SA Graan Julie 2014 - page 37

FOKUS
Bemesting
Spesiale
35
July2014
Terugblik op FertASA kongres 2014
–belowendemarktevirkunsmisuitvoere
inSuider-Afrika
D
ie groeipotensiaal in die kunsmisuitvoermark in buurlande
soos Mosambiek, Angola, Zambië en Malawi is ontsaglik.
Die Suid-Afrikaanse kunsmisbedryf speel reeds ‘n belang-
rike rol inhierdie lande.
“FertASA (FertilizerAssociationofSouthernAfrica) kan ‘nnoggroter
rol speel indieontwikkelingvandiekunsmisbedryf inSuider-Afrika,”
het mnr Adriaan de Lange, voorsitter van FertASA en besturende
direkteur van Omnia Kunsmis, in sy jaarverslag gesê op die 54ste
jaarkongres vandié vereniging, wat in Johannesburggehou is.
As gevolg van ongesteldheid is De Lange se verslag voorgelê deur
mnr AdamMostert (hoof uitvoerendebeampte: FertASA).
Volgens die verslag, het die kunsmismark inSuid-Afrika indie vroeë
tagtigerjare sy hoogtepunt bereik. Geen betekenisvolle groei is vir
dieonmiddellike toekomsvoorsiennie. Suid-Afrika is steeds ‘nnetto
invoerder van kunsmisprodukte; ammoniaken rotsfosfaat uitgesluit.
In 2013 het Suid-Afrika 1 408 271 ton kunsmis ingevoer – 5,7%min-
der as indie vorige jaar – teen ‘n koste vanR5,6miljard.
Die uitvoertonnemaat in 2013 het met bykans 64% tot 665 000 ton
ter waarde van meer as R4 miljard toegeneem vergeleke met
R2,1miljarddie vorige jaar. Diebelangrikste lande vir uitvoer is Zim-
babwe en Zambië, wat 62% van die uitvoer ontvang. Albei het hul
invoer uit Suid-Afrika in2013 aansienlik verhoog. Dieverrassingwas
dat Botswana indiederdeplekwas.
Uitvoer naMosambiek het gedaal, terwyl uitvoer na Australië, Bra-
silië, Malawi, Swaziland, Angola, die Demokratiese Republiek van
dieKongoenKeniadeurgaansgestygenvirSuid-Afrikawaardevolle
buitelandse valuta verdienhet.
Die hoofrede vir die groot invoere is die gebrek aan produksie-
geriewe vir ureum en die afwesigheid van potasbronne in Suid-
Afrika.Ureumenkaliumchloriedverteenwoordigdieoorwig invoere.
Volgens De Lange, het die Suid-Afrikaanse kunsmisbedryf in die af-
gelope jare ‘nmatevangeloofwaardigheidverloor. Dit isoor beskul-
digings van samespanning en prysvasstelling. Dit het die positiewe
bydrae oorskaduwat die bedryf gemaak het omgrondvrugbaarheid
en voedselproduksie tebevorder.
HANS LOMBARD,
namens Fertilizer Association of SouthernAfrica
FertASA het gevolglik herbesin om die bedryf soos volg van diens
tewees:
Om erken te word as die organisasie van voorkeur wat die in-
tegriteit van elke lid voorop stel enwat voorkeurvertroue vir hul
produkte endienstebevorder; en
Om die belange van lede deur doelmatige betrokkenheid met
regeringsorganisasies tebevorder enbeskerm.
Lede is toegewy aan ‘n streng gedragskode en aanvaar en onder-
skryf FertASA se riglyne vir voldoening aan mededingende ge-
drag ooreenkomstig die Mededingingswet. In die afgelope jaar het
FertASAop ‘n aantal kritieke areas gefokus endie volgendebereik:
Kunsmiswet
Die voorgestelde wetsontwerp is deur die parlement afgekeur en
terugverwys na die Departement van Landbou, Bosbou en Vis-
serye. FertASA het die departement versoek om die wette rakende
veevoer en kunsmis te skei en daar is ingestem om dit te doen. Die
kunsmiswet sal nouoopgestelwordom terwillevanallebelangheb-
bendes indie kunsmisbedryf tewees.
Kunsmisregulasies
Die registrateur het planne aangekondig om die gebruik van sink-as
as kunsmis te verban. FertASAhet ‘ngedeeltelike verbodop sink-as
voorgestel en voldoening aan die bestaande regulasies. ‘n Besluit
deur die registrateurword afgewag.
Regulasies rakendeGroep 3-misstowwe
Aangesien geen duidelike riglyne of kriteria bestaan vir die registra-
sie van Groep 3-misstowwe nie, is ‘n deskundige taakspan op dié
gebied deur FertASA saamgestel om ‘n voorstel voor te berei wat
aandie registrateur voorgelê kanword.
Produkregistrasie
Die registrateur het FertASA se aanbod aanvaar om te helpmet die
pre-registrasieproses met die oog op die verkorting van die lang
tyd wat produkregistrasie by die Departement van Landbou verg.
Prosedures en stelsels is ontwikkel. Meer as 200 aansoeke geniet
tans aandag. Die doelwit is om voor die einde van 2014 ‘n goedkeu-
ringstyd van viermaande tebereik.
Gedaanteverwisseling
vandieMisstofvereniging
“Die Misstofvereniging van Suider-Afrika het ‘n gedaanteverwis-
selingondergaan.Syvlerke isookwyeroorSuider-Afrikagespanom
landbouen volhoubarevoedselsekerheiddoeltreffender tedien. Die
vereniging sal voortaan bekend staan as die Fertilizer Association
of Southern Africa (FertASA),” het die hoof uitvoerende beampte,
mnr Adam Mostert, op die FertASA-kongres in Johannesburg
bekendgemaak.
FertASA het ook ‘n duidelike visie en missie om landbou te dien,
naamlik:
Visie: Om erken te word as die verteenwoordigende stem van die
misstofbedryf met die stempel van goedkeuring vir verantwoorde-
like en volhoubare grondvrugbaarheid en plantvoeding in Suider-
Afrika.
Missie: Om ‘n geloofwaardige platform te skep vir die bevordering
van verantwoordelike en volhoubare aanwending vanmisstowwe.
Die vereniging het ook verander van ‘n Artikel 21maatskappy na ‘n
maatskappy sonder winsbejag. Vir die eerste keer is ook ‘n direksie
verkieswat diehoogstegesag vandie vereniging is.
Die direksie is: Mnr Adriaan de Lange, voorsitter, besturende direk-
teur van Omnia Kunsmis; (alternatief: Mnr Maarten van Jaarsveld,
1...,27,28,29,30,31,32,33,34,35,36 38,39,40,41,42,43,44,45,46,47,...100
Powered by FlippingBook