SA Graan Julie 2014 - page 28

FOKUS
Spesiale
Julie 2014
26
‘n Paar gedagtes oor die bemesting
van sojabone
D
ie groeiende belangstelling in die
maksimaleproduksievansojabone
landswyd, regverdig dit om met
nuwe oë na die bemesting van
die gewas te kyk. Daar is baie teenstrydige
uitlatings oor diebemesting van sojabone.
In baie gevalle word beweer dat bemesting
nie ‘n positiewe invloed op die opbrengs
van sojabone het nie. Dit kan veral gesien
word by die bandplasing van kunsmis. Hier
volg die mees waarskynlike redes vir ‘n
swak reaksieopbemesting:
Die fosfaat- en kaliuminhoud van
die grond is meer as die kritieke
behoeftevlakke.
‘n Droogteperiode in die groeiseisoen
het ‘ngroter invloedgehadopproduksie
as bemesting.
Planttoestande (grondtemperatuur en
-vog) was ideaal.
Die bemesting was onvoldoende of
ongebalanseerd.
Die artikel fokus op die nuutste inligting
rakende die bemesting van sojabone en
gee inligting oor watter voedingstowwe die
mees waarskynlike opbrengsverbetering
gee. Dit gee nie ‘n waarborg dat opbrengs
gaan verbeter nie. In ‘n goeie groeiseisoen,
soos die afgelope een, sal dit wel bydra tot
opbrengsverbetering.
Sojabone het ‘n hoër behoefte aan fosfaat
en kalium as mielies. 1 ton sojabone
onttrek tot 9 kg P en 40 kg K per hektaar.
As hierdie behoeftes nie aangespreekword
nie, kan die opbrengs nadelig beïnvloed
word. Dit kan ook die opbrengs van die
opvolggewas benadeel en in die lang
termyn tot rampspoedige gevolge lei. Om
sulke probleme ná die tyd te moet regstel,
kandanbaieduur raak.
Sojabone is groot verbruikers van stikstof.
Elke ton sojabone geoes onttrek 50 kg tot
60 kg stikstof per hektaar uit die sisteem.
Al die stikstof moet deur die wortels
uit die grond onttrek word. Deur van
stikstofbindende Rhizobium-bakterieë ge-
bruik temaak, kan daar baie goedkoop aan
hierdie konstantebehoefte voldoenword.
Hierdie voordelige assosiasie wat sojabone
met Rhizobium-bakterieë het moet reg
bestuur word. As daar stikstof in die grond
beskikbaar is, gaan sojaboonwortels eerder
dit opneem en nie Rhizobium-bakterieë
toelaat om knoppies op die wortels te
vorm nie. Dit kan lei tot die afsterwe van
die Rhizobium-bakterieë of tot die laat
vorming van knoppies, wat weer kan lei tot
onvoldoende stikstofbinding.
Indien vermoedworddat die entingsproses
foutief was en sojabone in Desember of
Januarie geel en swak ontwikkel is, moet
swak nodulering as die skuldige verdink
word. Die beste manier om die probleem
op te spoor, is om die geaffekteerde plante
versigtig uit te grawe en te was met water.
Tel die gesonde knoppies op die wortels.
Gesonde knoppies is groter as 2 mm in
deursnee en is pienk tot rooi as dit deurge-
sny word. As minder as sewe gesonde
knoppies per plant gevind word, kan
stikstoftekorte verwagword.
Aanvullende stikstoftoediening van 60 kg
tot 70 kg stikstof per hektaar sal die tekorte
aanspreek as dit betyds toegedien word.
Die ideale tydvan toediening isasdieeerste
blomme op 50% van die plant gesien word
(R1) en nie later as die boonste lid van die
plant begin blom op 50% van die plante
(R2) nie.
Die ideaal isomdie stikstof opdiegrond toe
te dien, maar dit is baie moeilik aangesien
die blaardak reeds die rye toegemaak het.
Breedwerpige toedieningvankorrelkunsmis
kan met sukses gedoen word, indien die
plante droog is en korrels van die blare
kan afrol.
Voordat enige bemesting toegedien word,
moet diegrondpH reggestelword. ‘nGrond
pH (KCl) van tussen 5 en 6 is ideaal. Die
meeste chemiese en biologiese prosesse
funksioneer optimaal by hierdie pH. Saam
met pH, is kalsium noodsaaklik om die
grond gesond te hou. Dit is nie net die
stikstofbindingsbakterieë wat hierdeur
bevoordeel word nie, maar ook al die ander
organismes indiegrond.
Die toediening van kalk om die vlakke te
onderhou, moet gedoenword aan die hand
NICOBARNARD,
landboukundige, Pannar Saad
Bemesting
GROND-P P-AANBEVELINGVIROPBRENGSPOTENSIAAL (TON/HA)
(BRAY 1)
1
2
3
4
>4
DPM
KG/HA
5
20
40
60
80
100
10
17
31
45
59
73
15
15
25
35
45
55
20
13
21
31
40
49
25
11
19
28
36
45
30
10
18
26
34
42
Bemestingshandleiding,MVSA 1998
TABEL 1: RIGLYNVIRP-BEMESTINGVANSOJABONE.
GROND-K K-TOEDIENINGVIROPBRENGSPOTENSIAAL (TON/HA)
(BRAY 1)
1
2
3
4
>4
DPM
KG/HA
20
20
40
60
80
100
40
16
31
47
60
75
60
13
25
39
52
65
80
11
22
34
44
54
100
10
20
31
40
51
120
9
19
30
40
51
> 120
5
15
30
40
51
Bemestingshandleiding,MVSA 1998
TABEL 2: RIGLYNVIRK-BEMESTINGVANSOJABONE.
1...,18,19,20,21,22,23,24,25,26,27 29,30,31,32,33,34,35,36,37,38,...100
Powered by FlippingBook