Insetnavorsing en -ontwikkeling
Inputs research and development
44
Inputs research and development
Insetnavorsing en -ontwikkeling
Introduction
The rand/dollar exchange rate and crude oil prices play an important role in the forming of local
input prices. Over a twelve month period, from October 2012 to October 2013, the value of the rand
depreciated with 15% against the dollar, while the Brent crude oil price decreased from $111,83 per
barrel to $109,66 per barrel.
On an average basis, maize, soybean, sunflower and grain sorghum seed prices increased by 7,0%,
9,9%, 14,3% and 18,1% respectively, compared to the previous season. When looking at local fertiliser
prices, the prices of LAN, urea and potassium chloride increased by 1,8%, 2,1% and 0,9% respectively,
while MAP decreased by 3,1%.
Since the active ingredients of locally formulated agricultural chemicals need to be imported, the level
of the exchange rate has a direct impact on local prices; this caused herbicide and insecticide prices to
increase on a year-to-year basis.
With the depreciation in the value of the rand and increases in local taxes on fuel, the domestic
wholesale price of diesel in Gauteng increased by 15,3% on an annual basis (September 2012 to
September 2013). On an annual basis the prices of agricultural machinery equipment were 11,1%
higher. The prices of tractors, combine harvesters, hay and forage equipment and implements increased
by 13,1%, 5,3%, 12,0% and 10,7% respectively.
Inleiding
Die rand/dollar-wisselkoers en die pryse van ruolie speel ‘n belangrike rol in die bepaling van plaaslike
insetpryse. Oor ‘n tydperk van twaalf maande – van Oktober 2012 tot Oktober 2013 – het die waarde
van die rand met 15% teenoor die dollar gedaal, terwyl die prys van Brent ruolie vanaf $111,83 per vat
tot $109,66 per vat gedaal het.
Die prys van mielie-, sojaboon-, sonneblom- en graansorghumsaad het onderskeidelik gemiddeld met
7,0%, 9,9%, 14,3% en 18,1% gestyg vergeleke met die vorige seisoen. Wat plaaslike kunsmispryse
betref, het die prys van KAN, ureum en kaliumchloried onderskeidelik met 1,8%, 2,1% en 0,9% gestyg,
terwyl MAP met 3,1% gedaal het.
Aangesien die aktiewe bestanddele van plaaslik-geformuleerde landbouchemikalieë ingevoer moet
word, het die vlak van die wisselkoers ‘n direkte impak op plaaslike pryse. Dit het veroorsaak dat
onkruid- en plaagdoders se pryse op ‘n jaar-tot-jaar-grondslag gestyg het.
Met die depresiasie in die waarde van die rand en stygings in plaaslike brandstofbelasting het die
binnelandse groothandelprys van diesel in Gauteng op ‘n jaargrondslag (September 2012 tot September
2013) met 15,3% gestyg. Die pryse van landboumasjinerietoerusting was op ‘n jaargrondslag 11,1% hoër.
Die pryse van trekkers, stropers, hooi- en voertoerusting en implemente het onderskeidelik met 13,1%,
5,3%, 12,0% en 10,7% gestyg.
Die saadbedryf
Ten einde deursigtigheid en mededingendheid in die graan- en oliesaadbedryf te verhoog, word die prys
van saad jaarliks deur Graan SA gemonitor. ‘n Deurlopende styging in saadpryse is vir graanprodusente
kommerwekkend, aangesien saadpryse vir graan sowel as oliesade tans op ‘n jaar-tot-jaar-grondslag
styg. Saad is ‘n belangrike produksie-inset en bestaan uit ongeveer 12% van ‘n mielieprodusent se
veranderlike produksiekoste. Hierdie stygende tendens in saadpryse is dus rede tot kommer.
1
Average producer price = Safex, July 2014 price – average differential cost – handling cost
1
Gemiddelde produsenteprys = Safex, Julie 2014-prys – gemiddelde liggingsdifferensiaal – hanteringskoste
Onkruid- en
plaagdoders se
pryse het op ‘n
jaar-tot-jaar-
grondslag gestyg.
1...,36,37,38,39,40,41,42,43,44,45 47,48,49,50,51,52,53,54,55,56,...168