SA Graan Oktober 2014 - page 16

14
Landbouminister openGraanSA
sederde kantoor inOos-Kaap
D
ie voetspoor van Graan SA se vestiging van nuwe pro-
dusente is verder uitgebrei toe ‘n derde landbou-ontwik-
kelingskantoor in dieOos-Kaap op 15Augustus vanjaar op
Maclear geopen is. Die Minister van Landbou, Bosbou en
Visserye,mnr Senzeni Zokwana, het dieopeningwaargeneem.
“Die Nasionale Ontwikkelingsplan stel dit duidelik dat landbou
die dubbele rol moet speel om voedsel en werk te verskaf. Die
Oos-Kaap is die gebied in ons land waar voedselproduksie, veral
mielie-, sojabone- en sorghumproduksie, uitgebrei kan word. Die
biobrandstofaanleg wat by Cradock opgerig gaan word, sal met
graansorghum bedryf word wat waarskynlik geproduseer sal word
deur die produsente wat vanuit hierdie kantoor bedien word,” het
Zokwana gesê.
“Ek raak baie opgewonde om swart produsente te hoor en sienwat
opbrengste lewer wat kommersieel mededingend is en wat met
enige van hulle wit kommersiële bure vergelyk kan word. Hierdie
program vanGraanSA enhulle vennotewys ons hoeomprodusen-
te te ontwikkel wat volhoubaar is en voedselsekerheid vir ons
kinders kan verseker. Ons moet dit versnel en ander kommoditeite
opdieselfde vlak aanboord kry.”
Zokwana het ook verwys na die uitbreiding van die mynbousektor
in Mpumalanga, wat ’n negatiewe uitwerking op graanproduksie
het, en die visie van Graan SA geloof om die produksie wat daar
verlore gaan, na dieOos-Kaap te laat migreer. Hy het bygevoeg dat
die regering hierdie gebied sal moet prioritiseer, veral ten opsigte
vangraanopberging en vervoernetwerke vir die streek.
“Ten einde voedselsekerheid in die land te bewerkstellig, moet
ons die Oos-Kaap aan die produseer kry. Boerdery het ’n toekoms.
Mynbou het ’n begin en ’n einde. Mynbou voed slegs ’n paar
aandeelhouers, terwyl landbou nasies voed,” het Zokwana aan
150nuwe-era kommersiëleprodusente enbelanghebbers gesê.
“Ons is bewus van die infrastruktuurbehoeftes van landbou in
hierdie provinsie en die beleggingswat ons beplan, sal ook daartoe
bydraomwerk indiedeel vandie land te skep.”
GRAAN SA
Oktober 2014
JOHANSMIT,
SAGraan/Grain
redaksie
1:Minister Senzeni Zokwana knip
die seremoniële lint ter opening van
GraanSA se kantoor opMaclear. Van
links: JanniedeVilliers, Vusi Ngesi
(GraanSA), LouwSteytler, Karabo
Peele (voorsitter:Mielietrust), Pitso
Sekhoto (AFASA&ASUF) enVictor
Mongoato.
2: Die eregastedeel ‘n foto-oomblik
voorGraanSA se kantoor indiehoof-
straat vanMaclear. Nagenoeg 1 648
ontwikkelendeprodusente-ledeword
deur dieOntwikkelingsprogram vir
Produsente indieOos-Kaapbedien.
VolgdiéQR-kode vir ‘n video-
uittreksel vandieminister se
toespraakof besoekGraanSA se
webbladby
.
co.za/playvideo.php?vid=
15&stripdesign=1
1
2
1...,6,7,8,9,10,11,12,13,14,15 17,18,19,20,21,22,23,24,25,26,...124
Powered by FlippingBook