SA Graan April 2014 - page 56

‘nMens kanook hondsdolheidopdoendeur aanrakingmet die virus
wat in die speeksel van die aangetaste dier aanwesig is, as die virus
deur slymvliese of barsies of snytjies in die vel dring. Die afslag of
opsny van ‘n dier met hondsdolheid is gevaarlik veral wanneer die
speekselkliere endiebreinblootgestel word.
Siektetekens bymense
‘n Progressiewe brein- en rugmurgontsteking ontwikkel. Van die
eerste tekens van hondsdolheid by die mens is erge hoofpyn,
angs, ligte spierpyne, koors en braking. Daar kan ‘n verandering in
die persoon se stemtoon wees en die persoon sluk moeilik weens
verlammingvandieslukspiere.Diekeel vandiepersoon isgewoonlik
nie seer nie.
Die persoon kan hidrofobie (vrees vir water) ontwikkel. Later
ondervind die aangetaste persoon oormatige speekselafskeiding,
stuiptrekkings, verlamming, koma endaarna treediedood in.
Hondsdolheid is ‘ndodelike siekteenpraktiesgesproke isdaar geen
kans opherstel nadat diepersoon siektetekens begin toonhet nie.
Siektetekens by diere
Die broeitydperk (inkubasieperiode) by die dier kan so kort as sewe
dae wees, maar is gewoonlik twee of agt weke en soms tot so
lank as ses maande ná blootstelling. Die basiese tekens is dié van
gedragsverandering.Diehondvertoondrievormsvanhondsdolheid,
naamlik diedol, lamof stom, en atipiese vorm.
Die dol vorm
Die hond se gedrag verander. Die hond kan skaam, liefderyk,
rusteloos of prikkelbaar word of enige kombinasie hiervan toon.
Oormatige speekselvloei kan voorkom en die onvermoë om te sluk
kan vloeistofinname verhoed. Die simptome van watervrees kom
oënskynliknieonderdierevoornie.Diehondgaandan ‘nopgewonde
of rasende stadium in, waartydens hy dol raak en enige voorwerp
byt. Hy tjank en blaf sonder rede. Ná die opgewonde stadium tree
dieverlamdestadium in.Diebekkanoophangasdiekouspierverlam
raak. Diehondgaan later in ‘n koma endiedood volg.
Die lam of stom vorm
Na ‘n aanvanklike stadium van abnormale gedrag, word die dier
spoedig terneergedruk, verlam, bewusteloos (komateus) en die
dood volg. Indien die hond in die lam stadium versteur word, kan
hy nogtans byt.
Atipiese vorm
Geenduidelike kliniese tekenswaarop ‘nvastediagnosegemaak kan
word, is sigbaar nie. Gelukkig is dié vormbaie seldsaam.
Diagnose van hondsdolheid by diere
Die siektetekens en geskiedenis by diere help om ‘n diagnose te
maak. Bevestiging van die diagnose is deur die fluoresserende
teenliggaamtoetse enhistologiesebreinsnitte.
Watmoet gedoenwordwanneer ‘n dier
jou gebyt het?
Laat die dier vang en plaas dit in ‘n veilige plek van aanhouding.
Wildediere sal geskietmoet word,maar diebrein vandiedier is
nodig vir analise enmoet dus niebeskadigwordnie.
Stel jou staats- of privaatveearts onmiddellik in kennis van die
vermoedelike hondsdolheidsgeval sodat verdere optrede ten
opsigte van diagnose van hondsdolheid by die dier en ander
beheermaatreëls sogoudoenlik toegepas kanword.
Beskou elkebyt van ‘ndier sonder uitlokking as gevaarlik.
Laat die wond, indienmoontlik, vrylik bloei. Dit sal help om die
virus uit diebytplek te spoel.
Was diewond ‘npaar keer deeglikmet seep enwater.
Meld die persoon wat gebyt is, so gou as moontlik by ‘n
geneesheer aan vir intensiewe behandeling. So ‘n persoon kry
inentings teen hondsdolheid en ander terapie (toediening van
antiserum en antibiotika) sal ook gegee word. Wonde word
gewoonlik nie toegewerk nie.
Persone wat in aanraking was met die dol hond net voor die
siektetekens verskyn het of gedurende die fasewaarin die hond
siekwas,moet homook by ‘ngeneesheer aanmeld vir inentings
teen hondsdolheid. Die virus wat hondsdolheid veroorsaak
kan reeds in die speeksel aanwesig wees voordat die dier
waarneembare siektetekens toon.
Voorkoming en beheer
Hondsdolheid by diere is ‘n siekte wat deur die staat beheer
word. Enige vermoede van hondsdolheid onder diere moet by ‘n
staatsveearts aangemeld word. Die staat sal kwarantyn, inentings-
programme en ander beheermaatreëls toepas.
Eienaars van troeteldiere (honde en katte) moet toesien dat hulle
dieregereeld teenhondsdolheiddeur ‘nprivaatveearts of soos deur
‘n staatsveearts gereël, ingeëntword. Dieeienaarsmoet sekermaak
dat hulle in besit is van ‘n geldige inentingsertifikaat vir vervoer- en
rekorddoeleindes.
Raadpleeg jou veearts vir verdere inligting en beheer van honds-
dolheid in troetel-, wilde- enplaasdiere (beeste).
Opvoedingvanen inligtingaandiepubliek aangaandehondsdolheid
is noodsaaklik.
OP PLAASVLAK
Diere
VEE- ENWILDFAKTOR
© 2013PHII.
TheDuPont Ovaal Logo is ‘n
geregistreerde handelsmerk vanDuPont.
®,SM,TM
Geregistreerde handelsmerk vanPioneer.
‹7OI @ 9
‹7OI @ 9
‹7OI @ 9
SOJA
disbeterbyPioneer!
.co.za
L/4719/Pioneer
1...,46,47,48,49,50,51,52,53,54,55 57,58,59,60,61,62,63,64,65,66,...92
Powered by FlippingBook