Bedryfsdienste
Industry Services
47
Grain SA submitted proposals on the revision of the Plant Improvement Bill. The view of Grain SA
thus far has been that the right to save seed should be retained, but that members are prepared to
compensate the seed company for their capital and research investment in new cultivars.
The bill currently provides that the producer is allowed to save seed, but within reasonable limits. This
provides an opportunity for a type of cultivar financing model to be proposed to make provision for the
saving of seed to promote cultivar development, particularly for wheat and soybeans.
Grain SA and the seed industry also established a committee to look at different models of such a
financing model so that the best model for South Africa can be developed.
Quality of groundnut seed
Since problems with the quality of groundnut seed were experienced about two seasons ago,
Grain SA’s Groundnut Specialist Working Group has been investigating possible solutions.
The introduction of more physical quality requirements for groundnut seed in the regulations to the
Plant Improvement Act was investigated, but indicated that this was not always possible in practice,
and if requirements were applied more strictly, the seed would be considerably more expensive. More
handling and selection of seed would also cause more damage and perhaps affect germination.
Grain SA’s Groundnut Specialist Working Group proposed that the size of the groundnut seed bag be
changed from 50 kg to 25 kg.
It was also proposed that the DAFF inspectors be requested in terms of the Plant Improvement Act to
take more samples during the 2013/2014 season in order to test for quality.
Seed availability
The seed industry (SANSOR) assured Grain SA during the annual meeting of the two organisations,
which took place on 2 August 2013, that a sufficient quantity of grain and oilseeds seed will be available
for the 2013/2014 production season. They, however, stated that seed of certain popular sizes and
varieties may be limited.
Graan SA het voorstelle gemaak tot die hersiening van die Plantverbeteringwetsontwerp. Graan SA se
siening tot dusver is dat die reg om saad terug te hou behoue moet bly, maar dat lede wel bereid is om
die saadmaatskappy te vergoed vir hul kapitale en navorsingsinvestering in nuwe kultivars.
Die wetsontwerp is tans so omskryf dat die produsent toegelaat word om saad terug te hou, maar binne
redelike perke. Dit is hier waar daar nou geleentheid is om ‘n tipe kultivar-finansieringsmodel voor te stel om
vir saadterughouding voorsiening te maak om kultivarontwikkeling veral by koring en sojabone, te bevorder.
Tussen Graan SA en die saadbedryf is daar ook ‘n komitee in die lewe geroep om na verskillende
modelle te kyk oor hoe so ‘n finansieringsmodel in die praktyk moet lyk sodat die beste model vir
Suid-Afrika verkry kan word.
Kwaliteit van grondboonsaad
Sedert daar probleme met die kwaliteit van grondboonsaad sowat twee seisoene terug ervaar is, is
Graan SA se Grondboonspesialiswerkgroep besig om moontlike oplossings te ondersoek.
Ondersoek is ingestel om meer fisiese kwaliteitvereistes vir grondboonsaad in die regulasies van die
Plantverbeteringswet in te bring, maar die ondersoek het aangedui dat dit nie altyd prakties moontlik is
nie en indien vereistes wel strenger toegepas kan word, dit die saad heelwat duurder sou maak. Meer
hantering en seleksie van saad sou ook meer skade veroorsaak en moontlik die kieming beïnvloed.
Graan SA se Grondboonspesialiswerkgroep het voorgestel dat die grondboonsaadsakkiegrootte vanaf
50 kg na 25 kg verander moet word.
Daar is ook voorgestel dat die DAFF se inspekteurs onder die Plantverbeteringswet versoek moet word
om tydens die 2013/2014-seisoen meer monsters te neem om sodoende vir kwaliteit te toets.
Beskikbaarheid van saad
Die saadbedryf (SANSOR) het Graan SA by die jaarlikse vergadering van die twee organisasies
op 2 Augustus 2013 verseker dat ‘n voldoende hoeveelheid saad vir graan en oliesade vir die
2013/2014-produksieseisoen beskikbaar sal wees. Hulle het egter gesê dat saad van sekere gewilde
groottes en variëteite dalk beperk kan wees.