SA Graan April 2014 - page 87

h
oeveel keer moet ‘n mens nog met ‘n natgelekde
vingerpunt deur tydskrifte blaai op soek na idees om ‘n
woonvertrek gemaklik leefbaar temaak?
Die vertrek in die tydskrif is nie noodwendig so groot
soos jounenieendiedeureenvensters isopverskillende
plekkeaangebring.Ook isdit dalkniemoontlikomallespresiessona
teaapnie,want jygaandalknetvanal joubestaandemeubelsontslae
moet raak as jy presies dieselfde effek as dié van die tydskrifartikel
wil na-aap! Tydskrifte help ons eintlik met die afronding van die
vertrek, meer as met die uitleg daarvan. Ons kan wel kyk na die
posisionering vanmeubels in tydskrifte en daaruit leer, maar tog is
elkewoonvertrek uniek enmoet ‘nmens dit sobenader.
Elke kamer is anders en bied ander moontlikhede en wat werk in
een kamer, gaan beslis nie noodwendig werk in ‘n ander nie. Die
geheim vanbinnenshuise versiering is ombaie aandag te skenk aan
die uitleg (struktuur) van die vertrek alvorens jy dit wil inkleur met
detail. Dit is soos die inkleurprent van ‘n kind – as die prentjie wat
ingekleurwordmooi isendiebuitelyneduidelik is sodat ‘nmens kan
sien wat ingekleur moet word, is die inkleurwerk soveel makliker.
Sonder goeie buitelyne gaan dit net ‘n gemors afgee en verwarring
skep.Maar hoe skep ‘nmens diebuitelyne van ‘n vertrek?
‘nMaklikemanier ommeubels rond te skuif, is om dit op papier te
doen, eerder as om elke item van een area na ‘n ander rond te dra,
te verskuif en te draai tot die uiteindelike staanplek gekry is. As die
meubels oral binne ‘n vertrek rondstaan is dit ook boonop moeilik
om die finale uitleg te visualiseer. Met behulp van ‘n plan kan ons ‘n
bo-aansig (asof jy uit die lugnadie vertrek kyk) teken.
Teken jouvertrekoppapierwaar elke1m in realiteit voorgestel gaan
word met 4 cm op papier. So sal ‘n muur van byvoorbeeld 3,2 m
oorgeteken word as 12,8 cm (die getal maal vier) en ‘n venster van
50 cm sal as 2 cm op papier voorgestel word. Dui alle bestaande
vensters, mure en deure ook op die vloerplan aan asook ander
faktore (soos vlakkeen trappe)wat dieuitlegmoontlik sal beïnvloed.
Onthou, onsmeet die vertrek horisontaal op en spits onsself toe op
die vloerarea wat dit in beslag sal neem (vergeet vir eers van die
hoogtes).
Op ‘n soortgelyke wyse kan die bestaande meubels en items wat
in die vertrek geplaas moet word, op ‘n tweede vel papier ook
volgens dieselfde skaal oorgetekenword. Die plat “papier-meubels”
se buitelyne kanmet ‘n dik pen geraamword sodat die kantemooi
sigbaar sal wees, waarna ons elke item gaan uitknip. Om een
meubelstuk van ‘n ander te onderskei kan ons dit met verskillende
kleure inkleur of selfs daarop skryf.
Skuif nou die papiermeubels rond op die vloerplan tot daar ‘nmooi
uitleg gevind kan word. Elke vertrek het gewoonlik een (en as jy
gelukkig is, dalk twee) goeie uitleg-opsies. Onthouomgenoegsame
spasie oop te los tussen die meubels om in realiteit daardeur te
beweeg. ‘n Idealeminimum van ‘n deurwydte van ongeveer 1m is
‘ngemaklikewydte enonthoudat dit dan volgens ons skaal 4 cmop
dieplanmoet wees.
As jyditmoeilikvindom ‘ngoeieuitleg tekry, kanditmoontlikweens
een vandie volgendeoorsakewees:
Jy is te gewoond aan die normale posisionering vanmeubels soos
dit tans is en staar jouself blind teen ander moontlikhede. Vra ‘n
buitestander wat nie te gewoond is aan die huidige uitleg nie om
hulp te verleen.Moeniebangwees om te verander nie.
Daar is net te veel meubels om in die vertrek in te pas. Raak ontslae
van sekerevandiemeubelsof boudievertrekgroter. ‘nAnder opsie
sal wees om een vertrekmet ‘n ander te ruil, soos om die eetkamer
in ‘n sitkamer te verander en die eetkamer aan te bring waar die
sitkamer eerswas.
Die meubels is nie die regte grootte vir die vertrek nie en pas nie
proporsioneel daarby nie. So kan die los mat te klein wees om dit
onder die koffietafel te plaas en die sitbanke daarom te rangskik.
Moontlik kandieprobleembydie sitbankgrootteof byvandie ander
items se grootte lê. Vervang van jou papiermeubels met “nuwe”
meubels enbepaal diegroottedaarvan volgens skaal.
Somsbeperkdieargitektuur vandievertrekonsuitlegop so ‘nwyse
dat dit ons inhok en weerhou van ‘n ideale uitleg. Die ideaal is om
‘nhuis teontwerpmet die finalebinnenshuiseontwerp ingedagte.
As die uitleg eers geskep is volgens skaal, kan ‘n mens begin
mooimaak en dit is eers hier waar jy deur die tydskriftemoet begin
blaai om idees tekryoorhoeom jougoeduitgelegdevertrekmooi in
te kleur. ‘nGoeieuitleg isdiebeginvan suksesvolle kreatiwiteit en ‘n
woonvertrekwat ‘nmens gemaklik, kalm en rustig laat voel.
Deel gerus mooi binnenshuise uitleg idees op ons
Wysboek op
Facebook
-bladsy.
’nMooi vertrekbeginbydieuitleg
Vir navrae, skakel DavidViljoen vanMercuryDesigns by 011 894 2430 of
082 468 3142, of stuur vir hom ‘n e-pos na:
.
DAVIDVILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
metDavid
Wysboek op
Facebook
85
April 2014
1...,77,78,79,80,81,82,83,84,85,86 88,89,90,91,92
Powered by FlippingBook