SA Graan Mei 2014 - page 64

Mei 2014
62
Biobrandstof-toekomsmoontlikhede
vir dieWes-Kaap
D
ie biobrandstof-vraagstuk kan
oor die volgende twee jaar nog
baie warm debatte tot gevolg
hê. Tot en met die verpligte ver-
mengingsregulasies van biobrandstof met
petrol en diesel wat op 1 Oktober 2015
in werking tree, sal daar nog duidelike
antwoorde verskaf moet word oor watter
gewasse gebruik kan word vir beide bio-
etanol enbiodiesel enhoedievervaardiging
vanbeide sal geskied.
Biobrandstof-vervaardiging is van nood-
saaklike belang vir Suid-Afrika wat steun
op die invoer van fossielbrandstowwe
vir ons petrol- en dieselbehoeftes. Die
hoë brandstofpryse wat tans aan die orde
van die dag is, het ‘n groot impak op die
insetkoste van kommersiële en opkomende
produsente, beidedirek en indirek.
Direk in die dieselverbruik van trekkers en
stropers en indirek op die pryse van ander
insette, soos kunsmis en spuitmiddels.
Laasgenoemde insette se pryse is nou
gekoppel aan die brandstofprys. Tydens ‘n
navorsingsbesoek aan Brasilië in 2012, was
dit duidelik dat Suid-Afrika ver agter is ten
opsigte vanbiobrandstowwe.
In Brasilië word 60% van alle voertuie deur
bio-etanol en biodiesel aangedryf. Die
vraag is nou watter rol die Wes-Kaapse
graanprodusent in die vervaardiging van
biobrandstof kan speel. Hierdie artikel poog
om ‘n moontlike toekomsblik te gee ten
opsigte vandieWes-Kaap.
Die grootste gros van graanprodusente
in die Wes-Kaap beoefen in ‘n mindere of
meerdere mate die drie pilare van bewa-
ringslandbou, naamlik minimumgrondver-
steuring, wisselbou en maksimum behoud
vanoesreste.
Hierdie konsepte dra grootliks by tot die
volhoubaarheid van ons produksiestelsels
oor tyd. Langtermynnavorsing deur die
Direktoraat Plantwetenskappe (Wes-Kaapse
DepartementvanLandbou)hetonomwonde
bewys dat die insluiting van alternatiewe
gewasse, soos kanola en lupiene en ander
eenjarige peulweidings, groter finansiële
stabiliteit en inkomstebied vir produsente.
Wanneer daar nou bespiegel word hoe
biobrandstofproduksie in die Wes-Kaap
kan posvat, moet ons spesifiek kyk na die
huidige wisselboustelsels wat in plek is.
Die Wes-Kaapse graanprodusente het
wegbeweeg van monokultuur-verbouing
van graangewasse en enige nuwe gewas
moet in die afwisseling van gewasse, op
dieselfde stuk grond, inpas.
Gewasse soos mielies, sorghum, sojabone
en suikerriet is nie ‘n lewensvatbare opsie
vir die Wes-Kaap nie, aangesien dit nie in
die winterseisoen, wat die reënseisoen
is, verbou kan word nie en slegs deur ‘n
handjievol produsente in die somer onder
besproeiing gedoen kan word. Wat is dan
die alternatieweopsies vir dieWes-Kaap?
Bio-etanolproduksie is gebaseer op kool-
hidraatomskakeling, terwyl die biodiesel-
opsie plantolies benodig. Beide prosesse
het ‘n proteïenryke oorskiet tot gevolg,
wat weer kan help om in die behoeftes
te voorsien van die plaaslike aanvraag.
Korog (
triticale
) wat voorheen op kleinskaal
verbou is vir dierevoeding en tans amper
verdwyn het uit ons produksiestelsels, is
‘n ideale gewas vir bio-etanolproduksie.
Dit pas perfek in by ons wisselboustelsels
en het ook die bykomende voordeel dat dit
baie beter as koring of gars op marginale
grondpresteer.
Sedert 1994, met die ontstaan van die
vryemarkstelsel in Suid-Afrika, is baie
marginale grond aan koringproduksie ont-
trek, aangesien dit net niemeer ekonomies
verbou kon word nie. Daar is dus dalk
nou ‘n geleentheid om sulke lande terug
te bring in produksie en met behulp van
wisselboustelsels wat dekgewasse insluit,
hierdiemarginale grond oor tyd te omskep
tot ‘nbeter potensiaal.
In die geval van biodiesel kan kanola in
die Wes-Kaap gebruik word om in dié
OP PLAASVLAK
Biobrandstof / Vermengingsregulasies /Wes-Kaap /Gewasse
Biobrandstof
JOHANNSTRAUSS,
wetenskaplike: Volhoubare produksiestelsels, Direktoraat Plantwetenskappe,Wes-KaapDepartement van Landbou
en sekretaris: BewaringslandbouWes-Kaap
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
Watter rol kandieWes-Kaapsegraanprodusent indievervaardigingvanbiobrandstof speel?Wanneer daar bespiegelwordoor hoebiobrandstofproduk-
sie indieWes-Kaap kanposvat,moet ons spesifiek kyknadiehuidigewisselboustelselswat inplek is.
1...,54,55,56,57,58,59,60,61,62,63 65,66,67,68,69,70,71,72,73,74,...100
Powered by FlippingBook