SA Graan Oktober 2014 - page 34

FOKUS
Diere
Spesiale
Oktober 2014
32
Goeie vooruitsigte vir
ROOIVLEIS
G
edurende die afgelope paar jaar het daar groot prysbe-
wegings plaasgevind op die plaaslike en internasionale
landboumarkte. Hierdie bewegings in pryse was hoof-
saaklik die gevolg vangroot skommelinge aandie aanbod-
kant vandiemark.
Bewegings aan die vraagkant was redelik stabiel en konstant oor
dieselfde termyn. Plaaslike markte het nie hierdie hoë volatiliteit
vrygespring nie. Die feit dat meeste van die plaaslik vervaardigde
kommoditeite se pryse in die internasionale arena bepaal word,
veroorsaak dat ons ook blootgestel is aanhierdie volatiliteite.
Indieplaaslikemarkspeelwisselkoersook ‘n rol.Dieskommelingvan
die rand teenoor diedollar dieafgelopepaar jaar,was ‘nbykomende
faktor tot diewisselvalligheid vandieplaaslikemark.
Ook die Suid-Afrikaanse rooivleismark het hierdie groot bewe-
gings gevoel, hoewel die faktore wat dit veroorsaak het, nie nood-
wendig dieselfde was as dié wat die internasionale markte gedryf
het nie.
In die plaaslike rooivleismark het hoë reënval aanleiding gegee tot
Slenkdalkoors wat ‘n impak gehad het op die beskikbaarheid van
bemarkbare vee, veral skaapgetalle wat drasties afgeneem het.
Dit het veroorsaak dat speenlampryse gestyg het tot op vlakke van
ongeveer R30/kg.
Die daaropvolgende droogtes het weer veroorsaak dat ‘ngroot aan-
tal diere geslag is, wat weer die pryse afwaarts gedryf het. Ander
faktore, soos die graanpryse en die koopkrag van die verbruiker,
het ook tot ‘nmatebygedra tot prysskommelinge.
Vraag
Die totale verbruik van skaapvleis het toegeneem oor die afgelope
paar jaar – vanaf 159 000 ton in 2001 tot ongeveer 185 000 in 2013.
Ten spyte van die feit dat die totale verbruik toegeneem het, het
die
per capita
verbruik van skaapvleis oor dieselfde periode relatief
konstant geblyopongeveer 3,3 kg.
Hierdie sywaartsebeweging indie
per capita
verbruik kanhoofsaak-
lik toegeskryf word aan die feit dat ‘n groter gedeelte van die bevol-
king skaapvleisbeginverbruikhet. Dit kanmoontlik toegeskryfword
aandiegroter koopkrag vandiegroeiendemiddelklas.
Beesvleisverbruik is ongeveer vyf keer meer as dié van skaapvleis.
In 2013 het Suid-Afrika ongeveer 892 000 ton beesvleis verbruik
en in teenstelling met skaap, het die vraag na beesvleis vinniger
toegeneem as dié van skaap.
Beesvleisverbruik in Suid-Afrika het vanaf 554 000 ton in 2001,
toegeneem tot 892000 ton in2013. Daarmee saamhet die
per capita
verbruik van 12,69 kg in 2001 toegeneem tot 17,07 kg in 2013.
Aanbod
Die produksie van skaapvleis het sedert 2001 van ongeveer
105 000 ton toegeneem tot ongeveer 180 000 ton in 2013. Hierdie
toename in die produksie van vleis is ten spyte van die feit dat
die nasionale skaapkudde oor dieselfde termyn met ongeveer 6%
afgeneemhet, vanaf 23miljoen tot ongeveer 21,6miljoen skape.
Dié afname in skaapgetalle kan toegeskryf word aan ‘n verskeiden-
heid van faktore. Diefstal het veroorsaak dat baie produsente van
hulle skaapkuddes ontslae geraak het. Dit het tot gevolg gehad
dat die beheer van ongediertes afgeneem het en die oorblywende
skaapprodusentehet gevolglik noumeer ongedierte-probleme.
Skaapboerdery is ook toenemend arbeidsintensief en die afskaling
van arbeid in landbou is boonop ‘nbydraende faktor.
Toename in produktiwiteit het egter veroorsaak dat vleisproduksie
toegeneem het ten spyte van die daling in die kuddegetalle. Suid-
Afrika is tans byna selfvoorsienendwat skaapvleis betref.
Van die totale skaapvleisverbruik in 2013, is daar slegs ongeveer
7 000 ton ingevoer. Invoere het redelik skerp gedaal oor die afge-
lope paar jaar namate die produksie van vleis in Suid-Afrika toege-
neemhet.
Die feit dat invoere so ‘n klein deel van die totale verbruik uitmaak,
veroorsaak dat die plaaslikemark vir skaapvleis nie baie blootgestel
is aandie internasionaleprys van skaapvleis nie.
Wat beesvleis betref, produseer Suid-Afrika ongeveer 855 000 ton
per jaar. Beesvleis se produksie het aansienlik toegeneem – met
63% vanaf 2001 tot 2013. Hierdie toename kan toegeskryf word aan
verhoogde produktiwiteit aangesien die kommersiële beesgetalle
van ongeveer 8,3 miljoen min of meer konstant gebly het oor die
termyn.
Om in die plaaslike vraag na beesvleis te voorsien, voer Suid-Afrika
ongeveer 50 000 ton per jaar in. ‘n Gedeelte van hierdie invoere
is afkomstig vanaf Botswana en Namibië. Die feit dat invoere hier
ook ‘n relatief klein gedeelte van die totale vraag uitmaak, veroor-
saak dat plaaslike pryse relatief geïsoleerd is van buitelandse bees-
vleispryse.
Wat egter wel in gedagte gehou moet word, is dat daar speenkal-
wers van tyd tot tyduit Namibië ingevoerword. Die feit dat diegrens
op hierdie stadium toe is vir die invoere van lewendige diere het
bepaaldook ‘npositiewe impakopdieplaaslikespeenkalfprysgehad.
Prys en prysverwagtinge
Soos vroeër genoem, het vleispryse aansienlike volatiliteit getoon
die laaste paar jaar. Hierdie volatiliteit kan hoofsaaklik toegeskryf
LOFFIE BRANDT,
hoof van Verkope-ondersteuning, AbsaAgriBesigheid
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,24,25,26,27,28,29,30,31,32,33 35,36,37,38,39,40,41,42,43,44,...124
Powered by FlippingBook