SA Graan Mei 2014 - page 76

Mei 2014
74
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Hoeword die opname
gedoen?
Die hele doel van die objektiewe gewas-
opname is dat die puntewaar die opbrengs
bepaal word, so ewekansig as moontlik
gekies word en dat dit die diversiteit van
die opbrengs in ‘n provinsie weerspieël.
Die statistiese hulpmiddele hiervoor is
stratifikasie, monsterraamwerk en ewekan-
sige steekproefneming.
Voordat die opnemer by ‘n produsent
uitkom, word daar eers heelwat statistiese
werk gedoen soos om te bepaal hoeveel
punte gemonster moet word, waar die
punte gemonster moet word en hoe die
puntegemonster gaanword.
Die begroting bepaal hoeveel produsente
vir ‘n objektiewe opname besoek kanword.
Hierdiegetalwissel van700 -830virmielies.
Die jaarlikse areaskatting, wat met behulp
van vliegtuie gedoen word, word gebruik
om te bepaal watter persentasiepunte van
die totaal in elke provinsie gemonster moet
word.
Hierdiepersentasievirmielieswordbinne ‘n
provinsieookproporsioneel ingedeel inwit-
engeelmielie-aanplantings asook droëland-
en besproeiingsverbouing. Al wat dit
beteken, is dat hoe groter die oppervlakte;
hoe meer punte word gemonster. Die
objektiewe gewasopname vir mielies word
eenmalig, jaarliks onderneem wanneer die
meestemielies fisiologies ryp is.
Een van die belangrikste aspekte binne
‘n objektiewe opname is om alle subjek-
tiwiteit uit te skakel en dat die hele proses
ewekansig is binne ‘n raamwerk van
statistiese beginsels. As ‘n opnemer by
‘n produsent kom, is hy voorsien van ‘n
ewekansige syfer getrek uit die bekende
oppervlakte van aanplantings wat ingewin
is deur die telefonieseopname.
Die rededaarvoor isdatdiekeusevanwatter
land binne ‘n boerderyeenheid gemonster
moet word, heeltemal ewekansig is en die
produsent hom nie kan oorreed om net
goeieof slegte lande temonster nie.
Daar word verwag van die opnemer om
selfs in ‘n baie slegte seisoen ‘n land te
monster al is die opbrengs baie laag. Elke
opnemer word verder ook met nog twee
ewekansige syfers voorsien wat die aantal
treë verteenwoordig wat hy vanaf die hek
langs die land en dan tot binne die land
moet neem tot en met die punt waar die
eerstemetinggeneemmoet word.
Soos telkemale genoem, is die wagwoord
hier ook ewekansigheid. Gegrond op navor-
sing, is bepaal dat meer as vyf monsters
binne ‘n land die opname nie baie verbeter
nieenookdan teveel tyd inbeslagneem.
Die addisionele vier monsters binne ‘n land
wordewekansiggeneemdeur eers ‘naantal
ewekansige treë in een rigting met die rye
en dan weer ‘n aantal ewekansige treë
dwarsoor die rye te loop. In Amerika, waar
hulle soortgelyke opnames doen, neem
hullenet tweemonsters.
Nadat die opnemer die land geïdentifiseer
het wat hymoetmonster kan:
Die land geoes wees en hy sal dan die
produsent vir dieopbrengs vandie land
moet vra;
Diemielies nog nie fisiologies rypwees
nie en hy sal dan die prosedure van ‘n
snelleopnamemoet gebruik; of
Die land fisiologies rypwees en hy kan
koppe oes om af te maak en pitte te
weeg.
Indien daar dusmielies op die land is, moet
die opnemer die gemiddelde rywydte van
die landbepaal deur die afstandoor ses rye
temeet (
Foto 1
).
By elk van die vyf monsternemingspunte
word:
die koördinate aangeteken;
diegetal planteoor 10mgetel; en
dieaantal koppeoor 10mgetel (
Foto2
).
2: Tel vanplante en koppeoor 10m enpluk van eerste elf koppe.
Dieobjektieweopbrengsopname virmielies
1...,66,67,68,69,70,71,72,73,74,75 77,78,79,80,81,82,83,84,85,86,...100
Powered by FlippingBook