SA Graan Mei 2014 - page 98

96
Mei 2014
BesteGrootneef
d
ié tyd vandie jaar is algar besig
met die groot laai. Waar jy ook
al in die dorp kom, wil veral
die jonger manne weet of jy al
klaar gelaai het, watter grein
jy gebruik en desnoods watter
punte. En dit is nou net daar waar jy vir
‘n halfuur langer op die koöperasiestoep
vashaak, aswat jy vooraf beplanhet.
Want ‘npunt is nie ‘ndingwat aandie einde
van ‘n sin vaskomnie. Nee, dis ‘nontbrande
projektiel met sy eie trajek en slaankrag. Vir
party manne is om by die regte punt uit te
kom, amper soos ‘n reis deur ‘n politieke
woesteny. Vir hulle vat dit lewenslank en
elke jaar word iets anders getoets. Ander
manneweer, houbywat hulle ken.
As jy mooi staan en luister, raak party
manne skoon driftig oor punte, greine en
kalibers. Is die beste kaliber nou ‘n .308 of
‘n .3006?Ennet soos indiepolitiek, het elke
kaliber engreinook syeiegroepvolgelinge.
Dit hang mos net af wat jou visie is, wil jy
in die vlaktes oor ‘nmiershoop aanlê op ‘n
blesbok, ofwil jydeurdie ruiebos loopsoek
na ‘n koedoe?
En net soos in die politiek, is daar ook die kleiner liggewigte wat
stemme vat, soos die 270-mense, of die klompwatweer heel oorhel
na die swaar kant toe, soos die .450 Rigby’s (wie in Augustus nog
met seer skouers loop).
Hoe dit ook al sy, diemanne luistermekaar se “patroonpolitiek” uit,
maar vanaand as daar vrede in die huis is, word die herlaaiskaaltjie
uitgehaal, blinkgeveeenmooi gebalanseer.Dan isdit elkemanseeie
keusewat opdie skaal beland.
Om ‘n patroon te laai is, net soos om ‘n stem uit te bring, ‘n baie
persoonlike aksie. Vir stemof laai,moet jymooi dinkof daar genoeg
dryfkrag, lood en trefkrag sal wees, om te kan doen wat op die
plakkaat of op die pakkie punte staan. Met ‘n laai-aksie, kan jy nog
vooraf alle doppe skoonvee, die punte finaal afweeg en die dop se
nek netjies toevou vir die regte druk in enige kamer. ‘n Stemaksie
is egter altyd ‘n skoot in die donker. Ongeag al die mooi beloftes
vooraf, weet jynooit of die kandidaat opdieplakkaat genoeg lood in
diepotloodhet nie...
Terug by die laaibank. Arbeidsadel op sy beste, is om ná die aand
se werk, twee rye van tien koperdoppe en punte op aandag te sien
staan. Reg vir die jag. Dié word dan versigtig in laasjaar se pakkie
gedruk,met die resepvanhoeveel voet per sekondeendatumgelaai
met ‘n Bic pen op die pakkie geskrywe. Jy kan maar sê met jou
patroongelaai, is jou “jag-stembrief” gekruis vir ‘n spesifieke kaliber
enmet dryfmiddel, punt engrein isdiekeusevirdieseisoengemaak.
OuNeef, net ‘n kraan se gedrup is erger as stemwerwers. So inmy
enigheid en met die stoor se stilte wat altyd kalmte in die gemoed
bring, het ek toediegewigtigebesluit geneemdat blesbokkevanjaar
diebeste kandidaat is.Wantmet boskoedoesweet jyniealtydwat jy
aanhul het nie. Soms isdit net ‘nblaf enklippewat vandieberghang
rol en spore wat in die klipveld verdwyn, sonder dat daar ooit ‘n
stukkie biltong aan die haak kom. Nee kyk, vanjaarmoet die goed in
dieooptestaan. Jykanmaar sêvirdeursigtigheidsodeurdievisier...
GroeteopdieOosgrens. Enmooimik!
Kleinneef
E-POSSE
aanGrootneef
Diegroot
LAAI
Lesers iswelkom om ‘n e-pos aanKleinneef te stuur by
1...,88,89,90,91,92,93,94,95,96,97 99,100
Powered by FlippingBook