SA Graan Mei 2014 - page 67

65
May2014
of onkruid wat kan voorkom, teenwoordigheid van siektes en dies
meer. Gesertifiseerde saad bevat dus nie onkruidsaad nie, dit het
ook nie ander graan in nie en dit is nie gemengmet ander kultivars
nie; hoewel daar ‘nbaie klein toelating van tussen 0,1% en 0,3% is.
Nadat die koring geoes is, word ontkiemingstoetse volgens inter-
nasionale voorskrifte op die saad gedoen en in die geval van koring
word ‘nminimumpersentasie van 85%ontkieming gewaarborg. Om
op te som is die sertifiseringsproses daarom eintlik ‘n sisteemwaar
‘n klomp kontroles ingebouword om te verseker dat ‘n hoëkwaliteit
saad aan die produsent verkoop word. Produsente word deur die
Plantverbeteringswet beskerm indien probleme met saad onder-
vindword.
Wat is teruggehoude saad?
Teruggehoude saad kan in twee klasse verdeel word:
Saad wat nie skoongemaak is nie en nie gekontamineer is met
onkruidsaad, ander graan of klippies nie en dit het gewoonlik ‘n
laeontkiemingspersentasie engroeikrag.
Saad wat deur ‘n plaaslike koöperasie (of deur die produsent
self) skoongemaak is. Die kwaliteit van hierdie saad hang af van
wat die kwaliteit van die saad was voordat dit skoongemaak is
asook die effektiwiteit van die skoonmaakproses in terme van
klein en/of ligte saad.
Teruggehoude saad bevat gewoonlik heelwat klein saadjies. Dit is
algemeenbekenddat kleiner sade, alhoewel dit ‘nhoë ontkiemings-
persentasie kanhê, swakker saailinge produseerwat nie ingesonde
sterk plante met ‘n hoë opbrengspotensiaal ontwikkel nie. Produ-
sente wat saad terughou, word nie deur die Plantverbeteringswet
beskerm indienproblememet die saadondervindwordnie.
Saadkwaliteit – ‘n noodsaaklike keuse
Saadkwaliteit is ‘n baie belangrike aspek van koringverbouing, want
sowat 60% vandie uiteindelike opbrengspotensiaal vandaardie oes
word by die plant daarvan bepaal. Die kwaliteit van die saad kan
egter niemet diebloteoogbepaal wordnie.
Deurgesertifiseerdesaad tekoop, verseker ‘nprodusentdatdiesaad
wat hyplant vanhoogstaandegehalte is. Onthoudat gesertifiseerde
saadbeidedie landinspeksiesendieontkiemingstoetsegeslaaghet,
met ander woorde dit is vry van onkruidsaad, ander sade en siektes
(soos los- en stinkbrand). Verder is hierdie saad ook behandel met
saadbehandelingsmiddels om saadgedraagde siektes en luise te
beheer en die ontkiemingspersentasie is gewoonlik heelwat hoër
as 90%. Met teruggehoude saad moet die produsent altyd die
saadkwaliteit evalueer. Hierdie saad is waarskynlik nie geneties
suiwer nie, dit kan onkruidsade bevat en is heel moontlik beskadig
deur insekteen/ofweersomstandighede (koueskadeofuitloopskade).
Dit kon ook tydens die oesprosesmeganies beskadig geraak het of
dit kan lae ontkieming en kiemkrag hê as gevolg van byvoorbeeld
die droging van die saad. Indien dit wel onkruidsade bevat, kan die
plant van sulke saad tot grootskaalse verspreiding van onkruide
lei. Navorsing het bewys dat die teenwoordigheid van onkruid
in gewasaanplantings tot sowat 10% potensiële opbrengsverlies
kan veroorsaak, selfs al word dit goed beheer. Daar is ook bewys
dat skoon saad wat geplant word, tot ‘n hoër opbrengs lei as saad
wat onkruid bevat en waarvan die onkruid agterna verwyder is.
Produsente wat hulle saad terughou laat dit bitter selde toets vir
ontkieming en groeikrag voordat hulle dit plant. Dit lei dikwels tot
swak opkoms en derhalwe ‘n swak oes. Daar is verder ook heelwat
risiko’s wat met teruggehoude saad geassosieer word en wat later
kan veroorsaak dat dieproduksiekostebaie styg.
Wat is hierdie risiko’s?
Teruggehoude saad is gewoonlik saad wat vir ‘n tydperk (enigiets
tussen ses en 18maande) opgeberg is. Opberging en saadhantering
is van die belangrikste faktore by die terughou van saad. Die
opberging van saad is ‘n wetenskap op sy eie en indien dit nie
perfek uitgevoer word nie, kan dit tot grootskaalse verliese lei.
Daar is baie min produsente wat oor die korrekte infrastruktuur en
fasiliteitebeskik. Hoëhumiditeit isdieprimêreoorsaakvir dieverlies
aan kiemkragtigheid en groeikragtigheid by saad. Onvolwasse of
beskadigde saad kan nie suksesvol opgeberg word nie. Meganiese
skade tydensoestydmaak saadbaiemeer vatbaar vir degenerering.
Insekbeskadiging kan ook lei tot ‘n afname in kiemkragtigheid.
Die kiemkragtigheid van saad wat deur koue of reën beskadig is
(uitloopskade) neemdramaties afmet opberging.
Dit isookbekenddat sommigesaadbehandelingsmiddelsdieembrio
van die saad kan beskadig, veral wanneer daar reeds skade aan die
saadvoorkomendit kanselfsdiesaaddoodwanneerdit vir ‘nsekere
tyd opgeberg word. Dit is veral met die ontkieming van saad waar
daar geweldig vinnig probleme tydens opberging kan ontstaan.
Die grootste vyande by opberging is vog en temperatuur. In die
onderstaande voorstelling word die tydperk van veilige opberging
skematies aangetoon.
Indiengraan (enderhalweooksaad)watpasgestroop is ‘nvoginhoud
van byvoorbeeld 18% het en die temperatuur van die graan 32°C
is, is die tydperk wat hierdie graan veilig opgeberg kan word slegs
driedae
.Selfsal isdie temperatuurheelwat laer, argumentsonthalwe
24°C, kan die graan of saad steeds vir net sowat twee weke veilig
opgebergword indiendie voginhoudhoog is.
Wanneer saad met ‘n hoë voginhoud opgeberg word, kan opber-
gingswammediesaadaanval enskadeveroorsaak.Hoë temperature
tydens opberging lei weer tot die beskadiging van die embrio van
die saad endit lei op sybeurt tot swak ontkieming en swak opkoms.
Diegrootsteproblemewat tydens nat opberging kan voorkom is:
Graan kanmuf.
Graan kanhittebeskadig raak.
Graan kan insekbeskadig raak.
Graan kanbeginontkiem enuitloop.
Dit is veral hierdie laaste twee wat die graan, as saad, waardeloos
maak. Wetgewing maak egter voorsiening daarvoor dat geserti-
fiseerde saad nie bogenoemde probleme sal hê nie. In ‘n onlangse
studie wat by LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) op Bethlehem
gedoen is, het dit duidelik geword dat ontkieming en opkoms
nadeligbeïnvloedwordwanneer teruggehoude saadgeplant word.
In
Grafiek 1
is die verlaging in ontkiemingspersentasie duidelik
wanneer gesertifiseerde saad, gesonde teruggehoude saad
en beskadigde teruggehoude saad met mekaar vergelyk word.
Alhoewel gesonde teruggehoude saad se ontkieming steeds hoog
was (80%), het dit betekenisvol verlaag wanneer saad beskadig
is deur byvoorbeeld uitloop-, insek- of koueskade of meganiese
skade. Die effek opontkiemingwas selfs noghoër toedie saaddeur
‘n saadbehandelingsmiddel behandel is. In hierdie geval was die
ontkiemingspersentasieminder as 50%.
Dieverlaging in kiemkragvan teruggehoude saad (
Grafiek2
) isegter
‘n groter bron van kommer. Alhoewel die gesonde teruggehoude
saad wel ‘n redelike ontkiemingspersentasie kon bereik (80% – in
Grafiek 1), het die saadnie genoeg kiemkraggehadom in ‘n saailing
teontwikkel nie.
Figuur 1: ‘nSkematiesevoorstellingvandie tydperkwat nat enwarmgraan
veiligopgeberg kanword.
1...,57,58,59,60,61,62,63,64,65,66 68,69,70,71,72,73,74,75,76,77,...100
Powered by FlippingBook