SA Graan Mei 2014 - page 90

Mei 2014
88
ondersteun verhoudingbou
D
ie Graangebou in Die Wilgers
in Pretoria, wat besit word deur
Graangebou (Edms) Bpk, ‘n vol-
filiaal van die Mielietrust, is ‘n
droom in die landboubedryf wat vier jaar
terug bewaarheid is en vanjaar het daar ‘n
soortgelyke investeringsprojek afgeskop.
Dié projek is ‘n inisiatief van Graangebou
(Edms) Bpk, met fondse van dieMielietrust,
om ‘n ongeveer 6 500 m
2
Agri-Hub besig-
heidspark daar te stel vir landbou- en ver-
wantehuurders.
Volgensmnr Jannie de Villiers (uitvoerende
hoofbestuurder van Graan SA, voorsitter
van die Graangebou se direksie en trustee
van die Mielietrust), was die oprig van
die graangebou ‘n groot voordeel vir die
landboubedryf. “In 1997 toe die Mielieraad
sydeure toegemaakhet,hetaldie rolspelers
in hul eie rigting beweeg. Ons het ‘n droom
gehad om almal weer bymekaar te bring en
daarom het ons die Graangebou laat oprig.
Dit bied aan ons die geleentheid om ver-
houdings in die landboubedryf te bou, wat
nodig is om dié bedryf vorentoe te neem;
dit bespaar reistyd as van die rolspelers
in die landboubedryf binne loopafstand
van mekaar is. Ons wil dus dié voordele
nou ook uitbrei deur die bou van die nuwe
Agri-Hub kantoorpark,” het hy tydens die
seremoniële opening van dié kantoorpark
op 7Maart vanjaar, verduidelik.
Soos die Graangebou, sal dié nuwe kan-
toorpark-ontwikkeling ook spog met ‘n
energiedoeltreffende en omgewingsvrien-
delike ontwerp, wat alles deel vorm van
die Mielietrust se strategie om volhoubare
langtermynvoedselsekerheid in Suid-Afrika
te bevorder. ‘n Voorbeeld hiervan is die
kantoorblokke wat gebou sal word met
natuurlike boumateriaal en sonkrag wat
gebruik sal word om gemeenskaplike areas
te verlig.
Ander kenmerke van die
Agri-Hub kantoorpark
Dit is ‘n gesogte ontwikkeling wat aan
die hoogste wêreldklasstandaarde vol-
doen.
Dit beskik oor drie kantoorblokke, wat
elkeenongeveer 2 000m
2
groot is.
Die drie kantoorblokke word gebou oor
‘n sentrale kelder, wat ruim parkeerplek
vir huurders bied.
Daar is vyf areas waar besoekers kan
parkeer.
Grondvloer-areas is ontwerp om klein
enmedium-grootte huurders te akkom-
modeer.
Die eerste vloer se kantore is ontwerp
om medium en groot huurders te
akkommodeer.
Beskikbare fasiliteite
‘nVierslaapkamer gastehuis. Elkekamer
is toegerus met ‘n kombuis en bad-
kamer.
24-uur gewapende reaksie en sekuri-
teitswagte.
Eie ingang en veilige toegangsbeheer
vir elkeen vandiedrie kantoorblokke.
‘n Fasiliteitsbestuurder is opdieperseel
sowel as ‘n in-huis instandhoudings- en
tuinafdeling.
Skoonmaakdienste vir gemeenskaplike
areas.
Huurdertoegewysde internet- en tele-
foonfasiliteite.
Huurders van die Agri-Hub kantoorpark
sal die patio, ‘n ten volle toegeruste
koffie-area, ‘n ontspanningsarea en die
konferensiefasiliteitebydieGraangebou
kangebruik.
Vir meer inligting oor die nuwe Agri-
Hub kantoorpark, besoek
.
co.za.
Belangstellende huurders kan vir
Leon du Plessis by 012 807 3958 of
012 807 4191 kontak of stuur ‘n e-pos na
DieMielietrust befonds navorsing, inligting
enprodusent-ontwikkeling.
AKTUEEL
RUTHSCHULTZ,
SAGraan/Grain
medewerker
1:Met al die reën in Februarie enMaart vanjaar, kon die sooi spit nie op die perseel waar
bouwerk aan die Agri-Hub kantoorpark reeds afgeskop het, plaasvind nie. Jannie de Vil-
liers (uitvoerendehoofbestuurder vanGraanSA, voorsitter vanGraangebou sedireksie en
trustee van dieMielietrust) het die perseel waar die nuwe kantoorpark gebou gaanword,
amptelik op die patio van die Graangebou geopen. Links van hom staan Leon du Plessis
(senior bestuurder: L&LLandboudiensteasookadministrateur vandieMielietrust) en regs,
JohnPurchase (uitvoerendehoof:Agbizen trusteevandieMielietrust)
2: Die graangebou grens aan die Agri-Hub kantoorpark en ‘n Porsche vertoonlokaal en
werkswinkelword aandie voorkant vandié kantoorparkgebou.
3: ‘nVoorstellingvanhoedieAgri-Hub kantoorpark, inWitheritestraat, DieWilgers, Pre-
toriagaan lyk. GraanSA se kantore is net af indie straat. Diebeoogde voltooiingsdatum
vandié kantoorpark is vroeg in volgende jaar.
1
2
3
1...,80,81,82,83,84,85,86,87,88,89 91,92,93,94,95,96,97,98,99,...100
Powered by FlippingBook