie na “normaal” teruggekeer
het endat prysemeer stabiel sal wees.
Hierdie stabiliteit beteken egter net dat pryse heel moontlikminder
volatiel sal wees, maar daar kan steeds verwag word dat pryse
ondersteuning sal kry van die vraagkant van die mark. Namate
ekonomiese groei herstel ná die stakings van die afgelopemaande
en die slagsyfers terugkeer na normaal, kan aanvaar word dat
die pryse ondersteuning sal kry en hoër beweeg in die kort tot
medium termyn.
Wat beesvleis betref, was die situasie effens anders. Die impak van
Slenkdalkoors was minder op bees as op skaap, terwyl afnames
in die plaaslike aanbod tot ‘n mate vervang kon word met invoere
uit Namibië, wat noudeur dienuwe invoerregulasies gestop is.
Die impak wat die droogtetoestande die afgelope twee jaar gehad
het, was egter sigbaar in beide pryse. Verhoogde slagsyfers is
as gevolg van meer diere wat bemark is gedurende die droogte
en dit het veroorsaak dat pryse van skaap en bees skerp dalings
getoon het. Met die goeie reëns wat die afgelope somer geval het
en kuddegetalle wat laag is ná die droogte, het pryse reeds goeie
stygings getoon.
Daar kan aanvaar word dat pryse verdere stygings gaan toon. In die
geval van bees is die kalfprys-tot-vleisprysverhouding relatief laag
(onder 50%) in vergelykingmet historiese syfers. Dit bringmee dat
voerkrale se prysmarges baie gunstig is en dat hulle heel moontlik
meer vir kalwers sal betaal.
Terselfdertyd het die prys van mielies ook skerp gedaal, wat
weer veroorsaak dat die vleisprys-tot-mielieprysverhouding ook
baie gunstig is. Die verbetering van dié twee sleutelverhoudings
is ‘n aanduiding dat voerkrale se vermoë om meer te betaal vir
speenkalwers, verbeter het. Daarom is daar ‘n verwagting dat
kalfpryse se stygingheelmoontlik kan voortgaan.
Die verwagte ekonomiese herstel ná die stakings sal veroorsaak dat
pryseverdereondersteuningsal kryvanaf dievraagkant. Inbeidedie
geval van skaapvleis en beesvleis is die verwagting dat pryse hoër
sal beweeg indie kort totmedium termyn.
Tydens die skryf vanhierdie artikel was dit die verwagtinge, gegewe
die inligting beskikbaar. Vir meer navrae en inligting, kan Loffie
Brandt by 011 350 0667gekontakword.
Grafiek 1: Speenkalf-en lampryse.
Grafiek 2: Beesverhoudings.
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
FredBeck 2014
1...,25,26,27,28,29,30,31,32,33,34 36,37,38,39,40,41,42,43,44,45,...124
Powered by FlippingBook