SA Graan Mei 2014 - page 70

Mei 2014
68
Vanggevleuelde luiseen
waarskuprodusente
G
edurende verlede jaar is daar inbesproeiingsgebiedewaar
koringgeplantwordvier suigvallestrategiesopgerigvirdie
monitering van vlieënde plantluise. Die suigvalle is geleë
byKoedoeskop, Brits, Groblersdal enWinterton (
Foto 1
).
Die suigvalle is 12,2 m hoog en vang plantluise en ander insekte,
heel dag, elkedag terwyl lug teen ‘n tempovanongeveer 0,75m
3
per
sekonde ingesuigword.
Aan die binnekant van hierdie val is daar ‘nmetaal gaastregter wat
eindig in ‘n houer wat preserveermiddel bevat, waarin die insekte
versamel word. Die monsters word een keer per week uit die val
gehaal en die luise word getel en by die Universiteit van Pretoria
uitgesorteer.
Die inligting hieruit verkry, gaangebruikwordom koringprodusente
indie besproeiingsgebiede tewaarskuoor die teenwoordigheid van
koringluise wat gars geeldwergvirus (GGDV), ook bekend as
barley
yellowdwarf virus
(BYDV), kanoordra.
Plantluisemigreer in lugstromeenveral in lugstrome12,2menhoër
bokant diegrond.Hoewel korter suigvalleookeffektief is, vang sulke
valle gewoonlik luise wat lokaal tussen plante beweeg op soek na
‘n geskikte gasheer en nie noodwendig plantluise wat vanuit ander
areas inbeweegnie.
Migrerende plantluise se oorsprong kom van plante waar luis-
populasies te groot geword het en die plant nie meer ‘n goeie
voedselbron is nie. Indien hierdie plante met virusse besmet was,
kandiemigrerendeplantluisemaklikdievirusoordrawanneer dit op
‘n nuwe plant land en begin voed. As ons dus kan vasstel wanneer
en hoeveel plantluise (wat moontlik virusse kan dra) in ‘n gebied
inbeweeg, kanonsdieprodusentewaarskudat diemoontlikheidvan
virusoordraginggrootof klein is, sodat hulledaarvolgenskanoptree.
Koringluise kan op twee maniere skade aan koring aanrig, naamlik
deurdirektevoedingendeurdieoordragvanplantvirusse.Sommige
plantluisspesies veroorsaak baie min voedingskade en word nie as
skadelik beskounie. Indienhierdie plantluise egter goeie plantvirus-
oordraers is, wordhulle indirek as baie skadelik beskou.
So byvoorbeeld is hawerluis oor die algemeen nie ‘n skadelike
voeder nie, maar ‘n goeie draer van die gars geeldwergvirus wat
hierdie plantluis baie gevaarlik maak wanneer gars geeldwergvirus
in hierdie gebiede teenwoordig is. Russiese koringluis wat baie
skademet voedingveroorsaak, is ‘n swakoordraer vanplantvirusse.
Hoe dra plantluise virusse oor?
Koringluise voed in die vaatbondels van plante en onttrek
voedingstowwe wat die plant nodig het vir optimale opbrengs.
Sommige virusse, soos gars geeldwergvirus, kom net in die
vaatbondels van plante voor en word tydens voeding deur die
plantluis ingeneem. Dit beweeg in die dermkanaal van die plantluis
en beland in die bloedholte waarna dit weer in die speekselkliere
inbeweeg en met die volgende voeding kan die virus in ‘n plant
ingespuit word.
Gewoonlik gebeur dit dat ‘n gevleuelde plantluis op ‘n plant land en
begin voed. Die virus word dan onmiddellik na die plant oorgedra.
Die kleintjieswat kort daarnageboreword sal ookopdieplant begin
voed en stelselmatigdie virus uit dieplant opneem.
Sodra die nageslag dan te veel word op die plant, sal van die
plantluise begin rondbeweeg na aangrensende plante om daar te
voed. Wanneer dit gebeur, word die virus na aangrensende plante
oorgedra en so ontstaan die kolverspreiding van virusbesmette
plante. Plantluisewatwegvliegvandieplantdraweerdievirussaam.
Voorlopige vlugpatrone
Die valle monitor sedert middel verlede jaar en die preserveer-
middels moes eers uitgetoets word. Dus het ons laat begin
monitor en is daar nogmin data beskikbaar. Tans is 16 verskillende
luisspesies uit die suigvalmonsters geïdentifiseer waarby al die
koringluisspesies ingesluit is.
OP PLAASVLAK
Suigvalle / Vlieëndeplantluise / Besproeiingsgebiede / Koring
Plaagbeheer
GODDYPRINSLOO,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
Grafiek 1: Hawerluisgetalle gedurende ‘n gedeelte van die jaar by Koe-
doeskop.
Grafiek 2: Hawerluisgetallegedurende ‘ngedeelte vandie jaar byBrits.
1...,60,61,62,63,64,65,66,67,68,69 71,72,73,74,75,76,77,78,79,80,...100
Powered by FlippingBook