84
NAMPO PARK (continued)
NAMPO PARK (vervolg)
The parking areas for aeroplanes and helicopters were doubled to make provision for the increased use
of the runway, where approximately 400 aeroplanes and helicopters landed during this year’s Harvest
Day. The control tower was also replaced and upgraded.
As part of the upgrading, the ceilings in the Fanie Ferreira Hall were replaced and the kitchen tiles at
Club 200 were replaced. The VIP guest venue was also enlarged to house a separate meeting venue
and a small office.
NAMPO Park as a conference facility offers the solution to input providers and exhibitors who want to
train personnel and launch products. The facilities are also very popular among the general public, as a
variety of private functions can be presented on the grounds.
The use of the grounds has increased sharply over the past year, with even the Free State DR Church
who held its synod at NAMPO Park.
The facilities, which can accommodate groups of five to 1 200 persons, can be used for a great variety
of functions, like music festivals and private functions, including weddings, birthdays and reunions,
congresses, meetings, courses, workshops and launches, matric farewell functions, stock auctions and
farmers days.
NAMPO Park is made available as a one-stop service to clients and offers a variety of halls of different
sizes, equipped with air conditioning and audio-visual equipment. The site has accommodation for up to
50 persons, 80 caravan stands with electrical outlets, a 4x4 course, an auction complex and adequate
safe parking. All the equipment and cutlery required for virtually any type of function, catering and self-
help facilities with fully equipped kitchens, as well as the coordination of décor, the decoration of halls
and the setting up of sound and audio-visual equipment are offered as part of the package.
Die parkeerarea vir vliegtuie en helikopters is verdubbel om voorsiening te maak vir die toename in die
gebruik van die aanloopbaan waar ongeveer 400 vliegtuie en helikopters tydens dié jaar se Oesdag
geland het. Die beheertoring is ook vervang en opgegradeer.
As deel van die opgradering is die plafonne van die Fanie Ferreira-saal vervang en Klub 200 se
kombuisteëls is vervang. Die BBP-gastelokaal is ook vergroot om ‘n aparte vergaderlokaal sowel as ‘n
klein kantoor te huisves.
NAMPO Park as konferensiefasiliteit bied die oplossing vir insetverskaffers en uitstallers se behoeftes
ten opsigte van opleiding van personeel en die bekendstelling van produkte. Die fasiliteite is ook baie
gewild onder die algemene publiek, aangesien daar ‘n verskeidenheid privaat funksies op die terrein
aangebied kan word.
Die gebruik van die terrein het die afgelope jaar skerp toegeneem met selfs die Vrystaatse NG Kerk wat
sy sinodesitting op NAMPO Park aangebied het.
Die fasiliteite wat groepe van vyf tot 1 200 persone kan akkommodeer, kan gebruik word vir ‘n groot
verskeidenheid van funksies, soos musiekfeeste en privaat funksies, soos troues, verjaarsdae en
reünies, kongresse, vergaderings, kursusse, werkswinkels en bekendstellings, matriekafskeidfunksies,
veeveilings en boeredae.
NAMPO Park word as ‘n eenstopdiens aan klante beskikbaar gestel en bied ‘n verskeidenheid van
sale van verskillende groottes wat met lugreëling en oudiovisuele apparaat toegerus is. Die terrein
beskik ook oor verblyf vir tot 50 persone, 80 karavaanstaanplekke met kragpunte, ‘n 4x4-baan, ‘n
veilingskompleks en genoegsame veilige parkering. Alle nodige toerusting en eetgerei vir bykans enige
tipe funksie, spyseniering of selfhelp-fasiliteite met volledig toegeruste kombuise asook die koördinering
van dekor, die opmaak van sale en die opstel van klank en oudiovisuele toerusting word ook as deel
van die pakket aangebied.
NAMPO Park is
made available as
a one-stop service
to clients.
Die parkeerarea
vir vliegtuie en
helikopters is
verdubbel om
voorsiening te maak
vir die toename in
die gebruik van
die aanloopbaan.