SA Graan Mei 2014 - page 91

Mielie-inligtingsdag
wysaanprodusentedienuutste
M
onsanto se Centre of Excellence (COE) by Sardiensvlei
buite Bothaville het vanjaar op 13 Maart nagenoeg
200 produsente getrek om hul mielie-inligtingsdag by
tewoon. Produsente konhier die proefplaas se resultate
met toestandeophul eieplase vergelyk.
Besoekers het tydens die dag die geleentheid gekry om by verskeie
punte op die proefplaas te vertoef ommeer inligting te bekom oor
onder meer planters, nuwe kultivars, grondvog en ontwikkelings in
Monsanto sepyplyn.
Volgens mnr Paul Groenewald (landboukundige: Monsanto) is die
COE se hoofprioriteit vir die inligtingsdag om goeie kwaliteit en
betroubare data te genereer en inligting vry te stel wat vir produ-
sentebelangrik is.
Vir Monsanto om hierdie data te genereer, is daar toenemende
ontwikkeling in die toerusting wat gebruik word, soos hidrouliese
planters, grondvogmeters en dan ook die ontwikkeling van nuwe
produkte soos
Refuge in thebag
(RIB) en ander nuwe kultivars.
Hidrouliese planter
Monsanto se COE het ‘n Almaco Seed Pro 360-planter aangekoop
ommeer akkurate aanbevelings te kan maak. Vir die plant van ‘n
verskeidenheid proewe, volgensMonsanto se behoefte, het hulle ‘n
planter nodigwat hidrouliese verstellings kanmaak.
Die maatskappy het reeds proewe met die planter geplant. Die
doel hiermee is om kultivars, plantestand en grondpotensiaal in
korrelasie te bring, tesame met die meting van grondvog. So kan
uiteindelik bepaal word watter Monsanto kultivars by bepaalde
grondpotensialegeplaas kanwordomdie keusevanwatter kultivars
om te plant, vir die produsent makliker te maak. Inligting vir beter
bestuur van gewasse en vog is deurslaggewend en daarom put
Monsantowaardeuit dieplanter sowel as diegrondvogmeter.
Grondvogmeter
Dié meter van AquaCheck maak gebruik van twaalf sensors wat
elke halfuur grondvog op ‘n bepaalde diepte in die grond op ‘n
spesifieke gedeelte van die land en op ‘n sekere tydstip meet en
data oor ‘n tydperk van 40 dae stoor. Dit beteken dat die produsent
van sagteware gebruik kanmaakwat deurmiddel van ‘n satellietop-
name, wat aan die meter gekoppel is, digitale resultate van ‘n land
se grondvogmetings verkry. Op hierdie manier kan produsente
grondvogmeer doeltreffend bestuur, aangesien die resultate op ‘n
digitalewyse aandui watter dele van ‘n land tedroogof ténat is.
Refuge in the bag
Refuge in the bag
(RIB) is nog in die pyplyn vir Monsanto. Die
doel hiervan is om die aanplantingsproses van toevlugsareas in
‘n mielieland sowel as die weerstandsbestuur te vergemaklik. Die
voorgeskrewe persentasie van nie-BT pittewat in ‘n land as toevlug
geplantmoet word, is reeds bydieBR-pitte ingemeng.
Deur hierdie produk te gebruik hoef ‘nbepaalde persentasie vandie
land nie afgemeet te word spesifiek vir ‘n toevlugsarea nie, omdat
dienie-BTpittedeur diehele land versprei is. Hierdieproduk gee vir
die produsent die versekering dat die wetlike vereistes wat toevlug
betref, toegepaswordwanneer RIB-pittegeplant word.
Nuwe kultivars
Vanjaar is Monsanto se nuutste kultivars geplant, naamlik
DKC77-77BR en DKC78-79BR. Die DKC78-79BR-kultivar lewer
‘n goeie opbrengs en toon verbeterde resultate vergeleke met
Monsanto sevorige kultivars. Hierdie kultivar lewer groter koppeper
plant en het ook meer geharde saailinge wat minder gevoelig is vir
temperatuurskommelings.
DieDKC77-77BR-kultivar,Monsanto sehoogsteopbrengsmielie, het
‘n langer stingel wat vinniger sak en sodoende potensiële vogskade
uitskakel. Dié kultivar droogook vinniger af as ander kultivars.
Mnr Jurgens Fourie (produsent: Bothaville) het dit geniet om die
nuwe tegnologiewat opdiedaggeïllustreer is, te sienenhet verwag
om meer oor nuwe kultivars uit te vind. “Die nuwe kultivars wat
aangeplant is lyk baie belowend en dit was interessant om te sien
tot watter mate die data wat Monsanto aan produsente deurgee
ooreenstemmet resultateop jou eieplaas,” het hygesê.
89
May2014
AKTUEEL
LOUIE ESTERHUYSEN,
SAGraan/Grain
medewerker
1: Dié Almaco Seed Pro 360 planter werk
hidroulies en bevorder die akkuraatheid
vanMonsantodatawatgegenereerword.
2a en b: Hertz Eiselen (van Agri Consult)
beskryf die werking van die AquaCheck
grondvogmeter en illustreer hoe die toe-
stel lyk in ‘nmielieland.
3: Kruger van Wyk (Monsanto verteen-
woordiger) illustreer die voordele en
eienskappe vandieDKC77-77BR-kultivar.
4: Die mielie-inligtingsdag was ‘n groot
sukses en dié verteenwoordigers van
Monsanto het gehelp om die dag te
reël: Wimpie Maré, Leonard Oberholzer,
Paul Groenewald, Tony Johnson, Jurgens
Fourie (produsent en eienaar: Sardiens-
vlei) en JohanBibbey.
1
2a
2b
4
3
1...,81,82,83,84,85,86,87,88,89,90 92,93,94,95,96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook