SA Graan Oktober 2014 - page 17

15
October 2014
Wat grondhervorming betref, het Zokwana gesê die ANC-regering
word deur diewet gerig en sal nie plase afneem sonder vergoeding
nie. Produsentemoet hulleooknie laat afskrikdeurbangmaakstories
hieroor nie. “Ons het die hulp van produsente nodig om hul bure te
helpombeter teboer,“ het hygesê.
Volgens mnr Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van
Graan SA, is elke mieliepit wat in Suid-Afrika geplant word, ’n
belegging teen armoede. Die vestiging van tien landbou-ont-
wikkelingskantore wat ’n totaal van 4 115 swart produsente in die
graanproduserende provinsies ondersteun, onderstreep Graan SA
se strategie om tot suksesvolle grondhervorming in Suid-Afrika by
te dra, terwyl dit huishoudelike sowel as nasionale voedselseker-
heid vir die nasie verseker. De Villiers het ook erkenning gegee aan
die befondsing van Graan SA se landbou-ontwikkelingsprogram
in die Oos-Kaap deur dieMielietrust en die subsidiëring van produ-
sente se produksiekoste deur die Grain Farmers Development
Association (GFADA).
“Swart produsente sukkel om finansiering te bekomomdat hulle nie
beskik oor die titelaktes van die grond wat hulle bewerk nie. Ek wil
’n pleidooi rig tot finansiële instellings om alternatiewe maniere te
vind om nuwe toetreders tot graanproduksie te akkommodeer,” het
DeVilliers bygevoeg.
Sohet hullegesê...
“Dit is ondenkbaar om te verwag dat nuwe
toetreders tot graanboerdery sonder onder-
steuning suksesvol moet meeding in die
mees kompeterende landboukommoditeits-
mark indiewêreld.
“Ek kan u verseker dat Graan SA sal doen
wat hy moet doen om te verseker dat
nuwe-era graanprodusente in die landelike
gebiede die geleentheid gebied word om
hulself te kanhandhaafmet diewaardigheid
wat hul verdien.“
“Hierdie geleentheid is ‘n mylpaal in die
uitwissing van armoede in die distrik en die
provinsie. Oor twee jaar sal die Oos-Kaap
niemeermieliesvandieVrystaat invoer nie,
maar dit self produseer.
“In die streek is die reënval en grond tot
ons beskikking om ons regmatige plek in te
neemwat mielieproduksie betref. Dit is ook
‘n ideale tyd om onsself te posisioneer om
vir die streek, provinsie en die land te pro-
duseer.“
“Dié streek is soos die tuin van Eden: julle
beskik oor goeiegrond en reënval.
“Doeltreffende boerderypraktyke op elke
hektaar grond sorgdat almal voedsel het. ‘n
Mens moenie dink as jy net ‘n klein stukkie
grond het, kan dit nie effektief benut word
nie. Landbou se suksesvolheid behoort ge-
meet te word aan volhoubare produksie op
elkehektaar grond.
“Sake wat ontwikkelende produsente knie-
halter om hul doelwitte te bereik, is produk-
sielenings, trekkers enwerktuie, grondsake,
gehaltevangrond, ondersteuningenadvies
asook gebrekkige voorligtingsdienste.”
LouwSteytler, voorsitter vanGraanSA
VictorMongoato, vise-voorsitter van
GraanSA en seremoniemeester
JaneMcPherson, programbestuurder:
GraanSAOntwikkelingsprogram vir
Produsente
3: Kort voorminister Zokwana se vertrek, het
hy tyd ingeruim vir ‘n foto saammet ‘ngroep
vandieprodusentewat deur dieMaclear-kan-
toor bedienword.
4: Benewens diepositiewe impakwat hierdie
kantoor opdieplaaslikegemeenskap sal hê,
het JanniedeVilliers namensGraanSA ’n
kopieerder/drukker aanConstanceNdakisa
(links), hoof vandie Joelshoek-plaasskool net
buiteMaclear, enhaar kollega,MobuntuMthi,
oorhandig.
3
4
1...,7,8,9,10,11,12,13,14,15,16 18,19,20,21,22,23,24,25,26,27,...124
Powered by FlippingBook