SA Graan Oktober 2014 - page 12

10
Bestuurslede vir bydrae erken
“I
nelkeorganisasie isdaarmensewat bereid isomduisende
kilometers af te lê en honderde vergaderings by te woon.
Graan SAmoet erkenning gee vir diegene wat bereid was
om dit te doen – asook die vroue wat hul mans in staat
gestel het omhierdieopofferings temaak vir ‘ngroter saak.”
Dit was mnr Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, se boodskap
tydens ‘n geleentheid op 29 Julie te NAMPO Park, waar afskeid
geneem is van uitgetrede lede van die Hoofbestuur. Hy sê die tyd
het aangebreek dat goeie, gematigde Suid-Afrikaners moet sê wat
gesêmoet word, want allemense het aspirasies en het ‘n behoefte
om ‘n toekoms vir hul kinders te skep. Daarenteen is politici besig
om die samelewing te beduiwel. Hulle hou aan om, soos in die
verlede, kiesers te vertel wat hul wil hoor. “Die stem van redelikheid
sal egter altyd seëvier,” het hybygevoeg.
Mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder van Graan
SA) het gaste uitgedaag om ‘n nuwe toekoms vir landbou te help
skep, óf om bloot helde van die verlede te wees. Graan SA het ‘n
verantwoordelikheid om voort te gaan om leierskap in die bedryf
te demonstreer. “Ons beleef ‘n nuwe seisoen in landbou. Kom ons
begin deur iets beter vir die toekoms te skep deur nie net ons eie
belange te dien nie, maar ook die mense van hierdie land,” het
hy gesê.
Die funksie is ‘n jaarlikse instelling en word moontlik gemaak
deur die ondersteuning van Monsanto. Mnr Kobus Steenekamp,
besigheidsbestuurder vanMonsanto, het gesê dit is ‘n voorreg om
geassosieer te wees met Graan SA as hul belangrikste vennoot
in Suid-Afrika. “As ons terugsit, gaan ons verloorders wees,” het
Steenekamp as deel van syboodskap aandie landbouers gesê.
GRAAN SA
JOHANSMIT,
SAGraan/Grain
redaksie; foto’s:
ALZENAGOMES,
skakelbeampte: Graan SA
1: VolgensHannesOtto verbreed ‘nnouebetrokkenheidbyGraanSA
jou eie kennis en visie inboerdery. Hyhet diepersoneel vanGraanSA
bedank vir hul ywer, passie en toewyding. Sy vrou Ilze, hier saammet
hom afgeneem, het ‘n spesialedankie vanhomgekry vir haar inspirasie,
geduld enondersteuning.
2: “Onsmoet ons koppeoptel enuitsiennadieuitdagingswat in landbou
voorlê,” het AlfonsoVisser in sy afskeidsboodskapgesê. Saammet hom
opdie foto, is LouwSteytler, voorsitter vanGraanSA.
3: ‘nToekenning vir ‘n kwarteeu sediens is vir die eerste keer aan ‘n
personeellid vanGraanSAgemaak. PetroViljoenhet ‘n 25 jaar-diens-
toekenning vanAndries Theron, (GraanSA-vise-voorsitter) ontvang.
4: SamuelMemani spogmet 10 jaar diens aandieorganisasie.
Sy vrou, Josephine,was aan sy sy. Andries Theronhet sy serti-
fikaat oorhandig.
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10,11 13,14,15,16,17,18,19,20,21,22,...124
Powered by FlippingBook