SA Graan Mei 2014 - page 60

Mei 2014
58
“Daar is nie ‘n vasgestelde resep nie”
–maar ThieleEstates se resepwerk
O
ngeveer 32 km wes van Paulpietersburg word die Thiele
Estates boerdery bedryf. Hierdie familieboerdery,
wat verlede jaar ‘n finalis in die Graan SA/Syngenta
Graanprodusent van die Jaar-toekenning was, word deur
die Thiele familie besit endeur die broers,Walter enKurt, asook hul
seuns (Michael, Carl enMark) bestuur.
In hierdie bergagtige omgewing word daar met gesaaides, beeste,
skape, varke, wild asook bome geboer. Elke afdelingword op sy eie
deur sy eie bestuurder bestuur met ‘n rekenmeester wat die syfers
van al die vertakkings byhou en saamvat.
Vir hierdie familieboerdery om te bly werk, is dit van uiterste
belang dat almal dieselfde oorhoofse doelwitte najaag en dieselfde
besigheidsetiek navolg. Verder moet daar ‘n wedersydse respek
en vertrouensband tussen die lede bestaan. Elke bestuurder moet
ook ‘n passie vir sy afdeling hê en sywerk nougeset enmet verant-
woordelikheiduitvoer.
Bestuursvergaderings
Tydens die bestuursvergaderingsword daar nie net na die finansies
gekyk nie, maar word daar ook strategies beplan – watter aksies
uitgevoer gaan word en hoe dit gedoen gaan word. Gereelde
terugvoer van wat in die vertakking gebeur word ook tydens die
vergaderings gegee. Gereelde dag-tot-dag kommunikasie is van
uiterstebelangomhierdiebesigheid temaakwerkendieverskillende
aksies te koördineer.
KurtThiele ishoofsaaklikverantwoordelikvirdiegewasverbouing.Sy
seun,Mark, issy regterhandensaammoethulleallebesluite rakende
hierdie vertakking neem en verslag aan die bestuurskomitee gee.
Op die oomblik word op ongeveer ‘n derde van die lande sojabone
verbou, terwyl die res van die oppervlakte vir mielieverbouing
aangewendword.
Omrede hierdie ‘ngemengdeboerdery is, sal sommigebesluiteook
ander vertakkings raak. As só ‘n besluit geneemmoet word, sal die
saak in die bestuursvergadering bespreek word en dan neem die
bestuurskomiteedie finalebesluit. Ten eindediebestuurskomitee in
staat te stel omdie regtebesluit teneem, worddaar eers ‘ndeeglike
ondersoeknadievoor ennadeleasookhoedit dieander vertakkings
gaan raak, gedoen en aan die bestuurskomitee voorgelê. Dié stap
help dat al die vertakkingsbestuurders van alle belangrike besluite
kennis dra.
Gemeenskapsbetrokkenheid
Thiele Estates se bestuur het al lankal besef dat hulle nie sonder
die gemeenskap en gemeenskapsbetrokkenheid ten volle kan
funksioneer nie.
Dié landbouonderneming het al ook die moeilike kant van die
boerdery ervaar. Tydens ‘n brand ‘n paar jaar gelede het hulle
alle weiding, alle plantasies asook ‘n groot klomp vee verloor. Die
gemeenskaphet hierdiebesigheid vanonderganggered.
“Ons vee konopander boere seplasewei tot onsplaasweer dievee
kon dra,” onthou Kurt. Hierdie stap van die gemeenskap het ‘n baie
diep indruk op die Thiele broers gelaat en hulle het net weer eens
besef dat jy nie self op jou eie kanbestaannie, soms het jy ander se
hulpnodigensomshet jydievoorregomweer tegee.Opdiémanier
ondersteundiegemeenskapmekaar.
Deur weer verder by ander te leer en ander toe te laat om by hulle
te leer, word die hele gemeenskap bevoordeel. Dit is baie belangrik
omhierdienuwe kennis,maak nie saakwaar dit vandaan komnie, te
implementeer, anders helpdit niks.
Waardetoevoeging
Hulle het ook besef dat weens die afgesonderdheid van hul besig-
heid, dit baiemoeilik is omhul produkte by diemarkplek uit te bring
en dit het hul gedwing ommeer waarde tot hul produkte te voeg.
Hierdie besluit het hul genoop om vennootskappe aan te gaan en
om vir die markvraag te produseer, maar ook om die koste vir die
eindverbruiker teminimaliseer.
Een ding het hul baie vinnig geleer: As jy kontrakte aangegaan het,
moet jy dit eerbiedig en moet jy daarby hou al beteken dit dat jy
produkte op ander plekke gaan inkoop om te lewer. Jou produkte
wat gelewerword,moet ook altyddie beste kwaliteitmoontlikwees
endie kwaliteitmoet week in enweek uit dieselfdewees.
Ook het hul opdiehardemanier geleer om seker temaak dat kopers
wel oor die vermoë beskik om hul te kan betaal en verder maak hul
seker dat hulle nie al hul produkte aan een mark lewer nie. As die
koper om die een of ander rede nie die produkte kan afneem nie,
moet daar ‘n agterdeur wees om die produkte aan te lewer, anders
kandit tot groot probleme lei.
In hierdie boerdery word winsgewendheid oor tyd gebruik om
veranderinge teen temeetenookom tebesluitofgrootveranderinge
aangegaan moet word of nie. Pryse en produksie skommel jaarliks
enomhierdieuit te skakel wordwinsgewendheidoor tydgebruik.
Gelykbreekpryse word vooruit deur begrotings bepaal wat alle
koste insluit. Hierdiepryseworddanverskans. Diegraanpryseword
op Safex verskans sonder om te spekuleer en die veepryse word
deur vooruitkontrakte vasgemaak. Soms is die pryse laer as die
markpryse, maar ander tye is dit weer heelwat beter asmarkpryse.
Op die ou einde is die veepryse voordelig vir hulle as produsent en
ook vir die koper aandie ander kant vandie spektrum.
Ten einde die risiko van saaiboerdery te verskans en waarde tot
diemielies te voeg, het Thiele Estates ‘n groot varkboerdery begin.
Hierdie intensiewe vertakking dra by om die boerdery se inkomste
uit tebrei en te stabiliseer.
OP PLAASVLAK
Graanprodusent / ThieleEstates / Familieboerdery
Bestuurspraktyke
GraanSA/SyngentaGraanprodusent vandie Jaar-finalis
PIETMANBOTHA,
SAGraan/Grain
medewerker
1...,50,51,52,53,54,55,56,57,58,59 61,62,63,64,65,66,67,68,69,70,...100
Powered by FlippingBook