SA Graan Mei 2014 - page 86

Mei 2014
84
SAgraanbedryf gerat
om voedsel vir Afrika te voorsien
D
ie bevolkingsontploffing in Afrika
suid van die Sahara het tot gevolg
dat 2miljardmense op die Afrika-
kontinent teen 2050 gevoed moet
word. Silokapasiteit viropbergingvangraan
in hierdie deel van die wêreld is skaars en
Suid-Afrikasebuurlandesal toenemendvan
ons infrastruktuur en opbergingsgeriewe
gebruikmaak.
“Afrika is ‘n onstabiele kontinent wat
deur ‘n bevolkingsontploffing in die gesig
gestaar word. Ons moet hierdie mense
voed en daarom moet voedselsekerheid
ons mikpunt wees. Die graanbedryf van
Suid-Afrika beskik oor die vermoë en
infrastruktuur om voedsel te produseer
en doeltreffend op te berg in ons silo’s
wat beskik oor ‘n kapasiteit van nagenoeg
20,5 miljoen ton,” het me Annatjie Loio,
president van die Graanhanteringsorgani-
sasie vanSuider-Afrika (GOSA) opdie 31ste
jaarlikse simposium van dié organisasie op
Mosselbaai gesê.
Die afgelope seisoen het die plaaslike
graanbedryf 16 miljoen ton graan hanteer,
mielie-uitvoere het 1,8 miljoen ton beloop
en 15 000 ton sojabone is uitgevoer. In-
voere is uit 81 000 ton sonneblomsaad,
68 000 ton graansorghum, 90 000 ton
mielies en 800 000 ton koring saamgestel.
Suid-Afrika staan aan die vooraand van ‘n
moontlike 12,9 miljoen ton mielie-oes. Die
totale opberging vir die komende seisoen
sal naverwagting18miljoen tonbeloop,wat
2miljoen ton koring, 263 000 tonmoutgars
en 112 000 ton kanola kan insluit.
Mielievoorraadvlakke is tans beperk en
rekordprysevan tot soveel asR3850per ton
is behaal. Die eerste skeepsvrag ingevoer-
de geelmielies het reeds in Suid-Afrika
geland. Saam met die goeie reënval en ‘n
sterker rand, kan die plaaslike mark tydens
oestyd ‘n verswakking in graanpryse te
wagtewees.
Die ideale produksietoestande wat mielie-
en sojaboonprodusente van Brasilië en
Argentinië vanjaar beleef, is ‘n sterk aan-
duiding dat wêreldmarkte geen tekort
aan hierdie gewasse sal hê nie. Hoewel
Argentinië ‘n rekordoes te wagte is, heers
finansiële, ekonomieseenpolitieke chaos in
die land. Kragonderbrekingsen ‘n tekort aan
brandstof kanveroorsaakdat dieoesniedie
graanmark kanbereik nie.
Die Oekraïne, self ‘n uitvoerland, voer ‘n
stryd teen politieke onstabiliteit wat reeds
hul uitvoerprogram beïnvloed. Chinese
graanvoorrade isvoldoendevir eieverbruik,
maar dié land se volume bewerkbare grond
is aan die afneem. Groeiende watertekorte
en lugbesoedeling is verdereuitdagings.
“Suid-Afrikaners is gesofistikeerd en afge-
rond.Ekhetdeurdiewêreldgereisennêrens
sulke voortreflike mense teëgekom nie. Ek
is trots op die mense van Suid-Afrika,” het
Loio aan simposiumgangers gesê.
Die jaarlikseGOSA-simposium iseenvandie
manierewaaropdieorganisasiehombeywer
om ‘n platform vir aktiewe gespreksvoering
en interaksie vir graanhanteerders asook
rolspelers betrokke in die verwerking en
verspreiding van grane en oliesade te skep.
Verskaffers van verwante toerusting, pro-
dukte en dienste asook persone betrokke
in opleiding en navorsing in die bedryf was
ook teenwoordig.
AKTUEEL
VERSKAFDEURDIEGRAANHANTERINGSORGANISASIEVANSUIDER-AFRIKA
1: Kallie Schoeman (Schoeman Boerdery), wat
vanjaar uitgetree het as raadslid en as GOSA se
visepresident, by me Annatjie Loio (president:
GOSA). Esli Rall, regs, van Rand Aksepbank
(RMB) en ‘n raadslid vanGOSA, het die leisels as
visepresident bySchoemanoorgeneem.
2: Die GOSA-simposium skep ‘n skakelplat-
form vir rolspelers in die graanwaardeketting.
Vusi Thembekwayo, middel, het die simposium
toegespreek oor die aspekte wat ‘n uitstekende
besigheidvan ‘ngoeiebesigheidonderskei. Links
is Rona Beukes van die Departement van Land-
bou, Bosbou en Visserye se Nasionale Oesskat-
tingskomitee en dr John Purchase, uitvoerende
hoof vanAgbiz en ‘n spreker bydie simposium.
1
2
1...,76,77,78,79,80,81,82,83,84,85 87,88,89,90,91,92,93,94,95,96,...100
Powered by FlippingBook