SA Graan April 2014 - page 90

88
April 2014
BesteGrootneef
o
u Neef, wanneer laas was jy
by ‘n veiling? Dis mos ‘n ander
soort opwinding (baie beter as
Blou Bul rugby). Eintlik werk
dit eenvoudig – as die afslaer
lostrek, hou jy bloot jou hand in
die lug tot die ding joune is, of somaak ou
Blink Stefaans as ‘n buurplaas in die mark
kom. Vandie jongboertjieswoudiedagvan
die veiling by hom weet of hy beplan om
eendag die hele Vrystaat op te koop. Ewe
bedees antwoord hy toe dat hy net grond
koopasdit aanhomgrens...Dieuiteindekán
dus wees dat hy naderhand oor die walle
vandieVaal uitbrei.
Hoe dit ook al sy, ‘n veilingdag is ‘n jollie
dag. Of dit nou vee, wild, ou implemente
of grond is, daar is afwagting in die lug.
Dit begin gewoonlik met ‘n pamflet in die
posbus of ‘n advertensie indiegeel bladsye
van die weekblad. Sommer gou word
daaroor gesels op die koöperasiestoep of
ná kerk indieouderlingsbank.
‘n Veiling het, soos ‘n magneet, sy eie
aantrekkingskrag. As die tyding eers uit is,
komdiemense van heinde en ver.Wanneer
jy aanstap vir die registrasieproses en jy
sien bakkies met vreemde nommerplate,
dan weet jy sommer, vandag is die vet in
die vuur!
So tien minute of wat voor die veiling,
begin almal aanstryk na die ring of die
lokaal waar die afslaer en sy helpers
wag. Die sieldodende deel is om deur die
voorwaardes te luister. Die meeste manne
sit en lees dan die katalogus, of maak ‘n
praatjie om die tyd om te kry. En dan slaan
die vendusieklok en almal iswakker.
‘n Afslaer is ‘n ander soort van dierasie. Hy
kan ‘n groep kopers vinniger opsweep as
‘n lekeprediker ‘n gemeente op die Kaapse
Parade.
As hy eers sien daar is aptyt met manne
wat koppe knik enbie, geehy sulke spronge
in honderde dat eenduisend gou drie- en
vierduisend raak. En dis nou waar die kuns
kom, ombetyds in- of uit te klimasdit begin
warm raak om jou. Daar is nie ‘n beter ge-
voel as wanneer ‘n bod op jou toegeslaan
wordvirdiepryswat jydaarvoorwóúbetaal
het nie. Eweneens is dit goor om ná die tyd
te staanen kopkrapof jyniedalk ‘n kat indie
sak gekoop het, wat boonop nog te dik vir
‘n daalder was nie. Dit gebeur in die beste
van families!
As die hammer egter geval het, is dit “finish
en klaar” met die lot. Dis soos tandepasta
uit die buis uit, jy kan dit nie terugdruk
nie. Maak maar jou sommetjies mooi vir
die kommissie en transport wat nog moet
bykom...
‘nGoeieafslaer het ‘n skerpoogvir ‘n koper.
Baiekeer sit ‘nkoperdoodstil enwagdat die
juniors mekaar moeg jaag met ‘n prys, om
dan teen die einde as almal dink dis oor en
verby, in tekommet ‘nbod.Dissúlkekopers
wat die afslaer se oog trekmet ‘n handwat
effe roerof ‘nkopwat knik.As ‘nafslaer eers
sulkemanne raaksien, kan jyhoor hoe sit hy
sy stem in
diff lock
om die prys verder aan
te praat! Almal se sakke is egter nie ewe
diep nie en as die afslaer sien die laaste lot
isgewerpenbieërsbeginoogkontakvermy,
is dit tydomdiebod toe te slaan.
By die laaste veiling waar ek en Buurman
was, kon ‘nkoper endieboermekaar net nie
vind nie. Een van diemanne skree toe, “laat
loop die goed ou Piet, dis wêreldsgoed!”.
Die kortaf antwoord was, “jou agterent is
ookwêreldsgoed...”. Nodeloosom te sê, die
kraal beeste is terugSoetvlei toe...
By een plaasveiling het die manne wild en
wakkergebie. Tussendie jollifikasiehet ek ‘n
man eenkant en kop onderstebo sien staan.
Hy het van lot tot lot saamgestap. Die goed
was maar so in klompies en in kraaltjies
onder die bloekomlaning ingepas. Eers die
losgoed en toedie vee.
Later het ek verneem dit was die baas van
dieplaas. Enookdie laastekeer dat hyopsy
plaas gekomhet, want diémiddag is syhart
en siel met elke vrag by die hek uitgery...En
wasdiegrondwaarophygestaanhet eintlik
lankal reeds die LandBank s’n.
GroeteopdieOosgrens
Kleinneef
E-POSSE
aanGrootneef
Hetek
‘nbod?!
Lesers iswelkom om ‘n e-pos aanKleinneef te stuur by
1...,80,81,82,83,84,85,86,87,88,89 91,92
Powered by FlippingBook