SA Graan Oktober 2014 - page 26

FOKUS
Diere
Spesiale
Oktober 2014
24
Praktiesebulbestuur
‘n
Bul is die belangrikste dier in jou beesboerdery. Hymaak
slegs3% - 4%van joukuddeuit,maardrageneties50%by
tot elkekalfwat hyproduseer. ‘nEnkelebul kan40enmeer
kalwers per jaar vir jou lewer.
Die nuwe bul op jou plaas
Indien die “nuwe” bul saam met ander “vreemde” bulle vervoer
word, is die ideaal omniediebulle saam indieselfde kompartement
op ‘n trok te laai nie – veral nie as hulle “los” staan nie. Hulle kan
baklei op die trok en die ondergeskikte bul kan dan in so ‘n situasie
ook niewegkom vandiebakleier af nie.
Laai vreemde bulle verkieslik in aparte kompartemente (selfs ook,
waar moontlik, bulle wat mekaar ken). Kontroleer tydens die aflaai
van die bul of hy enige beserings tydens die vervoer na die plaas
opgedoenhet. Indienwel, behandel dit onmiddellik.
Dit is belangrikdat nuwe, vreemdediereeers vir ongeveer ‘nmaand
apart van ander beeste loop – hulle word dus in kwarantyn gehou.
Hierdie nuwe diere moet met ‘n bosluismiddel wat amitras bevat
(dit verlam diemonddele van vatbare bosluise enmaak hulle dood)
asookmet ‘n inspuitbaremakrosikliese laktoon (beheer bloubosluise
en rondewurms) behandel word.
Vatbare parasietewat hulle kon saambring, sal danbeheerword. As
dit nie gedoen word nie, kan parasiete van ander plase en omge-
wings opdieplaas gevestigword.
Sorgdat diebul (veral asdit net eenbul is) afgelaai word in ‘nveilige
kamp (met goeie drade) saammet ‘n ander bees of twee om hom
geselskap tehou. Hierdie kan ‘n speenkalf of byvoorbeeld ‘n jongbul
wees –wat ookmet bogenoemdemiddels behandel is.
Skoon water en goeie weiding sal hom dadelik meer rustig maak.
Maak seker hy kry die water. Laat die bul met rus vir ten minste
tweedae.
Die bul kan beperk of omvattend verseker word en/of jy kan
semen tap van die bul indien dit spesiale genetika is. Indien bulle
ingebringword vanaf ‘n siektevrye area na ‘n areawaar siektes soos
hartwater, rooiwater en galsiekte endemies is, verseker eerder die
bul omvattend vir ‘n jaar.
Skakel die bul dadelik in jou normale dip-, doseer- en inentingspro-
gram in – onafhanklik vanwat die vorige eienaar gedoenhet.
Indien die bul baie vet is – kry hom stelselmatig van die kragvoer
af: Eerste week 8 kg/dag, tweede week 4 kg/dag, derde week
1 kg/dag saammet sy toekomstige lek
ad lib
, endie vierdeweek net
sy normale lek.
Hou die nuwe bul indienmoontlik weg van ander bulle totdat hy by
sy koeie kom; dit wil sê die bul behoort eers vir ‘n seisoen te werk
voordat hy indiegroter bultropgeplaasword.
Onthoudat ‘nbul tandewissel tussen2en2,5 jaar.Hykandusgewig
verloor as hy moet aanpas in sy nuwe omgewing, in gemiddelde
weiding loop en nog moet dek ook. Die ideaal is om die bul twee
maande of langer voor die dekseisoen begin op die plaas te kry so-
dat hy in sy nuweomgewing en voedingstoestande kan aanpas.
Voor die dekseisoen
Baie belangrik: Toets bulle drie tot sesweke voor die dekseisoen vir
vrugbaarheid endoen skedewasse vir trigomonose en vibriose.
Uit ‘n proef waar 10 940 bulle getoets is vir geslagsgeskiktheid in
Amerika, was ongeveer 20%nie geskik vir gebruik nie. Normaalweg
gaan jy voor elkedekseisoen tenminste 10%bulle “verloor”.
Identifiseer hulle voor die dekseisoen – die koste om dit te doen, is
baie minder as die kalwers wat “verloor” gaan word omdat dit nie
gedoen is nie. Toets selfs die nuwe bul ook, al is hy verkoopmet ‘n
vrugbaarheidsertifikaat –dieeffekvandiestresvandieveilingendie
vervoer kan sy vrugbaarheid indie kort termynbeïnvloed.
Selfs instelselswaarmeerbulparingsgebruikword, isditnoodsaaklik
om semenevaluasievandiebulle tedoen,want dominantebullemet
swaksemenkan jongerbullemetgoeiesemenweghouvandiekoeie.
Gaan bulle deur voor die dekseisoen vir algemene gesondheid en
kyk dat hulle struktureel normaal is en dat hulle gang (loopvermoë)
opgeenmanier ongemaklik of abnormaal is nie.
Spuit die bulle twee maande voor die dekseisoen vitamiene A en
minerale (Multimin + Se + Cu). Bovimin of Embamin en Embavit
(word deur die bek gedoseer) is ook handelsname wat gebruik
kan word. Hierdie behandeling kan herhaal word ná ongeveer
tweemaande.
Bulle se kondisie behoort altyd tussen 2,5 en 3,5 uit 5 te wees.
Oorvoeding lei tot swaar, onfiks en lomp bulle wie se semen ook
gewoonlik onderstandaard is. Vetaanpakking in die nek van die
skrotum is gevaarlik en lei tot swak termoregulering,met die gevolg
dat semen swak is.
Ondervoeding kan ook ‘n probleem wees, maar gewoonlik neem
libido eers af voordat semengehalte beïnvloed word. Indien bulle
effens skraal is, begin twee maande voor die dekseisoen om hulle
byvoeding te gee. Dit kanwissel van ‘n produksielek tot 5 kg - 10 kg
konsentraat per bul per dag.
Immuniseer bulle tweemaande voor die dekseisoen teen drie-dae-
stywesiekte en vibriose.
Gedurende die dekseisoen
Observasie van jou bulle, veral jong bulle, is belangrik. Kyk of sulke
bulle dekbehendig is en ook of hulle libido (dekdrang) het. Jong
bulle is aanvanklik onervare, maar binne ‘n paar dae behoort hulle
dekbehendig tewees.Daar isgewoonlik10%bullemet geenof swak
libido – identifiseer hierdiebulle en vervanghulle.
Sit in meerbulparingstroppe die ouer en jonger bulle saam, nie
bullewat ewe sterk is nie enook nieminder as drie tot vier bulle per
100 koeienie.
Vir ons werk dit om een volwasse bul en twee jong bulle per
75 koeie te gebruik. In enkelbuldektroppe behoort 30 tot 40 koeie
per volwasse bul vir drie maande per bul toegedeel te word. Jong
bullemet baiepotensiaalmoet liewer alleen in ‘ngroepgebruikword
– anders gaan jydalk temin kalwers vanhulle aankry.
ARTHURDEVILLIERS,
ArcadiaBonsmaras, Vrede
1...,16,17,18,19,20,21,22,23,24,25 27,28,29,30,31,32,33,34,35,36,...124
Powered by FlippingBook