SA Graan April 2014 - page 86

April 2014
84
“Kry ‘n tweede kansmet sojabone,”
sêwêreldrekordhouer
A
l is mnr Kip Cullers, wat met 1 620 ha mielies en 243 ha
sojabone in sewe van die suid-westelike distrikte van
Missouri indieVSAboer, in2010asdienuwewêreldrekord-
houer vir sojaboonproduksie (10,8 ton/ha besproeiing)
aangewys, is sojabonenie sygunstelinggewas nie.
Cullers was een van die sprekers by vanjaar se sojawisselbou-
dinamika-inligtingsdae, wat vanaf 3 tot 7 Februarie onderskeidelik
op Brits, Delmas, Ermelo, Bergville en Bethlehem gehou is. ‘n
Rekord-aantal produsente, 1 600 in totaal, het dié vyf dae wat deur
DuPont Pioneer, BASF en JohnDeere aangebied is, bygewoon.
“Sojabone is ‘n vervelige en maklike gewas en dit vergewe ook
maklik.Moenieopgeeop sojabonenie, want dit sal vir jou ‘n tweede
kans gee as iets fout gaan. Sojaboneword vir sesweke ‘gebore’. Jy
het dus ses weke om jou foute op sojabone reg te maak, terwyl jy
met mielies net ‘nweek het,” het Cullers aan produsente tydens die
Delmas-inligtingsdaggesê.
Met dié dat die prys- en kapasiteitsneller plaaslik in die sojaboon-
bedryf afgegaan het, is produsente juis honger vir inligting om hul
opbrengste te verhoog. Cullers sê dat hy nie ‘n algemenewenresep
het vir sy hoë sojaboonopbrengste nie. “Wat vir my boerdery in
Amerikawerk, sal nie noodwendig in jou omgewingwerk nie, maar
neem vandag iets huis toe engaanpas dit in jouboerdery toe.”
Sommige mense meen dat indien jy stikstof op sojabone toedien,
die plant nie nodules sal vorm nie – Cullers sê dit is onwaar. “Ek
het ‘n eksperiment gedoen waar ek 1 000 kg stikstof per hektaar
toegedien het en die sojabone het nodules gevorm. Sojabone het
die vermoë om genoeg stikstof te vervaardig tot op 100 boesel/acre
(6,5 ton/ha). Wanneer jy meer as dit afhaal, moet jy self stikstof
toedien. Sojabone is ‘nondoeltreffende verbruiker van stikstof. Jyhet
6 kg stikstof nodigom ‘n sak sojabone teproduseer,” verduidelikhy.
Cullers sêdatwanneer jy ligop jougrond sien, dit vermorsteenergie
is. “Alhoewel jyniedie son kanbeheer nie, kan jy jouplantpopulasie
beheer. Verhoog jouplantpopulasieom te sorgdat fotosintese100%
plaasvind.”
Nog ‘n wenk wat Cullers vir produsente gegee het, is dat die
opkoms van sojabone so uniform en so vinnig as moontlik moet
geskied. “Ekwil almy saadbinne ‘n24-uur venster laat opkom,want
enigiets wat opkom ná 72 uur is niks meer as onkruid op die land
nie. Saadbehandeling speel ‘n groot rol tot die uniforme en vinnige
opkoms van saad.”
Mnr David Hula, van Renwood Farms, Charles City in Virginia, het
die wêreldrekord vir die hoogste mielieopbrengs van 27,5 ton/ha
onderbesproeiing indieNasionaleMieliekwekersvereniging (NCGA)
se Mielieopbrengskompetisie behaal. Hula het in die afgelope tien
jaar vier keer die hoogste nasionale opbrengs in die NCGAMielie-
opbrengskompetisiebehaal.
Ongeveer 2 000 akkers van sy boerdery is vanjaar aan mielies
toegewys, besproeiing sowel as droëland. Sedert die 1980’s word
geenbewerking (of soos Hula dit noem, nooitbewerking) op hul
plaas toegepas. Hierdie praktyk het ‘n hoër opbrengs met laer
produksiekoste tot gevolg.
Volgens Hula is die uniforme en vinnige opkoms van mielies, net
soos sojabone, baie belangrik. “Dit is belangrik dat die saad wat jy
geplant het alles binne ‘n vensterperiode van twaalf uur sal opkom.
As jy dit kan regkry dat dit binne vier tot ses ure vanmekaar opkom,
sal al die koppe op dieselfde hoogtewees, wat selfs nog beter is as
die twaalfuur-periode,” het hy verduidelik.
Hula beklemtoon die kritieke belangrikheid van die V5- en V6-
groeifase van die mielieplant. “Gedurende dié fase moet jy seker
maak dat die plant genoeg kunsmis kry. In ons boerdery dien ons
15% kunsmis toe gedurende planttyd, 45% kunsmis gedurende die
V6-fase endie res vandie kunsmisword later toegedien.”
1: Alhoewel Kip Cullers (links) nie ‘n algemene wenresep het vir Suid-
Afrikaanseprodusenteomhul soja- enmielieopbrengste te verhoognie,
meenDavidHula (regs)dat jouselfoon togsal bydra tothoëropbrengste.
“Gebruik jou selfoon. Bly in kontakmet mense wat oopkop is. Ek weet
nieallesoormielieverbouingnie,maar ekomringmyselfmetmensewat
meer weet as ek – of dit nou Pioneer personeel is, landboukundiges of
personeel bydieuniversiteit.”
2:DuPontPioneer sespanopDelmas.Voor van links is:RikusSchoeman
(bemarkingsbestuurder) en Heinz Oellermann (verkoopsbestuurder).
Agter van links is: Puna Maree (streeksbestuurder: Gauteng/Mpuma-
langa), Sakkie Koster (landboukundige: Mpumalanga) en Cornel Smit
(verteenwoordiger: Delmas/Bronkhorstspruit).
3: Bresler Wilmans (huurkope bestuurder: Unigrow), Gerhard Rossouw
van Endicott, Neels Ferreira (voormalige voorsitter: Graan SA),
Manny da Costa (voormalige Graan SA-hoofbestuurslid) en
Vic Mouton (voormalige Graan SA-hoofbestuurslid) tydens Delmas se
sojawisselboudinamika-inligtingsdag.
AKTUEEL
RUTHSCHULTZ,
SAGraan/Grain
medewerker
1
2
3
1...,76,77,78,79,80,81,82,83,84,85 87,88,89,90,91,92
Powered by FlippingBook