SA Graan Oktober 2014 - page 14

12
GraanSAWinterreënvalstreek koördinerende-komitee vergader
‘nNuweGarsstudiegroep skopaf indieWes-Kaap
D
ie Graan SA Winterreënvalstreek koördinerende-komitee
wat uit streek 26 (Swartland) en streek 27 (Suid-Kaap)
se streeksbesture bestaan, het op 17 Junie in die Paarl
vergader.
Verskeie onderwerpe is in diepte bespreek wat insluit navorsing
in terme van medics, koringkultivars en nagmuise, die inname
van die 2013-garsoes, die koringtarief, graderingsregulasies,
bewaringslandbou in die Wes-Kaap asook die registrasie van
chemiesemiddels engrondhervorming.
MnrWesselLemmer (seniorekonoom,Bedryfsdienste,GraanSA)het
ook die geleentheid gehad om streek 26 en streek 27 bestuurslede
op hoogte te bring van die nuutstemarkinligting. Verslag is gelewer
rakende die Graan SA Ontwikkelingsbeen se werksaamhede in die
Wes-Kaapwat aspekte soos studiegroepvergaderings, die vestiging
vannetwerke,mentorskap, produsente- enplaaswerkeropleiding en
algemeneondersteuning insluit.
‘n Interessante voorlegging is deurmeRitaAndreas enmeMagrieta
Futhwa van die Nasionale Plaaswerkersforum aangebied. Hierdie
Plaaswerkersforum se hoofdoel is om ‘n platform vir kommunikasie
te skep. Die forumbestaan slegs uit plaaswerkers enplaaseienaars.
Hulle uitgangspunt is dat plaaswerkers hulself kan organiseer en
uit een mond praat en dat hulle nie nodig het om deur vakbonde
verteenwoordig te word nie. Hulle wil direk met plaaseienaars
werk en glo dat deur goeie kommunikasie, spanwerk en vertroue
daar positiewe verhoudinge gehandhaaf kan word wat sal lei
tot ‘n groter mate van produktiwiteit asook die opheffing van
plaaswerkers ten einde ‘n gesonde landbousektor te bewerkstellig.
Die verteenwoordigers van die Plaaswerkersforum is baie positief
deur die vergadering ervaar en daar word uitgesien na verdere
samewerking.
S
uid-Afrikaanse Brouerye (SAB) het onlangs ‘n nuwe inisia-
tief naamlik “Better beer, better barley” in die Wes-Kaap
van stapel gestuur waar hulle ondermeer ontwikkelende
produsente en kleinboere ondersteun om moutgars te
produseer.
Graan SA is genader om hierdie produsente met die nodige teg-
niese asook bestuursinligting te ondersteun ten einde ‘n hoëge-
halte produk te voorsien. Graan SA beoog dus om dié produsente
deur middel van prakties-georiënteerde studiegroepvergaderings
en opleidingskursusse van hulp te wees. Die eerste studie-
groepvergadering het op 23 Junie vanjaar plaasgevind en is goed
bygewoon.
Mnr Toit Wessels (ledebemarker: Kaapprovinsie) het die vergade-
ring geopenwaarna hy die produsente ingelig het rakende die doel
van die stigting van hierdie studiegroep asook oor Graan SA se rol
in die proses. Mnr Richard Krige (Graan SA hoofbestuurslid vir
streek 27) het ‘n voorlegging gegee oor die verskeie risikofaktore
waarvoor produsente moet uitkyk en klem gelê op ‘n pro-aktiewe
benadering deur middel van voorkoming en deeglike beplanning.
Daar was ‘n sterk fokus op onder meer die verskillende groeifases
vandiegarsplant, insek-ensiektevoorkomingen -beheer,weerstand,
chemiese regulasies en produkkwaliteit. Mnr Roelie Steyn (Profert)
het verder ‘n holistiese benadering in terme van kunsmistoedie-
ning met die produsente gedeel waar die kern van sy voorlegging
oor die balans tussen die grond, klimaat en die plant se behoeftes
gehandel het.
Me Liana Stroebel (provinsiale koördineerder, Graan SA) het pro-
dusente meer vertel oor Graan SA se opleidingskursusse en hulle
uitgenooi om die volgende finansiële bestuurskursus by te woon.
Die vergadering is afgesluit waarna die groep ‘n garsland besoek
het, waar die gesprekke voortgesit is. Verskeie vrae enonsekerhede
het opgeduik, wat dadelik aangespreek konword.
Verdere behoeftes word aangespreek deur middel van persoonlike
skakeling en plaasbesoeke na afloop van hierdie tipe vergaderings.
Ons glo dat die eerste Garsstudiegroepvergadering as ‘n groot
sukses bestempel kanword en sienuit nadiepadwat voorlê.
GRAAN SA
LIANASTROEBEL,
provinsiale koördineerder, Graan SA
LIANASTROEBEL,
provinsiale koördineerder, Graan SA
DieGraanSAWinterreënvalstreek koördinerende-komitee het op
17 Junie indiePaarl vergader.
‘n Interessante voorlegging is deur RitaAndreas enMagrieta Futhwa
vandieNasionalePlaaswerkersforum aangebied.
1: RichardKrigehet ‘n voorlegginggegee
rakendedie verskeie risikofaktorewaarvoor
produsentemoet uitkyk en klemgelêop ‘npro-
aktiewebenaderingdeurmiddel van voorko-
ming endeeglikebeplanning.
2:Gesprekke is bydie land voorgesit.
1
2
Oktober 2014
1...,4,5,6,7,8,9,10,11,12,13 15,16,17,18,19,20,21,22,23,24,...124
Powered by FlippingBook