SA Graan Mei 2014 - page 82

Mei 2014
80
Wenfoto’s dra belangrike
landbouboodskapoor
D
iestoriewat elkemaandwennerfotovandie2013
SAGraan
/
Sasol Nitro fotokompetisie oor diemens in landbou vertel,
is ook diehartsverhaal vanprodusente.
Mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA)
het al die maandwenners tydens ‘n oorhandigingsgeleentheid op
19 Maart vanjaar bedank vir die manier wat hulle landbou deur
hul foto’s uitgebeeld het. “Julle het dít wat in produsente se harte
aangaan, raakgesien,” het hygesê.
Nadat prof Attie Gerber van die Noordwes-Universiteit se Skool vir
Kommunikasiestudies, ‘n lid van die beoordelingspaneel, kommen-
taar op diemaandwenners se foto’s gegee het, is die drie algemene
2013-wenners vandié kompetisie aangekondig.
Me Lizette Nel van Groblersdal is as die algehele 2013
SA Graan
/
Sasol Nitro fotokompetisiewenner aangewys. Haar foto “Koring
oesland” het vir haar R10 000 in die sak besorg. Me Amanda van
Blerk van Clarens het ‘n tweede plek (prysgeld van R7 000) met
haar “Plaasstorie” foto behaal, terwyl Me Renette van der Merwe
vanPotchefstroom se aksiebelaaide fotowaar een vanhaarwerkers
gejaag word deur ‘n Brahmaankoei om haar kalfie te beskerm, ‘n
derdeplek (prysgeld vanR3 000) ontvanghet.
Fotokompetisie-agtergrond
Graan SA het Sasol Nitro in 2007 genader om as medeborg vir
die fotokompetisie op te tree. “Sasol Nitro het dié geleentheid
met albei hande aangegryp, omdat dit vir ons blootstelling aan
graanprodusente bied, maar ook omdat dié foto’s gebruik word vir
Sasol Nitropromosiemateriaal en advertensies.
“Dit helder boonop ons geboue op – by ons hoofkantoor, satelliet-
kantore en ons fabriek in Secunda,” het mnr Johannes Louw
(hoofbestuurder: Sasol Nitro, Kunsmisbesigheid) tydens die funksie
vanjaar gesê.
Louw het die diversiteit van die temas sedert die begin van dié
kompetisieuitgelig:
2008: Landbou inSuid-Afrika
2009: Graan- enoliesaadverbouing inSuid-Afrika
2010:Opdieplaas
2011: Diversifikasie in landbou
2012: Seisoene in landbou
2013: Diemens in landbou
2014:Moderne landbou in aksie
“Die foto’s wat ons in die kompetisie ontvang, is van hoogstaande
gehalte en ons is veral baie trots op die foto-tafelkalender wat ons
jaarliks saammet GraanSAuitgee,” het hygesê.
Groei versus grondhervormingskwessie
Volgens De Villiers, wat as gasspreker tydens die aand opgetree
het, skep die vraag na graan ‘n platform vir intense groei binne die
volgende vyf tot tien jaar, maar die grondhervormingskwessie sal
egter eers uitgesorteermoet word.
“Die feit van die saak is dat daar nog nie ‘n oplossing vir dié
probleem is nie. Ons is op die punt waar ons as produsente saam
met die regering moet gaan sit en aan ‘n oplossing moet werk om
grondhervorming volhoubaar te maak en voedselsekerheid steeds
tehandhaaf,” het hygesê.
Platteland versus die stad
Prof Mohammad Karaan, dekaan van die Landboufakulteit by die
Universiteit vanStellenbosch en ‘nbelangrike sleutelrolspeler in die
NasionaleOntwikkelingsplan vir 2030, is ‘n rukkie teruggekaapdeur
‘ngroepmenseby sy huis.
“Die eerste keer wat Mohammad weer ‘n openbare toespraak ge-
lewer het ná dié slegte ervaring, het hy die volgende aandie gehoor
gesê: ‘As hierdie ouens wat my gekaap het, op ‘n plaas grootge-
wordhet, souhulleniedít aanmygedoenhet nie’.”
Dit ishoekomdiemens in landbousobelangrik is. “Diebeginselsvan
diemens wat met die natuur werk en diemens wat saamwerk kom
duideliknavore indie foto’s.Ons kan reën, kunsmisen saadeenkant
sit, maar as daar nie ‘n man of vrou gaan kommet ‘n hand en dié
elemente in ‘n sekere volgorde en plek gaan pak nie, gaan ons nie
kos hênie en as ons nie kos het nie, is daar nie ‘n toekoms vir ons as
mensenie,” het DeVilliers gesê.
De Villiers het deur 2013 semaandwennerfoto’s (eerste, tweede en
derde plekke) gaan kyk om agter te komhoe ‘npersoonwat nie elke
dag ‘n bestaan maak deur kos te produseer nie, die landbousektor
beskou.
Hy het die volgendeopgemerk:
Geslagte:
“Daar is foto’s van oupas, seuns en kinders. As ons
nie die vaardigheid van voedsel produseer in ons geslagte gaan
oordra nie, gaanons ongebore agterkleinkinders nie kos hênie.
AKTUEEL
Fotokompetisie
Die drie algemene 2013
SA Graan
/Sasol Nitro fotokompetisiewenners:
Amanda van Blerk (tweede), Lizette Nel (eerste) en Renette van der
Merwe (derde) saammet twee van die beoordelaars van dié kompetisie
– Helenus Kruger (links) van Helenus Kruger Photography en prof Attie
Gerber (regs) van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Kommunika-
siestudies.
Agter van links is Johannes Louw (hoofbestuurder: Sasol Nitro, Kuns-
misbesigheid) saammet die res vandiemaandeliksewenners: Piet Lom-
bard, Leana Erasmus, Marina Pierneef, Lukas Becker en Johan Norval.
Voor van links: Amanda van Blerk, Lizette Nel, Renette van der Merwe,
Petro Sutherland, Aaron Moagaesi en Anton Schutte saammet Jannie
deVilliers (uitvoerendehoofbestuurder:GraanSA).
RUTHSCHULTZ,
SAGraan/Grain
medewerker
1...,72,73,74,75,76,77,78,79,80,81 83,84,85,86,87,88,89,90,91,92,...100
Powered by FlippingBook