SA Graan Julie 2014 - page 27

FOKUS
Bemesting
Spesiale
Produk-inligting
Die rol vangrondbiologie in
grondvrugbaarheid
D
ie volhoubaarheid van landbou-ekosisteme berus op die
gesondheid vangrond engevolglik opgrondvrugbaarheid.
Dit word bepaal deur die interaksies tussen drie
hoofkomponente, naamlik die fisiese, chemiese en biolo-
giese eienskappe vangrond.
Tans word die fisiese en chemiese eienskappe beter verstaan,
terwyl dit steeds moeilik is om die biologiese status van grond te
definieer omdat dit sodinamies is enoor ‘nbaie korter tyd verander
as die fisiese en chemiese eienskappe. Dit is egter belangrik om
grondbiologie in ag te neem, omdat landboupraktyke wat die
fisiese en chemiese eienskappe beïnvloed, ook ‘n effek het op die
biologiese komponent. Die lewende komponent van grond bestaan
uitmikrobes asookmikro-,meso- enmakro-fauna. Alhoewel hierdie
organismes slegs ‘n klein fraksie van grond uitmaak, is hulle rol in
grondvrugbaarheidvankritiekebelangomdathulle ‘nverskeidenheid
funksies verrigwat voordelig is vir plante enwat gekoppel is aandie
fisiese en chemieseprosesse.
Grondorganismes is die volopste in die boonste deel van grond
en veral die mikrobes (bakterieë en fungi) stel voedingstowwe
beskikbaar uit organiese materiaal. Organiese materiaal is nodig
vir die sirkulering van voedingstowwe en vir aggregasie van grond.
Wanneer grondmikrobes organiese materiaal ontbind, gebruik
hulle die koolstof en voedingstowwe in die organiese materiaal
vir hul eie groei en stel dan die res van die voedingstowwe vry in
die grond vanwaar dit beskikbaar is vir opname deur plante. Ander
belangrike funksies van grondmikrobes sluit in die afbreking van
ongewenste chemiese verbindings; verbetering van grondstruktuur
deur die vorming van mikro-aggregate; vaslegging van stikstof en
die verhoging van beskikbare fosfaat. Laasgenoemde vind plaas
wanneer plante simbioses vorm met fungi wat bekend staan as
arbuskulêremikorisa. Die hifes van die fungi strek vanaf diewortels
vanplante indiegrond inenkanophierdiemanier fosfaat bereikwat
dieplant self nie kannie.
Soortgelyk isdaar bakterieëwat vasgelegde fosfaat helpmobiliseer.
Die fungi en/of bakterieë voorsien dan fosfaat aan die plante en
in ruil daarvoor kry hulle koolstof wat noodsaaklik is vir groei. Die
mikrobes produseer dan weens hul metabolisme hormoonagtige
en groeistimulerende verbindinge wat die plante se groei en
saprofitiese organismes se metabolisme beïnvloed. Die fauna wat
ingrondvoorkom sluit in: Protosoë,myte, collembola (springsterte),
nematode, erdwurms, kewers en termiete. Hierdie organismes
voer ook noodsaaklike prosesse uit wat grondvrugbaarheid en die
langtermyn gesondheid van grond bevorder. Dit sluit in: Afbreking
van organiese materiaal; beheer van patogene; verbetering en
onderhoud van grondstruktuur en vermenging van organiese
materiaal deur grond. Erdwurms is ook bekend daarvoor dat hulle
bydra tot die beskikbaarheid van voedingstowwe wanneer grond
deur die spysverteringskanaal beweeghet enweer uitgeskei word.
By Profert verstaan ons die komplekse interaksie tussen landbou-
chemie en die noodsaaklikheid daarvan om die korrektemikrobiese
aktiwiteit in die land daar te stel. Profert beskik oor die nodige
snykantprodukte om beide aan te spreek en bied ‘n omvattende
agronomiese diens wat gepaste landboupraktyke evalueer, imple-
menteer enmoniteer.
LEONVANRENSBURG,
Profert Kunsmis
Belê in jougrond
Belê in jou
toekoms
Die leiers
inbiologiese
en tegniese
oplossings
|
|
Hoofkantoor:0182933530
|
Sentralestreek:0562129565
|
Kaapstad: 0219464292
|
KwaZulu-Natal:0875501897
|
OosKaap:0414862365
|
Reg No: 1999/08046/7
1...,17,18,19,20,21,22,23,24,25,26 28,29,30,31,32,33,34,35,36,37,...100
Powered by FlippingBook