SA Graan April 2014 - page 83

81
April 2014
AKTUEEL
Inligtingsdag fokusop
bewaringsboerdery
B
ewaringsboerdery (CA) neem al
meer toe in gewildheid en produ-
sente maak toenemend aanpas-
sings om hul boerderye oor te
skakel. Juis hieroor het die LNR-I stituut vir
Graangewasse (LNR-IGG) ‘n inligtingsdag
vir produsentegehouomhul kennisoorCA-
praktyke te verbreed.
Die LNR-IGG-perseel in Potchefstroom is
op 20 Februarie omskep in ‘n inligtingsplat-
formvirhonderdeprodusente;enpersoneel
van die LNR, Graan SA asook produsente
wat reeds CA-praktyke in hul boerderye
toepas, hetmet diegastegesels.
Die tema vir die dag was
Conservation
agriculture:
Taking the step towards sustain-
able crop production through research
and experience
. Dr Hendrik Smith (be-
waringslandboufasiliteerder, Graan SA) en
mnr Phonnie du Toit (senior navorsings-
tegnikus, LNR-IGG) het beide klem gelê op
die gaping wat bestaan tussen produsente
enboerderypraktyke aandie een kant endie
landbouwetenskapennavorsingwat gedoen
wordaandieander kant.
“‘n Hulpmiddel wat ons in CA-navorsing
gebruik, is produsentgedrewe eksperimen-
tering,”hetdrSmithverduidelik.Produsente
se ervaring en eksperimentering met CA
word dus gebruik om navorsing uit te brei.
Op hierdie manier word produsente al
meer betrek by landbounavorsing.
Graan SA beywer hulself om by CA-
navorsing betrokke te wees, omdat hul
visie ‘n winsgewende, mededingende en
volhoubare graanindustrie vir produsente
is. Volgens dr Marinda Visser (bestuurder:
Bedryfsdienste,GraanSA) beplanGraanSA
omnavorsing tenopsigte vangraan tedryf.
“Ons identifiseer die kwessies en behoef-
tes van produsente, omskep dit in navor-
singstemas en daardie temas word gekoör-
dineer met al Graan SA se konsortiums en
belangegroepeenophierdiemanier kanons
navorsingdryf,” het dr Visser vertel.
Daarwasdrie inligtingspunteopdieperseel
waar besoekers oor verskeie aspekte van
CA kon uitvind. Mnr Cobus van Coller
(Graan SA-hoofbestuurslid vir Streek 23)
het by een van die punte meer spesifiek
gepraat oor die ekonomiese faktore van
bewaringsboerdery. Hy het sy boerdery
in 2005 oorgeskakel na CA as gevolg van
problememet erosie.
“Die besluit om oor te gaan moet egter
geneemword op grond van ‘n hele pakket,
van erosie tot besparing en wat jy vir die
nageslaggaanoorlaat,” het hy vertel.
Mnr Hannes Otto (Graan SA-lid), wat al vir
agt jaar CA toepas in sy boerdery in die
Ottosdal-omgewing, het ook gesels oor
sy ondervinding hiermee. Sy aanvanklike
motivering vir die oorgang was ook as
gevolg van erosie en hy het met CA gesien
hoediegrondstruktuur verbeter het.
“Daarna het die ekonomiese voordele net
bygekom. Die grootste voordeel virmywas
die groot besparings op vervangingskoste.
Verder het ek baiemeer tyd om self op die
lande te wees en die boerdery te bestuur,”
het hy vertel.
“Die inligtingsdag het voldoen aan die
verwagting dat die produsente self sou
deelneem en hul ervarings ten opsigte
van CA deel. Die doel was ook om die
produsente te bemagtig en te ken in die
proses,” het dr Smithgesê.
Volgenshomwasdie inligtingsdag ‘nsukses
en was daar heelwat meer besoekers as in
die verlede.
LOUIE ESTERHUYSEN,
SAGraan/Grain
medewerker
1: Dr Marinda Visser (bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA) gee meer in-
ligting oor Graan SA se betrokkenheid by die bevordering van landbouna-
vorsing.
2:DrHendrikSmith (bewaringslandboufasiliteerder, GraanSA) glodatCA ‘n
oplossingbied vir alleprobleme rakendegrondagteruitgang.
3:CobusvanColler (GraanSA-hoofbestuurslidvirStreek23) enHannesOtto
(lid vanGraan SA) het gesels oor hulle ervaringe betreffende CA en oor hoe
dit vooruitgang inhul eieboerderybesighede tot gevolggehadhet.
1
3
2
1...,73,74,75,76,77,78,79,80,81,82 84,85,86,87,88,89,90,91,92
Powered by FlippingBook