SA Graan Julie 2014 - page 29

27
July2014
van ontledings en met behulp van kundige
advies. Indien suur gronde wat mielies as
voorafgaande gewas gehad het, bekalk
word,moet dieeffekvanonkruiddoderswat
vasgelêwasenkan loskom ingedagtegehou
word. Bandplasing van voedingstowwe
in grond met meer as 15% klei het in
meeste gevalle nie ‘n opbrengsvoordeel
nie. Breedwerpige uitstrooi van fosfaat en
kalium voor die maak van ‘n saadbed toon
‘ngroter reaksie.
Sojabone se grootste behoefte aan voe-
dingstowwe is in die tweede helfte van die
groeiseisoen. Die breedwerpige uitstrooi
van voedingstowwe word beter benut
deur die wydverspreide, fyn wortels in die
boonste20 cmvandiegrond. In sandgrond
met ‘n laeklei-inhoud, reageer sojabonewel
op bandplasing van kunsmis. Die kunsmis
moet 5 cm langs enonder die saadgeplaas
word, om die risiko van brandskade op die
saailing, sowel as Rhizobium-bakterieë
te beperk. Die klein sojaboonsaailing se
wortels is baie sensitief en word maklik
gebrand deur die hoë konsentrasies soute
in kunsmis as dit te naby aan die saad
geplaasword.
Bemestingshoeveelhedemoet bepaal word
volgens ‘n grondontleding en die op-
brengsdoelwit van elke land (
Tabel
1
en
Tabel 2
). Fosfaat en kalium moet
aangespreek word om dit op voldoende
vlakke te kry.
Fosfaat is noodsaaklik vir vroeë wor-
telontwikkeling en vir die oordrag van
energie in die plant, terwyl kalium
noodsaaklik is vir die vorming van
stikstofbindende knoppies saam met
Rhizobium-bakterieë. Verder is kalium
noodsaaklik in die stikstofbindingsproses
en vir die vervoer van voedingstowwe en
proteïenedeur dieplant.
Sojaboonplante wat genoeg kalium
beskikbaar het, kan droë periodes beter
hanteerasdiéwateffense tekortehet.Klein
hoeveelhede stikstof (10 kg - 25 kg N/ha)
kan vroeë groei bevoordeel om sterker
plante te verseker, maar in die meeste
gevalle sal dit nie opbrengs bevoordeel
nie. Hierdie lae stikstofvlakke sal nie
die ontwikkeling van stikstofbindende
Rhizobium-bakterieë benadeel nie. ‘n
Mens lees baie dat die Suid-Afrikaanse
sojaboonoes se proteïeninhoud laer is
as dié van ander lande. Die gereelde
droogteperiodes wat ons ervaar in die
tweede helfte van die groeiseisoen, is
grootliks hiervoor verantwoordelik. Dan
is daar ook baie navorsing wat wys dat
ligte kaliumtekorte ‘n groter invloed het
op die proteïeninhoud van die sojabone as
opbrengs.
Baie vanSuid-Afrika segrond is relatief arm
aankalium, of dit isniealtydvir dieplant be-
skikbaar nie. Om goeie kwaliteit sojabone
te produseer sal ekstra kaliumbemesting,
by grond wat voldoende ontleed is, tot
voordeel van elkeprodusent wees.
Sojabone het ‘n hoë swaelbehoefte. By
grond wat bekend is vir swaeltekorte of by
lae kleigronde, kan daar met swael bemes
word. Tot 15 kg S/ha kan met veiligheid
toegedien word. Magnesiumtekorte is
die ander element wat ‘n groot invloed op
opbrengs het. By grondmet ‘n hoë pHwat
wel tekorte toon, kan daar tot 2,5 kgMg/ha
bybemestinggevoegword.
Molibdeen is essensieel vir die binding
van stikstof deur knoppiesbakterieë en die
vervoer vanproteïene indieplant. Bygrond
pH laer as 5 is molibdeen onbeskikbaar vir
opname en moet ekstra toegedien word.
Lae hoeveelhede (80 g/ha tot 150 g/ha
molibdeen) as ‘n saadbehandeling of in die
plantvoortjie toegedien, sal die probleem
aanspreek.
Soos aan die begin van die artikel
genoem, reageer sojabone baie keer nie
op toegediende bemesting nie. Dit is nie
‘n rede om sojabone nie te bemes nie. Die
groot hoeveelheid voedingstowwe wat
sojabone verwyder, moet aangespreek
word in ‘n volhoubare boerderystelsel.
Dit kan baie maklik tydens saadbed-
voorbereidinggedoenwordofmetdie totale
bemestingsprogram van die voorafgaande
of opvolggewas. By lande met ‘n relatiewe
lae voedingstatus is dit beter om jaarliks
te bemes teenoor lande met ‘n goeie
voedingstatus wat elke tweede jaar op ‘n
wisselbougewas bemes kanword.
As jy die grond gesond hou, sal die grond
vir jou sojabone sorg – wat ‘n goeie op-
brengs lewer.
Omgoeie kwaliteit sojabone teproduseer sal ekstra kaliumbemesting, bygrondwat voldoendeontleed is, tot voordeel van elke produsentwees.
SAGraan/Sasol Nitro
fotokompetisie –
JohanNorval 2011
1...,19,20,21,22,23,24,25,26,27,28 30,31,32,33,34,35,36,37,38,39,...100
Powered by FlippingBook