SA Graan Julie 2014 - page 35

FOKUS
Bemesting
Spesiale
Kombineer stikstof- en swaeltoedienings
na-plant vir diebeste voordeel
33
July2014
Produk-inligting
ERIKADRIAANSE,
bestuurder: Tegnologie en Spesiale Projekte, Sasol Nitro
S
tikstof (N) en swael (S) is beide makro-voedingselemente
wat vir proteïensintese in gewasproduksie onontbeerlik is.
Een van die redes waarom S-tekorte toenemend voorkom,
is verhoogde produksie per hektaar. Verder was daar ook ‘n
drastiese afname in atmosferiese S-bydraes weens strenger lugbe-
soedelingsmaatreëls.
Suurreën indievormvanswaelsuurnabysteenkool-kragstasiesenan-
dernywerhedehet dus feitlikverdwyn.Daarwasook ‘n toename indie
gebruik van kunsmis wat geen S bevat nie, soos mono-ammonium-
fosfaat (MAP) ten kostevanenkelsuperfosfaatwat 13,2%Sbevat.
Die totale opname vanN vir elke tonmielies is byvoorbeeld 25,9 kg
terwyl die totale opname van S 2,4 kg vir elke ton mielies is. Net
so is dit vir koring 28,3 kg N/ton en 4,5 kg S/ton, vir sonneblom is
dit 37,4 kg N/ton en 5 kg S/ton en vir aartappels 5,9 kg N/ton en
0,34 kgS/ton.
Hoewel diehoeveelheidSwat relatief tot Nopgeneemwordveelmin-
der is, is S-voorsiening nieminder belangrik nie. Plante is selfsmeer
verpot envergeelwanneerSontbreekaswanneerNontbreek (
Foto1
).
Beide N en S kom in die grond in organiese materiaal voor wat
slegs námineralisasie plant-opneembaar is. Die anorganiese vorms
waarin N opgeneem word, is nitraat en ammonium en vir S is dit
in die sulfaatvorm. Beide nitraat-N en sulfaat-S word egter onder-
werp aan loging. Hoewel die toediening van ‘n gedeelte van die N
sowel as S voor-plant en met-plant geregverdig kan word, gaan dit
dikwels gepaard met logingsverliese en gevolglik dan ‘n tekort aan
beide voedingstowwe wanneer die meeste na-plant benodig word.
Daar bestaan ook ‘n sinergistiese werking wanneer beide N en S
gesamentlik teen later groeistadia toegedienword.
Soos met aanbevelings vir die toediening van alle voedingstowwe,
behoort daar wetenskaplike regverdiging vir N- en S-toedienings te
weesenbehoort rendement ophierdie insettehiervolgensverwag te
word.Wetenskaplike regverdigingword veral deur grondontledings,
maar ook plantontledings gedurendedie seisoen verkry.
Grondontledings behoort verkieslik van die bo- en ondergrond af-
sonderlik geneem te word. Verder behoort spesifieke ontledings-
metodes gebruik te word waarvoor drempelwaardes bekend is.
Plantmonsters behoort volgens voorskrif vir betrokke gewasse en
groeistadia geneem te word. Net so is dit kritiek belangrik om die
regtedrempels vir bepaaldegewasse engroeistadia tegebruik.
Die voorkoms van N- en S-tekortsimptome is ‘n aanduiding dat die
voorsieningvandieelementenienawensebestuur isnieenbehoort
daarom voorkom te word. Regstellings van sulke drastiese N- en S-
tekorte kan wel effektief wees, mits dit vroegtydig, voor blomtyd
gedoenword. Wanneer grond- en plantontledings na-plant geneem
word, is daar soos reeds aangedui, ‘ngoeie kans, veral inmeer san-
derige gronde wat min organiesemateriaal bevat, dat beide N en S
beperkend sal wees.
Mengsels van KAN en ammoniumsulfaat soos in die Sasol Nitro
korrelproduk, KANAS, kombineer voordele van beide produkte.
Hierdie produk bevat 26,25% N, 6% S, 2,9% Ca en 1,7%Mg. Die
Ca enMg is afkomstig van 15% dolomitiese kalk wat in die produk
teenwoordig is. Die verhouding van N:S stem nou ooreenmet die
behoeftes van baie gewasse. N en S behoort egter op sanderige
gronde teen meer as verwagte verwydering toegedien te word
aangesien logingsverliese kan plaasvind en benutting gewoonlik
nie naby 100% is nie.
Nword in die verhouding 60% ammonium-N en 40% nitraat-N voor-
sien, hoewel die kalk in die produk die omsetting van ammonium
na nitraat sal versnel en dit dus vinnig nader aan die ideale verhou-
ding van 25% ammonium-N en 75% nitraat-N sal bring. Alle S is in
die direk opneembare sulfaatvorm. Elementêre S in sommige ander
produktemoet eers nadie sulfaatvormomgeskakel word voordat dit
vir opnamebeskikbaar sal wees.
Hierdie proses kan maande of jare duur en is terselfdertyd van
verskeie omgewingsfaktore afhanklik. Relatief groot hoeveelhede
KANAS kan uitgestrooi of gebandplaas word sonder dat enige tok-
siese effekte sal voorkom.
Let Wel: Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde landboukundige vir meer
lokaliteit-spesifieke toepassings.Die riglynewaarna inhierdieartikel
verwysword, is onder spesifieke omstandighede afgelei en daarom
niealgemeenenonder alleomstandighede toepasbaar nie.
1: Volledige plantvoeding van mielies teenoor scenario’s waar
stikstof (N), fosfor (P), kalium (K), magnesium (Mg) en swael (S)
respektiewelikontbreek.
Foto: Yara Internasionaal
1...,25,26,27,28,29,30,31,32,33,34 36,37,38,39,40,41,42,43,44,45,...100
Powered by FlippingBook