SA Graan Mei 2014 - page 94

a
s daar nou een ding is waarvoor ek nie bang is nie, is dit
verf. Daar is nikswat inmy pad staan ommymuurkleure
te verander nie en as diewil eers daar is, is daarminwat
my kan keer omdie kwas in te span.
Kleur speel ‘n groot rol in ons alledaagse lewens, meer
aswat ons dalk besef. Soms kan ons lekker “verneuk”met die regte
kleurkeuses – laat ek verduidelik…
Temperatuurbeheer
Deurwarmer kleure, soos rooi, oranjeengeel in ‘nvertrek tegebruik,
kan dit regtig voel of die kwik in die termometer inderwaarheid
gestyg het. Dit is ‘n baie goedkoper manier om deur die kouer
wintermaande te kom. Selfs ‘n skootkombers in hierdie kleure sal
veel warmer voel. Dieomgekeerde vandieeffek is ookwaar: As ons
‘nwarm vertrek koeler wil laat voel, gebruik koeler kleure, sooswit,
groen en blou. Warmer kleure is soveel meer intiem en vir my voel
koel kleure sommer koud.
Voel goed
Bring jougunsteling kleur indieweerkaatsing van ‘n spieël in, sodat
wanneer jy na jouself in die spieël kyk, jy beter sal voel oor dit wat
jy sien. Kleurkonsultante gee advies oor watter kleur goed by jou
sal pas as dit by klere kom – hoekom dan nie jou huis se mure in
dieselfde kleure verf sodat jy goed sal vertoon met die mure as
agtergrond nie? Dit is veral effektief as ‘nmens tuis baie onthaal en
goedwil lyk.
Ruimtebeheer
‘nKlein, beknopte vertrek kan veel groter voel deur van ligter kleure
gebruik temaak. Donkerder kleure kan vinnig beknop voel. Selfs al
verf ‘nmensooknet ‘nhoutdeurwit, sal dieeffekdaarvangrootwees
in ‘n klein kamer. Ommure nader aan jou te laat voel, kandonkerder
kleuregebruikword. ‘n Langgang sal veel korter voel as ‘nmensdie
muur opdie einde vandiegang ‘ndonkerder kleur verf.
Perspektief
Helder kleure vertoon baie nader as dowwer pastelkleure. Deur
gebruik temaak van helder kleure in die voorgrond en ligter kleure
in die agtergrond, kan diepte so geskepword. Deur die twee kleure
om te ruil, sal dit voel of die verste muur veel nader is. Verder kan
die effek ook vergroot word deur groter items in die voorgrond te
gebruik en kleiner items verder weg om afstand aan ‘n vertrek te
verleen.
Kalmerende effek
Rooi laat ‘nmenssehartklopversnel,verhoogdievloeivanadrenalien
en veroorsaak dat die bloed vinniger deur ‘nmens se are vloei. So
dikwelshoor onsmense sêdat hul rooi gesienhet in ‘n tydvan stres.
(Dit verduidelik seker hoekommy pa so kwaad geraak het vir my
as ons my kwaaddoen inmy rooi kamer bespreek het teenoor hoe
rustig hymet my suster in haar pastelgekleurde kamer gesels het!)
Hierdie is ook ‘ngoeie riglyn tenopsigte vanwatter kamerkleureom
vir ‘nhiperaktiewe kind te kies.
Die erns van die saak
Kleur kanook ‘nboodskapuitstuur oor die erns van ‘n vertrek.Meer
neutrale kleure sowel as ligter kleurewordgewoonlik aangewend in
‘n kantoor, terwyl ‘nmengelmoes van helderder kleure veel eerder
in ‘n speelarea sal aard. Daar is bewyse dat ‘n persoon ernstiger
opgeneem sal word as hy/sy ligblou dra tydens ‘nwerksonderhoud,
terwyl donker kleure, soos swart endonkerblou, gesaguitstraal.
Eetlus
Oranje is ‘n goeie kleur om te gebruik waar ‘nmens onthaal en wil
hê jou gaste moet lekker eet, aangesien dit die eetlus stimuleer.
Dink maar self aan al die lekker gebakte kosse wat ons eet – dit is
gewoonlik in skakerings vanbruin enoranje.
Asdie kos temin is vir diehoeveelheidgaste, verander jou tafelkleur
na ligblouaangesiendit jougaste seeetlus sal demp.Onthounet om
genoeg drinkgoed beskikbaar te hê aangesien almal noumeer dors
as honger sal wees.
Blouword niemet ‘n eetlus geassosieer nie aangesien ons nie blou
kosseeet nie (behalwe seker vir diebloueierswat ons kleintyd indie
kar op pad see toemoes eet!) Vir dié rede is slakkegif byvoorbeeld
blou sodat voëls dit niemoet aansien vir eetgoednie.
Bring geluk
Van alle kleure is geel die sigbaarste kleur vir die menslike oog
en word dit dikwels geassosieer met sonskyn en geluk. Daar is
bewyse dat dié kleur ‘n mens se gemoedstoestand kan lig, maar
wees versigtigomnie jouhelehuis geel te verf nie, want ‘noormaat
daarvan kanweer steurendwees vir diegemoed.
‘nGeel motorhuismuur kan ‘nmens se gemoed lig net voor jy in die
kar klim omwerk toe te ry of selfs in ‘n ingangsportaal kan dié kleur
goed aangewendwordomgaste te verwelkommet die inloopslag.
Natuur
Moedernatuur bederf ons weer met prag in groen en blou – dink
maar aan die kleur van plante, die blou lug bo ons en ook die kleur
van die oseaan. Ek glo vas dat die Skepper onsmet ‘n doel omring
hetmet soveel groen en blou aangesien beide dié kleure kalmerend
van aard is.
Verneukmet kleur
DAVIDVILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
metDavid
92
Mei 2014
1...,84,85,86,87,88,89,90,91,92,93 95,96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook