SA Graan April 2014 - page 89

87
April 2014
DieToyotaVerso2.0DTX
–groot en kompaktedieselwa
t
oyota seVerso-reeks isalreeds inJulie2007plaaslikgeloods,
maar het met die jare al heelwat verbeterings ondergaan
en selfs in 2009 ‘n nuwe voorkoms gekry. Verlede jaar is
daar weer aan die Verso se voorkoms geskaaf en hierdie
veranderinge is diemoeitewerdomnog ‘n keer oor te skryf.
Die Verso kan beskryf word as ‘n kompakte, meerdoelige voertuig
(MDV). In die ou dae sou ons dit selfs ‘n stasiewa kon genoem het,
maar die Verso bied soveel spasie en gemak dat ons dit maar ‘n
MDV kan noem. Volgens navorsing beweeg al hoe meer gesinne,
sooshulle spasiebehoeftesgroei, nadieMDV-voertuigmark toe.Met
die nuwe Verso is daar gefokus om die lewe juis nog gemakliker vir
die passasiers temaak en ook ‘n stiller en sagter rit te verskaf. Aan
die buitekant is nuwe stileerverbeterings aangebring, soos onder
meer ‘n nuwe sierrooster, buffer, kopligte, agterbuffer en meer
aërodinamiese kantspieëls.
Die Verso beskik oor drie grade van luuksheid, die S, SX en die
TX. Drie kragbronne is ook beskikbaar en twee petrolenjins: ‘n
1,6 liter- en ‘n 1,8 liter-weergawe asook Toyota se bewese 2,0 liter
D-4D-dieselenjin. Dié kragbron gebruik ‘n sesgang-handratkas
met beter wringkraglewering en minder ontbrandingsgeraas teen
lae enjinsnelhede. Die D-4D lewer 91 kW teen 3 600 r/m, terwyl
sy maksimum wringkrag van 310 Nm tussen 1 600 tot 2 400 r/m
ontwikkel. Dit lewer ‘n brandstofverbruik van 5,5 liter/100 km in ‘n
gekombineerde siklus en versnel van 0 km/uur tot 100 km/uur in
10,1 sekondes. Hierdie dieselenjin is net in die luuksste TX-weer-
gawebeskikbaar.
Standaardtoerusting in die TX-modelle sluit hoogteverstelling
vir die voorste passasiersitplek, tweekleurige 16”-allooisierwiele,
spoedbeheer enToyota se raakskerm,wat ‘n truratkamera insluit, in.
Dié modelle spog met slimkaart-toegang en ‘n drukknop-aansitter,
outomatiese dubbelsone-lugversorging, ‘n sensor-pakket (outoma-
tiese ruitveër- en kopligwerking sowel as ‘n binnetruspieëltjie wat
outomaties verdof), sonskerms vir die agterste kantvensters enhoë-
intensiteitsgloeilampe (HID) vir die kopligte.
Die nuwe Verso het boonop ‘n uitgebreide reeks aktiewe, passiewe
en voetgangervriendelike veiligheidseienskappe. Voertuigstabili-
teitsbeheer (VSC) is nou deel van die standaardtoerusting van al
die Verso-modelle. Die Verso het ook ‘n vyfster Europese bots-
toetsgradering (Euro NCAP). Van meet af is die Verso ontwerp om
dieselfde soort bestendigheid en rygehalte as ‘npassasiersmotor te
bied.Diehersieningvandie rydinamikavandienuweVersovoorsien
diénuwelingvan selfsnogbeter romprolbeheer en ratser hantering.
Rompstewigheid is met die gebruik vanmeer sweispunte verbeter.
Die voorsteMacPherson-stut en agterste rolstaafvering is op groter
rygemak ingestel, terwyl die elektriese kragstuur hersien is ten
einde ‘n beter stuurgevoel en meer terugvoer te bied. Binne is die
Versogroot. DienuweVerso-binneruimpronkmet diebeste afstand
tussen die eerste en tweede ry sitplekke. ‘n Hele 975 mm wat die
beste in sy klas is. ‘nDerde ry sitplekke is indiebagasieruim ingevou
en kan maklik uitgevou word sodat twee kannetjies gemaklik daar
kan inpas, terwyl vyf volwassenes met genoeg beenruimte in die
eerste en tweede rye kan sit.
Die laairuim van die nuwe Verso, wat heeltemal plat is wanneer
die tweede en derde ry sitplekke platgevou is, is 1 575mm lank en
1430mmbreed.Asaldrieryesitplekkegebruikword,kandie laairuim
155 liter se bagasie sluk. As die derde ry weggevou is, vergroot dit
tot 440 liter. Die bagasieruimhet ‘n versteekte bergruimte onder die
agterste deel, wat ideaal is om klein, waardevolle items buite sig te
bêre. Die inhoudsvermoë daarvanwissel na gelang van die gebruik
van vyf of sewe sitplekke.
Soos dit enige meerdoelvoertuig betaam, bied die nuwe Verso ‘n
magdombergruimtes regdeur die kajuit,wat ‘ndubbelepaneelkissie
insluit. Die boonste van die twee kan verkoel word en is groot
genoeg om ‘n 1,5 liter bottel te verkoel, terwyl die groter, onderste
paneelkissie ‘n inhoudsmate van 8,2 liter het. Die Toyota Verso 2.0D
TX se padhoubeheer, veral opmatige grondpaaie, het beïndruk. Van
buite lyk dit miskien kompak, maar binne kan ‘n groot man en sy
groot passasiersgoeduitstrek.Dit is ‘nslimvoertuigvir ‘nslimkoper.
DieVerso2.0DTX6-gang-handrat kosR340200,wat ‘nwaarborgvan
drie jaar/100000kmasook ’ndiensplanvanvyf jaar/90000km insluit.
Die Verso 2.0D TXword ook deur die ToyotaCare-padhulpprogram
gesteunwat aan eienaars noodpadhulp 24uur per dagbied.
GERRIE SMIT,
lid van die SAMotorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
DieToyotaVerso 2.0DTX
is ‘n ruimdieselwa.
1...,79,80,81,82,83,84,85,86,87,88 90,91,92
Powered by FlippingBook