SA Graan Mei 2014 - page 87

Extravaganzavertoonkraaknuwe
kultivartegnologie
D
ie Pannar Extravaganza, wat jaarliks in verskillende streke
gehou word, se doel is hoofsaaklik om nuwe Pannar
kultivars ten toon te stel en die prestasie van gevestigde
kultivars tebespreek.
Tydens eenvanhierdiedaewat op27Februarie inKlerksdorpgehou
is, is produsente op hoogte gebring van nuwe verwikkelinge wat
kultivars betref. Kundiges uit verskillende gebiede het deur middel
van aparte toere, hul kennis oor onder meer mielies, sonneblom en
sojamet teenwoordiges gedeel.
Mnr Nico Barnard (navorsingsagronoom, Pannar) het klem gelê
op die feit dat hoër plantestand gebruik moet word om ‘n hoër
opbrengspotensiaal te benut. “Ons moet onthou dat graan per
plant belangriker is as die grootte van die kop en dat elke baster
sy eie optimumstand het,” het hy gesê. Dié wat die dag bygewoon
het, is ‘n blik gegun op Pannar se witmieliebasters van 2014 toe
mnr CornévanderWesthuizen (landboukundige, Noordwes, Pannar)
en mnr Chris van Zyl (hoofmielieteler, Pannar) onder meer die
droogtegevoeligheid vanmielies en die effekwat die plantdatum op
dieplant semeerkoppigheidhet, bespreek het.
Met betrekking tot sonneblom, het mnr Louis Schoonraad van
Pannar: Delmas, die puik opbrengspotensiaal van Pannar se baster
PAN 709CLmet Clearfield eienskappe, bespreek. Die Clearfield pro
-duksiesisteembieddoeltreffende na-opkoms onkruidbeheer van ‘n
breë spektrumbreëblaaronkruide en -grasse.
Mnr Pieter Rademeyer (produkbestuurder: Somergewasse, Pannar)
is vanmeningdat diebeste peule laag aandie sojaplant sit, vandaar
sy slagspreuk, “Go slow and go low” wanneer gestroop word. Hy
het genoem dat sojabone omgewingspesifiek is, daarom moet
produsente by die kultivars bly wat aangepas is vir hul spesifieke
omgewings.
AKTUEEL
ELMARIEHELBERG,
SAGraan/Grain
medewerker
1: Diemanne van Pannar skud hulle vere reg vir nog ‘n opwindende Extravaganza-dag. Van links is Andries Zandberg (landboukundige: Noord-Kaap),
AKGeldenhuys (landboukundige:Wes-Vrystaat) enMartinBullock (besigheidsontwikkelingsbestuurder).
2: AKGeldenhuys het aspekte vanbelangbydie verbouing vangeelmielies asookdie implikasie vanoneweredigeplantspasiërings bespreek. Die indivi-
duelegraanopbrengs relatief tot
skips
en
doubles
byplanters het ook vir besprekinggesorg.
3: ChristoGreyling, Pieter Pienaar en Francois de Lange, almal vanDwaalboom, besigtigdiepragtige sonneblommeopPannar seproefplaas.
1
2
3
1...,77,78,79,80,81,82,83,84,85,86 88,89,90,91,92,93,94,95,96,97,...100
Powered by FlippingBook