SA Graan Mei 2014 - page 77

75
May2014
Daarna word daar vanaf die begin van die
10 m-ry die eerste elf koppe geoes. Die
koppe word in grootte-orde geplaas en
die middelste kop word dan gekies. Dit
verteenwoordig die mediaankop en daar
word aangeneem dat al die koppe hierdeur
verteenwoordigword. (
Foto 3
).
As die koppe nie fisiologies ryp is nie, word
van die snelle skatting metode gebruik
gemaak. Eers word die aantal pitrye per
kop getel (dit is altyd ‘n ewe getal) en
dan die aantal pitte per ry. Daarna word
‘n gemiddelde pit of twee losgemaak en
vergelyk met ‘n fototabel wat verskillende
pitmassas verteenwoordig. Dit gee ‘n
aanduidingvandiepitgewig. Kop-pit-massa
word bepaal deur die aantal pitte per kop
te vermenigvuldig met die pitgewig. Die
fototabel (
Foto 4
) is spesiaal gedruk om op
‘n een-tot-een-skaal tewees en kan van die
LNR verkryword.
Indien die mielies fisiologies ryp is, word
die pitte afgemaak en op ‘n skaal geweeg
om kop-pit-massa te bepaal. Daarna word
die voginhouddeurmiddel van ‘n vogmeter
bepaal.
Al die data ingewin tydens die objektiewe
opname word statisties verwerk en die
opbrengs per provinsie bereken. Hierdie
data word deur die NCSC deurgegee aan
dieNOK.
Wat beteken die
objektiewe opname vir
my as produsent?
Die objektiewe gewasopname is dus wat
dit sê, ‘n opname en nie ‘n skatting nie.
Die opname verskaf aan lede van die NOK
‘n aanduiding van die potensiële opbrengs
sooswat dit was tydens dieopname.
Omdat die opname gedoen word in die
tydperk wanneer die gewas meestal fisio-
logies ryp is, behoort dit redelik verteen-
woordigend van die verwagte oes te wees.
Deur deel te neem aan die objektiewe
opname bemagtig die produsent die NCSC
om onbevooroordeelde opbrengsyfers aan
dieNOKdeur tegee.
Hiermee het die NOK net ten doel om die
mees akkurate produksieskatting te doen
om sodoendeaanalle rolspelers indiemark
(produsente, meulenaars en handelaars) ‘n
gelyke kans te bied tot produksie-inligting
en om, aan die ander kant, die land se
voedselsekerheid te verifieer.
Die NOK het, anders as voor 1997, geen
invloed op die kommoditeit (mielie) prys
gehad nie, omdat alles binne ‘n vrye mark
verhandel word. Binne die vryemarkstelsel
het die wisselkoers en die verhandeling
op oorsese graanmarkte ‘n groter impak
op die binnelande prys as die maandelikse
oesskattingsyfer.
Vir ‘n produsent om deelname aan die
objektiewe gewasopname te weier, gaan
dus geen impak op die prys hê nie en ook
aan hom geen voordeel bied nie. Inderdaad
kan hy eerder slegter daaraan toe wees as
dieoesskattingnie reg is nie.
‘n Produsent kan self die beginsels
wat ontwikkel is om die objektiewe ge-
wasopname te doen, gebruik om ‘n
objektiewe opbrengs vir sy plaas of land
tebepaal.
(Oesskatting=Koppeoor10mx (kopmassa/
rywydte).
Deur dieplaasof land inhomogenegebiede
te deel, te besluit hoeveel monsters
geneemmoet word en die aantal monsters
proporsioneel tot grootte toe te deel, kan
met behulp van bogenoemde metodiek,
maklik en redelike akkurate objektiewe
opnames self onderneemword.
Die einddoel
Voordat die opnemers by ‘n produsent
aanklop om te vra of ‘n objektiewe ge-
wasopname op sy plaas geneem kanword,
is daar al heelwat werk gedoen om te
sorgdatdieopnamestatistiesverantwoord-
baar is.
Die opnemer se doel is nie om die presiese
opbrengs van die land te bepaal nie en ook
nie om net goeie, slegte of gemiddelde
land(e) temonster nie, maar ewekansigheid
te laat geskied. Die doel
is om ‘n punt in ‘n strata
verteenwoordigend van die
provinsie temonster.
3: Hoeomdiemediaankop tebepaal.
4: Voorbeeld vandie fototabel.
1...,67,68,69,70,71,72,73,74,75,76 78,79,80,81,82,83,84,85,86,87,...100
Powered by FlippingBook