SA Graan April 2014 - page 54

April 2014
52
h
ondsdolheid is ‘n dodelike siekte en primêr ‘n siek-
tetoestand wat in diere voorkom ná besmetting met
die hondsdolheidvirus. Dit is ‘n direkte soönose en die
mens doen gewoonlik die besmetting op deurdat hy
gebytworddeur ‘nbesmettehond,meerkat, kat of ander
soogdier of deur die hantering van lewende of dooie
besmettediere.
Alle soogdiere skyn vatbaar te wees vir hierdie gevreesde siekte.
Waar diere dié siekte onder lede het, gaan dit gewoonlik met
duidelike gedragsafwykings gepaard, soos wanneer mak diere
skielik aggressief raak enwildedieremak raak.
Gewoonlikworddie siekte tussendiereoorgedradeur diebyt van ‘n
besmette dier.Mens-tot-mens-oordrag ismoontlik. Oorplanting van
diehoringvlies vanaf ‘nbesmette skenker het al hondsdolheidbydie
ontvanger veroorsaak.
Bronne van besmetting
Oor diealgemeenwil dit voorkomasof dieenigstegasherewaarin ‘n
werklike draertoestand kan bestaan, dit wil sê ‘n toestand waar die
gasheer die siekte kan oordra sonder om self siektetekens daarvan
te toon,moontliksekerevlermuiseof stinkmuishonde (indieVSA) is.
In die vrye natuur word hondsdolheid hoofsaaklik versprei deur
muishonde, meerkatte, muskeljaatkatte en tot ‘n mindere mate
deur wildekatte en jakkalse. Op plase en op plattelandse dorpe of
woongebiede speel honde en veral rondloperhonde ‘n groot rol in
die verspreiding vanhondsdolheid.
Herkouers (byvoorbeeld beeste en koedoes) is normaalweg die
eindgashere van hondsdolheid. Omstandigheidsgetuienis en
eksperimentele ondersoeke gedurende hondsdolheidplae in
Namibië onder koedoes dui egter daarop dat die hondsdolheidvirus
van koedoe tot koedoemoes versprei het.
Ander name
Ander name waaronder hondsdolheid bekend staan, is rabies of
hidrofobie as gevolg van die slagoffer (slegs by diemens) se vrees
virwater.
Verspreiding
Hondsdolheid kom in baie wêrelddele voor en is wydverspreid in
Suider-Afrika, soos Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek,
Namibiëenookandergebiede. Indiehondsdolheidbeheerdegebiede
geld sekere bestrydingsmaatreëls om die siekte doeltreffend te
beheeren teprobeervoorkom. Inentingvanhondeenkatte inhierdie
gebiede is verpligtend endié troeteldieremag slegs aangehouword
onder dekking van ‘n permit, verkrygbaar by beamptes van die
NasionaleDepartement van Landbou.
Dieresoorte betrokke by hondsdolheid
Alle warmbloedige diere kan draers van hondsdolheid wees en
veral die volgende: Meerkatte (rooi- en stokstertmeerkat); honde
(mak en wild); mak en wilde katte (soos die muskeljaat-, rooi- en
swartpootkat); beeste; koedoes (veral inNamibië); dassies; jakkalse
(soos die rooibakoor- enmaanhaarjakkals); strandwolf; hiëna;muis-
hond; en ratel.
InSuid-Afrika is diemeeste knaagdiere enhaassoortenienoemens-
waardig betrokke by die oordra van hondsdolheid nie. Insek- en
vrugtevretende vlermuise inSuid-Afrika kan ook aan die oordra van
hondsdolheidgekoppel word.
Die uitken van dierewat vermoedelik
hondsdolheid onder lede het
Dit is kenmerkend dat hondsdolheid die gedragspatroon van diere
beïnvloed. Wilde diere word makker en mak diere (byvoorbeeld
huisdiere) wilder. Indien ‘n dier met ‘n abnormale gedragspatroon
opgemerkword,moethondsdolheidaltydoorweegword.Meerkatte,
jakkalse en koedoes wat normaalweg wild is, kan baie mak raak
indien hulle die siekte onder lede het. Wilde katte en honde asook
ander dieresoorte kanook rasend-aggressief raak enbyt.
Mak diere soos honde en katte raak aggressief en sal ‘n mens
onder uitlokking aanval en byt. Nie elke dier met hondsdolheid sal
egter mense of ander diere aanval nie. Diere met hondsdolheid
kwyl gewoonlik baie omdat hulle slukspiere verlam is. Beeste met
hondsdolheidbulkmoontlik aanhoudend.
Dit is raadsaam en noodsaaklik om onmiddellik ‘n veearts te
raadpleeg aangaande enige gedragsverandering by jou diere ten
einde ‘n diagnose te kry om vroegtydig voorsorgmaatreëls te kan
tref.
Hoe doen ‘nmens hondsdolheid op?
Die hondsdolheidvirus kom grootliks in die speeksel van die
aangetaste dier voor. Die virus kan nie deur die mens se intakte
vel dring nie, maar dring die liggaam binne deur sny- en bytwonde
asookdie slymvlies (byvoorbeeldvandieneus-, oog- ofmondholte).
Die mens doen hondsdolheid hoofsaaklik op deurdat hy deur ‘n
hondsdol dier gebyt word, veral met diep bytwonde. Die virus
beweeg langsdie senuweesnadiebreinenmoet dit bereik alvorens
diemens siektetekens begin toon.
‘n Persoon wat aan die voet gebyt is sal dus veel langer neem om
siektetekensvanhondsdolheid te toonas ‘npersoonwat indiegesig
gebyt is omdat die senuweebaan van die voet na die brein veel
langer is. Nadat ‘nmens deur ‘n dol dier gebyt is, kan dit van 15 dae
tot sesmaandeneem voordat siektetekens ontwikkel.
OP PLAASVLAK
Diere
Gevrees ehon sdolheidbekyk
JANDUPREEZ,
besturende direkteur: Instituut vir Suiweltegnologie
WILDFAKTOR
Vee- en
Reeks
1...,44,45,46,47,48,49,50,51,52,53 55,56,57,58,59,60,61,62,63,64,...92
Powered by FlippingBook