SA Graan Julie 2014 - page 41

FOKUS
Bemesting
Spesiale
39
July2014
Groot deurbraakmet sintetieseammoniak
Die Haber-Bosch-tegnologie, wat die reaksie van stikstof uit die
atmosfeer met waterstofgasse beheer om sintetiese ammoniak te
genereer, is ‘nbelangrike tegnologiesedeurbraak. (Vroeg indie twin-
tigste eeu het talle chemici probeer om ammoniak uit lugstikstof te
maak. Die Duitse chemikus, Fritz Haber, het ‘n proses ontdek wat
vandag steeds gebruikword.)
Dit het bygedra om die kritieke wêreldhongersnood te verlig, sê
mnr José de Sousa, markanalis vir stikstofprodukte van die Interna-
sionaleMisstofvereniging (IFA).
DeSousawas ‘n spreker op FertASA se jaarkongres en het gesê dié
tegnologie het stikstofkunsmis op ‘n industriële skaal geproduseer
wat landbouproduktiwiteit wêreldwyd verbeter het.Wêreldwye am-
moniakproduksiehet in2013dievlakvan169miljoen tonNH
3
bereik,
‘n 44%-verhoging in vergelykingmet 117miljoen ton in 1990.
Hy het verduidelik dat ammoniak die basiese grondstof is vir die
totale stikstofkunsmisbedryf. Dit is die basiese inset vir alle stroom-
afstikstofprodukte, soos ureum, nitrate – insluitendAN enKAN – en
indirekUAN- enNPK-mengsels.
“Ammoniak dien ook as ‘n basiese roumateriaal vir nywerheids-
gebruike, wat tans verantwoordelik is vir 20% van wêreldwye
stikstofverbruik. Dit is ‘n groeiendemark, duidelik los van die kuns-
missektor, enminder siklies as landboumarkte. Ureum verbruik die
meeste ammoniak – 54% in 2012, gevolgdeur nitratemet 14,5%.”
“Aanduidings is dat ureum 62% van die geprojekteerde styging in
dieverbruikvanammoniak tussen2012en2017sal opneem.Volgens
beplanning, sal bykans 55nuweureumaanlegte tussen2013en2017
inbedryf kom, waarvan 20 inChina sal wees,” sêDeSousa.
Tot enmet 2004wasChinadiewêreldsegrootsteureum-invoerland,
gevolg deur Viëtnam en Pakistan. Afrika sal na verwagting tussen
2012 en 2017 na vore tree as ‘n belangrike verbruiker, met naby aan
5,6miljoen ton.Die langtermynvooruitsigvanvolgehouemisstofver-
bruik, en die sterk vraag na nywerheidsprodukte, het nuwe belang-
stelling en vraag indie ammoniak- enureumsektore laat ontstaan.
‘nWêreldopname in 2013 het getoon dat die ammoniakvolumemet
19% sal styg, van 204,2miljoen ton in 2012 tot 242,7miljoen ton in
2017; ‘n gemiddelde jaarlikse styging van bykans 7miljoen ton. Vol-
gens die opnamewas amper 75 nuwe ammoniakfabrieke in aanbou
wat na verwagting tussen 2013 en 2017 inbedryf sal kom.
“Natuurlike gas is die belangrikste grondstof wat gebruik word in
die vervaardiging van stikstof met die Haber-Bosch-proses,” sê
De Sousa. Die gasprys is ‘n belangrike faktor wat die prys van stik-
stofprodukte beïnvloed. Indie geval van ammoniak kan aardgas ver-
antwoordelikweesvir75% tot 90%vandiewisselendebedryfskoste.
Steenkool en petroleumkooks verteenwoordig 31% van ammoniak
se roumateriaal. In onlangse jare het ‘n tekort aan natuurlike gas die
produksie van ammoniakgebaseerde produkte verlaag. Aan die an-
der kant het die ontwikkelings ten opsigte van skaliegas, nuwe be-
langstelling indie stikstofvolume aangevuur, veral indieVSA.
Volgens dieVSA se inligtingsarmoor energie sal produksie van ska-
liegas teen 2035 die helfte van die VSA se produksie van natuurgas
verteenwoordig.
“Die stikstofbedryf is hoogs energie-intensief. Beskikbaarheid van
genoegbekostigbaregrondstof is ‘nbasiese vereiste, des temeer in
die lig vandie vorderingmet uitvoer deurmededingende segmente,
soos kragopwekking en vloeibare aardgas.
“Grondstofaspekte word hanteer deur óf kompleet nuwe energie-
bronne, soos skaliegas, te identifiseer, óf deur nuwe tegnologie te
aanvaar, gebaseer op alternatiewe en volop grondstowwe. Steen-
koolvergassing,wat deur Chinesemaatskappyevooropgestelword,
is nog ‘n voorbeeld,” sêDeSousa.
Dr Phonnie du Toit (LNR-Instituut vir Graangewasse) en dr Chris
Schmidt (Sidi Parani).
Foto: Petru Fourie, GraanSA
Dr Erik Adriaanse (Sasol Nitro), Hans Benecke (Atlas Organic
Fertilisers), José de Sousa (IFA) en Carl Taljaard (SA Kalk en Gips).
Foto: Petru Fourie, GraanSA
ASUF sal vegvir ‘ngelukkigeeindeaan
allevormevangrondhervorming
Die Forum vir Eenheid in die Landbou (ASUF) sal ‘n gelyke vlak van
regshulp aan alle partye betrokke by grondhervorming bepleit om
aldus te verseker dat grondwetlike regte gehandhaaf word,” sê
dr Langelihle Simela, hoof uitvoerende amptenaar van die Nasio-
nale Ontwikkelende Rooivleis Produsente Organisasie (Nerpo), uit-
voerende direkteur van die African Farmers’ Association of South
Africa (AFASA) en lidvandieuitvoerendebestuur vanASUF. Sywas
spreker op die jaarkongres van FertASA en het gesê ASUF sal hom
beywer vir ‘n eensgesinde beëindiging van alle optrede ten opsigte
vangrondhervorming.
“ASUF steun nie die hervatting van die restitusieproses nie, maar
sal reageer as die hervatting daarvan ‘n werklikheid word. Grond-
hervorming is ‘n grondwetlike, politieke beleid en ‘n ekonomiese
noodsaaklikheid. Dit moet plaasvind binne die raamwerk van
die grondwet en die regsorde in terme van ‘n duidelike, wetlike
Terugblik op FertASA kongres 2014
1...,31,32,33,34,35,36,37,38,39,40 42,43,44,45,46,47,48,49,50,51,...100
Powered by FlippingBook