SA Graan Oktober 2014 - page 22

FOKUS
Diere
Spesiale
Oktober 2014
20
Optimalekuddestruktuur
vir ‘nwinsgewendebeesboerdery
V
roulike diere in ‘n vleisbeeskudde se ouderdomstruktuur
speel ‘n baie belangrike rol in die inherente vermoë van
die kudde omwinsgewend te kan produseer. Verskeie be-
stuursfaktorehet ‘ndirekte invloedopdievrugbaarheidvan
die kudde. Vrugbaarheid, of te wel die reproduksietempo van die
koeie, het weer op sy beurt die grootste bepalende invloed op die
ouderdomstruktuur vandie vroulikediere indie kudde.
Vleisbeeskoeie se produktiwiteit verskil by verskillende ouderdom-
me of pariteite (pariteit = aantal kalwers gebore). Die gemiddelde
tussenkalf-periode van vleisraskoeie in Suid-Afrika, na gelang van
die kalwingsnommer, word in
Grafiek 1
uitgebeeld.
Tweedekalf-koeie segemiddelde tussenkalf-periode (dieTKP tussen
die eerste en tweede kalf) is ongeveer 420 dae. Vleisraskoeie het
tipies die laagste gemiddelde tussenkalf-periodes vanaf hul vyfde
tot hul twaalfde pariteit – gemiddeld minder as 402 dae, met ‘n
gemiddelde tussenkalf-periode van ongeveer 398 dae vir alle kal-
wings tussen die vyfde en twaalfde kalwing. Hieruit volg dit dus dat
vleisbeeskoeie meer produktief raak namate hulle ouer word, tot
ongeveer hul negende kalf endanweerminder produktief is namate
hulleouerword.
Die gemiddelde speengewig van die kalwers van vleisraskoeie
in Suid-Afrika, na gelang van die pariteit van die kalf, word in
Grafiek 2
aangedui.
Uit al diekalwerswat geëvalueer is,wasdiegemiddeldespeengewig
nagenoeg215kgop205dae.Diegemiddeldespeengewigvaneerste
kalwers (kalwers van koeiemet pariteit= 1) was nagenoeg 203 kg.
Die speengewigte van die kalwers van koeie met hulle derde tot
hulle agtste kalwers, was gemiddeldhoër as 220 kg. Koeiewat hulle
tiende enmeer kalwers het, se gemiddelde speengewigte was laer
as dié van kalwers van eerstekalf-koeie (gemiddeld laer as 200 kg).
Uit hierdie gegewens is dit dus duidelik dat, in terme van die
speengewig van hulle kalwers, koeie meer produktief raak namate
hulle ouer word, tot en met hulle sesde kalf, waarna hulle weer
minder produktief wordnamatehul ouerword.
Normale seleksie- en uitskotpraktyke in ‘n vleisbeeskudde behels
gewoonlik die uitskot van alle nie-dragtige koeie na afloop van die
dekseisoen en die verkoop van alle verse wat nie aan die gekose
seleksienorme tenopsigtevanvisuele aanvaarbaarheid (funksionele
doeltreffendheid en rasstandaarde) en produksie (groeiprestasie
op speen- en dekouderdom) voldoen nie. Hierdie praktyke lei tot
‘n baie kenmerkende “ideale” kuddestruktuur, soos wat uitgebeeld
word in
Grafiek 3
.
Die verdeling volg ‘n tipiese negatiewe logaritmiese groeifunksie
en die waardes van die funksie is baie stabiel en verander nie veel
tussen verskillende produksiestelsels nie. Op ‘n gemiddelde basis
behoort nagenoeg 21% van die vroulike diere in die kudde onder
een jaar oud te wees in die droë seisoen en ongeveer 15% van die
vroulikedierebehoort tussendieouderdommevaneenen twee jaar
oud tewees opdieselfde stadium.
As gevolg van die uitskot van verse of koeie, wat hoofsaaklik plaas-
vind as gevolg van swak reproduksie, neem die persentasie vrou-
like diere per ouderdomsgroep teen ‘n baie voorspelbare koers af.
Die koers waarteen die vroulike diere in elke ouderdomsgroep
uitgeskot word (die erosietempo) is eweneens baie kenmerkend
en stabiel en kan dien as ‘n riglyn om ‘n kudde se struktuur en
produktiwiteit te evalueer. Vleisraskoeie inSuid-Afrika se gemiddel-
degerealiseerde erosietempoword in
Grafiek 4
uitgebeeld.
Die erosietempo vir verse is nagenoeg 25%
vir die periode van nul tot een jaar oud tot
een tot twee jaaroud, en20%virdieperiode
een tot twee jaar oud tot twee tot drie
jaar oud. Erosie by verse kan hoofsaaklik
toegeskryf word aan seleksie op grond van
voorkoms en produksie-eienskappe, maar
vrugbaarheid kan ook ‘n rol speel by die
ouer versewat gedekword.
Die erosietempo by eerstekalf-koeie is
gewoonlik redelik hoog (nagenoeg 17,5%)
en vir koeie daal die erosietempo tot so
laag as 15% per ouderdomsgroep namate
hulle ouer word tot by ongeveer hul sesde
kalf (agt tot nege jaar oud), waarna dit
weer begin styg. Koeie word hoofsaaklik
uitgeskot opgrondvan swak reproduksieen
die lae speengewig vanhul kalwers.
‘n Winsgewende vleisbeeskudde vereis ‘n
trop koeie waarvan die meerderheid meer
CHARL HUNLUN,
SAStamboekvereniging
Grafiek 1: Diegemiddelde tussenkalf-periode vanSuid-Afrikaanse vleisraskoeie, volgens pariteit.
1...,12,13,14,15,16,17,18,19,20,21 23,24,25,26,27,28,29,30,31,32,...124
Powered by FlippingBook