SA Graan Mei 2014 - page 97

95
May2014
AudiA4AllroadQuattroTDI
– spasiewa vir diegrondpad
d
aar is soms uitstekende voertuiewat stilweg verbygaan
en nie die nodige respek verkrywat dit verdien nie. Een
só ‘n voertuig is die Audi A4 Allroad Quattro-reeks wat
in 2013 inSuid-Afrika geloods is.
Hierdie voertuig is gemaak omgrondpaaie te ry.
Eerstens is dit effens hoër as die gewoneAudi A4Avant waarop
dit gebaseer is. Sygrondvryhoogte is 180mm.
Tweedens beskerm vlekvrye staal syonderstel.
Derdens het die Allroad permanente vierwielaandrywing. Dit
beteken hy laat hom nie rondgooi op los gruis of om draaie nie.
Hy kan klou.
En vierdens het dit ‘n spesiale elektronies-ondersteunde onder-
stel om te sinkroniseer met die permanente vierwielaandry-
wing om heeltyd stabiliteit te verseker. Hierdie stel lees as’t
ware die oppervlakte en maak binne millisekondes verstellings
aan die onderstel om by die oppervlakte aan te pas. Dit maak
die Audi Allroad ‘n buitengewone padvaste voertuig terwyl dit
terselfdertyd ‘nuitersegemaklike rit verseker.
Die Allroad is beskikbaar met ‘n keuse van twee viersilinderkrag-
bronne: Die 2.0 TDI, ‘n turbo-aangedrewe dieselenjin wat ‘n
kraglewering van 130 kW teen 4 200 omwentelinge lewer en ‘n
maksimumwringkrag van 380 Nm wat tussen 1 750 en 2 500 om-
wentelinge inskop. Dan is daar die uiters blitsige 2 liter T FSI
petrolenjin. Hierdie enjingee ‘n kraglewering van 165 kW teen 4 500
omwentelinge en het ‘n maksimumwringkrag van 350 Nm tussen
1 500 en 4 500omwentelinge.
Albei die weergawes kom uit met die Audi “S” Tronic-ratkas.
Hierdie ratkas is ‘n sewe-spoed outomatiese ratkas wat ook kan
verander na ‘n handratkas. Sy groot pluspunt is die egaligheid van
ratverandering. Die gemiddelde brandstofverbruik van die TDI is
6 liter/100 km; en vir die T FSI is dit 7,3 liter/100 km. Die Audi A4
Allroad is ‘n groot, gerieflike motor. Binne is volop leer-, kwaliteit-
afwerking en meer as genoeg elektronika. Selfs die sitplekke skuif
elektronies.
In die middel van die voorkonsole is ‘n kleur rekenaarskerm wat
gekoppel is aan ‘n navigasiestelsel, ‘n telefoonkoppelingstelsel en
‘n Bang & Olufsen klankstelsel. “Boetie sy is ‘n perskeblom” het
nog nooit so goed geklink soos in die Audi Allroad nie. Daar is
ruim sitplekspasie vir vier boere en agterin die laairuimte is genoeg
spasie vir ‘ngesin se vakansiebagasie.
Die Audi A4 Allroad 2.0T FSI kos R483 500 en die 2.0 TDI
R489 000. ‘n Vyfjaar/100 000 km-diensplan is ingesluit in die prys
asook ‘n tweejaar-ondersteuningsdiensasdiemotorop reis tegniese
problemeontwikkel.
Natuurlik is die Audi A4 Allroad duurder as die “gewone” A4 Avant,
maar die Allroad is nie ‘n Avant met net hoër grondvryhoogte nie
– dit is ‘n kompleet ander voertuigmet ‘n uiters gevorderde onder-
stel en het die befaamde Audi Quattro-aandrywing as toevoeging.
Dit is gerieflik, luuks en omdat dit as gevolg van sy tegnologie so
goedopdie pad klou, is dit veiliger as baie ander duurder tweewiel-
aangedrewe voertuie.
GERRIE SMIT,
lid van die SAMotorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
DieAudi A4Allroad is ‘n elegante,
sterkgeboude kwaliteit-spasiewa.
1...,87,88,89,90,91,92,93,94,95,96 98,99,100
Powered by FlippingBook