SA Graan Oktober 2014 - page 25

FOKUS
Diere
Spesiale
Produk-inligting
Die gevreesde Trichomoniase
T
ritrichomonas foetus
is sekerlikeenvandiemeesgevreesde
siektes in ‘nbeesteelkudde. Swak konsepsieenaborsies kom
tanswyd verspreid inSuid-Afrika voor en is op die lippe van
diemeesteprodusente.
As jy gedink het Trichomoniase is net in ekstensiewe kuddes, dink
weer: Stoeterye is nie uitgesluit nie; en selfs melkerye staan ‘n
kans vir besmetting. Die afgelope jaar is daar weer vele gevalle van
Trichomoniase aangemeld in Suid-Afrika. Voordat produsente hier-
die siekteonder beheer kan kry, isdaar eers ‘npaar feitedaaroorwat
hullemoet ken.
Wat is Trichomoniase?
Tritrichomonas foetus
is ‘n geslagsoordraagbare siekte waarvan
die protosoa hulself tuismaak in die skede van ‘n bul. Hier vind die
protosoa beskutting in die voue van die skede en vermeerder deur
middel van binêre fusie. Die protosoa bestaan uit ‘n ovaalvormige
liggaammet drie flagella (sweephare) sowel as ‘n aksosteel wat sig-
baar is. Die flagella voorsien beweeglikheid en sodoende word be-
smettingnadiebaarmoedermet dekking verseker.
Hoe vind besmetting plaas?
Sodra ‘n besmette bul ‘n koei dek, word die protosoa oorgedra na
die koei. Die omgekeerde kan ook plaasvind; indien ‘n onbesmette
bul ‘ndraer of besmette koei dek, sal hybesmet word.
In die koei beweeg die organisme ná dekking tot in die baarmoe-
der waar dit vestig en vermeerder. Bevrugting kan steeds plaas-
vind asook aanhegting van die fetus aan die baarmoederwand,
maar as gevolg van vermeerdering van die protosoa en die ongun-
stige omstandighede wat geskep word, vind vroeë aborsie van die
fetus plaas.
Die mees algemene teken wat waargeneem word, is koeie wat
terugkomophitte ná bevestiging vandragtigheid. Die redehiervoor
is: Aborsies vind plaas op ‘n vroeë stadium van dragtigheid; in die
meeste gevalle in die eerste drie maande van dragtigheid, maar
daarwas selfs al gevallená vyfmaande vandragtigheid.
Kan diere geneesword?
Sommige besmette koeie kan ná ongeveer drie hittesiklusse hulle-
self genees. In hierdie tydperk kan ‘n koei egter ‘n onbesmette bul
met trichomoniase besmet indien hy haar dek. Daar is wel ‘n klein
persentasie van koeie wat draers word en hulle word gekenmerk
deur ‘nbaarmoeder vol etterigevloeistof ookbekendas ‘npiometra.
Onthounet:Daar isverskeie redesvir ‘npiometra inkoeie; trichomo-
niase is net eenmoontlikheid.
Bulle is ‘n ander storie; en hier sal ‘n veearts genader moet word
sodat hy die dier intensief kan behandel. Jonger bulle kan genees
word,maar studies toondat hoeouer bulle is, hoe skraler isdie kans
dat hullepositief opdiebehandeling sal reageer.
Kan ek voorkomend teen Trichomoniase
immuniseer?
Trichomonas-entstof is beskikbaar en koeie moet aanvanklik agt
weke voor die dekseisoen geënt word en met ‘n skraagdosis vier
wekedaarna. Koeiemoet daarna jaarliksongeveer vierwekevoordie
dekseisoengeënt word.
Hoe toets ek ofmy kudde positief is?
Jou naaste kuddeveearts kan verskeie metodes volg, soos byvoor-
beeld om skedeskrapings te neem en te laat kweek vir verdere
ondersoekeby ‘ngesertifiseerde laboratorium.
Bulle moet gewoonlik vier tot ses weke voor paring getoets word.
Dit is ookwys om danweer ses weke ná paring te laat toets, wat ‘n
goeieaanduidingsal kangeeof diekuddebesmet isof nie. Koeiekan
ook getoetsword indiennodig,maar as ‘n koei dragtig is, is die kans
taamlik skraal dat sypositief is vir Trichomonas.
As jydinkTrichomoniase is net in
ekstensiewe kuddes,maak jy ‘n
groot fout, stoeterye is nieuitge-
sluit nie; en selfsmelkerye staan
‘n kans vir besmetting.
JACOBAVAESSLER,
Zoetis
23
October 2014
1...,15,16,17,18,19,20,21,22,23,24 26,27,28,29,30,31,32,33,34,35,...124
Powered by FlippingBook