SA Graan Julie 2014 - page 38

FOKUS
Spesiale
Julie 2014
36
Terugblik op FertASA kongres 2014
Bemesting
bemarkingsdirekteur, Omnia Kunsmis); mnr Jaco Raath, visevoor-
sitter, direkteur Industrial Commodities Holdings (ICH); (alternatief:
Dr Nicole Hart, sakebestuurder Misstowwe en Nywerheid, Lake In-
ternational); dr Pieter Hauman, hoofbestuurder, Graslandonderne-
mings; (alternatief: Mnr Henk le Roux, seniorbestuurder handel,
NWK); enmnr AdamMostert, hoof uitvoerende beampte: FertASA.
Daar is ‘n vakature vir nog eendirekteur, wat later verkies sal word.
Mostert sê die samestelling van die raad is belangrik, omdat dit aan
die kleiner maatskappye versekering van verteenwoordiging op die
raad gee. Die direkteure het almal dieselfde stemreg. Die kleiner
maatskappye het net soveel inspraak in die besluite van FertASA as
diegrootmaatskappye.
FertASA het nou 28 lede teenoor 19 in 2012. Die mikpunt is om
30 lede teen die einde van 2014 te hê. Die lande in Suider-Afrika
waarop FertASAhomgaan toespits, is Lesotho, Swaziland, Botswa-
na, Angola, Zimbabwe, Zambië, Mosambiek enMalawi. Die vereni-
ginghet reeds twee lede inZimbabwe –Chemplex enZFC.
Pannar se afgevaardigdes op die FertASA-kongres is, van links: Dirk
Coetzee (landboukundige), Riaan Jacobs (proewe-assistent), Mar-
tin Bullock (besigheidsontwikkelingsbestuurder), Pieter Rademeyer
(produkbestuurder) enJoePayne (landboukundige).
Foto:Hans Lombard
Prof Hannes Rautenbach (Water Instituut, Universiteit van Pretoria) en
dr Pieter Hauman (Graslandondernemings).
Foto: Petru Fourie, GraanSA
Agribesigheidenwaardekettings inAfrika
Dr John Purchase (hoof uitvoerende beampte: AgBiz) het die rol
beskryf van agribesigheid ten opsigte van voedselsekerheid en die
versekering van globalemededingendewaardekettings in die breër
agro-voedselsektor.Hywas ‘n spreker opdie54ste jaarliksekongres
van FertASA.
Hy het gesê dat volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en
Landbou-organisasie (VLO) beteken voedselsekerheid “‘n situasie
waar alle persone, ten alle tye, fisiese en ekonomiese toegang tot
voldoende, veilige en voedsame voedsel het om aanhulledieetkun-
dige behoeftes en voedselvoorkeure te voorsien vir ‘n aktiewe en
gesonde lewe.”
In hierdie opsig, het hy gesê, het Suid-Afrika in die algemeen ‘n
goeie vlak van voedselsekerheid en beklee dit die nommer een
posisie in Afrika. Suid-Afrika het ‘n betreklike goed ontwikkelde
agribesigheidsektor.
“Agribesigheid kan ‘n kritieke rol speel as stukrag in ekonomiese
transformasie in Afrika deur die ontwikkeling van agro-gebaseerde
nywerhedewat werkverskaffing en inkomste kan voorsienwaaraan
daar ‘n groot behoefte is. Suksesvolle belegging in agribesighede
stimuleer landbougroei,” sêPurchase.
Op ‘n kontinent betreklik ryk aan natuurlike hulpbronne, is daar
groeiende kommer oor Afrika se toenemende invoer van landbou-
produkte. Suid-Afrika isnog ‘nnetto-uitvoerder van landbouproduk-
te, maar Purchase wys daarop dat daar ‘n duidelike tendens is dat
hierdie surplus in landbouhandel stadig besig is om af te neem. Die
uitdaging is om landbouproduksie te stimuleer, spesifiek ook met
betrekking tot opkomendeboere.
Prof Johan van Rooyen, direkteur van die Standard Bank Sentrum
vir die Ontwikkeling van Agribesigheidsleierskap en -mentorskap,
Universiteit Stellenbosch, het gesê dat landbou in Afrika nie stag-
neer nie.
Produksie het van 300 miljoen ton in 1984 toegeneem tot byna
750miljoen ton in2006.Met ‘ngroenrewolusiekanAfrikadiewaarde
van sy landbouproduksie verhoog van US$280 miljard in 2011 tot
meer as US$500 miljard teen 2020 en US$880 miljard teen 2030.
Dit sal ‘nvraagna ‘nhele reeks stroomop-produkteen -dienste skep.
Teen 2030word agribesigheid inAfrika geprojekteer op ‘nUS$1 tril-
joen industrie in Afrika suid van die Sahara. Landbou in Afrika het
meer asUS$100miljoen inprivaatbeleggings indieeerstehelftevan
2012gelok, vergelekemet US$50miljoen vir diehele2011. Standard
Charteredhet US$74miljoenvroeg in2013belêom ‘n aandeel indie
graan- en kunsmishandel in Afrika suid van die Sahara te bekom. ‘n
VerdereUS$20miljoen is inZimbabwe se tuinbousektor belê.
Vroue inAfrikaproduseermeestevandievoedsel. Togontvanghulle
slegs5%van landbouvoorligtingsopleidingenminder as10% lande-
like krediet. Hulle verteenwoordigminder as ‘n kwart van die land-
bounavorsers. “Hierdie realiteit moet as ‘n prioriteit aangespreek
word indien die produksie van opkomende boere verhoog en ge-
kommersialiseermoet word,” het VanRooyenbeklemtoon.
Dr Jack Armour, Vrystaat Landbou se bedryfsbestuurder vir grond-
hervorming en plaasbestuur, het die kwessie van dualisme in die
landbou aangespreek. Hy het daarop gewys dat in ontwikkelde
ekonomiese lande daar groot steun is vir opkomende boere sowel
as vir stedelike landbou.
Met ‘ngroeiendewêreldbevolkingmoet alleproduksiekanaleonder-
steun word om volhoubaarheid en voedselsekerheid te bevorder.
“Diekunsmisbedryf salmoet aanpasomal hierdienismarksegmente
tedien,” het hygesê.
Gedaanteverwisseling...
1...,28,29,30,31,32,33,34,35,36,37 39,40,41,42,43,44,45,46,47,48,...100
Powered by FlippingBook