SA Graan Mei 2014 - page 69

67
May2014
OPPLAASVLAK
Saad
DIREKTEKOSTE
INDIREKTEKOSTE
Koringprys (per ton)
Rente
Saadskoonmaakkoste
Ekstraonkruidbeheer
Waarde van saadwat deur
skoonmaakproses verwyder is
Saadbehandelingskoste
Opberging
PRYSPER 25KG
Gesertifiseerde saad
R350
Teruggehoude saad
R110*
TABEL 1: DIREKTE EN INDIREKTE KOSTEOM INAG TENEEMBYDIE
BEPALINGVANSAADKOSTE.
TABEL 2: SAADPRYSVIRGESERTIFISEERDE EN TERUGGEHOUDE
SAADONDERSKEIDELIK.
*Saadkoste (koringprys), skoonmaak enbehandeling van saad ingesluit
*Werklike syfers
**Koringprys ten tye van skryf van artikel
SAADBRON
PRYSPER
25KG
PLANTDIGTHEID
(KG/HA)
SAADKOSTE
(R/HA)
OPBRENGS*
(TON/HA)
INKOMSTE@
R3 500/TON**
MARGEBOGESPESI-
FISEERDEKOSTE
Gesertifiseerde saad
R350
20
280
2,53
R8 750
R8 470
Teruggehoude saad
R110
20
88
2,27
R7 945
R7 857
TABEL 3: VERGELYKING TUSSENGESERTIFISEERDE EN TERUGGEHOUDE SAADOMDIEMARGEBOGESPESIFISEERDE KOSTEAAN TEDUI.
Uit Grafiek 2 kan duidelik gesien word hoe gemiddeld slegs sowat
53% van teruggehoude saad wat wel ontkiem het, in saailinge kon
ontwikkel. Wanneer beskadigde teruggehoude saad geplant is, kon
slegs sowat 42% van die saad in saailinge ontwikkel en wanneer
die saad met saadbehandelingsmiddels behandel is, het net meer
as 30% van die saailinge ontwikkel. Dit is algemene kennis dat ‘n
goeiestandnoodsaaklik isvirmaksimumopbrengs. Indiegevalwaar
opkoms nadelig beïnvloed word deur die plant van teruggehoude
saad, skep dit potensiële probleme wat ‘n produsent duur te staan
kan kom.
Saadkoste
Hoe vergelyk die prys van gesertifiseerde saad met dié van terug-
gehoude saad?
Indien ‘n produsent gesertifiseerde saad koop, kan die kostewissel
tussen R300 en R400 vir ‘n 25 kg sak (droëland-winterkoring). Teen
‘n gemiddelde saaidigtheid van 20 kg/ha (en ‘n duisendkorrelmassa
vanomenby35gram tot 45gram/1000 sade), kandie saadprysper
hektaar sowat R240 tot R320beloop.
Die kostevan teruggehoude saad kanegter heelwatwissel.Om saad
skoon te maak en te behandel, kan tussen ongeveer R600/ton en
R700/ton beloop. Addisionele koste as dit gesak en opgebergmoet
word, word nie hierby ingereken nie. Dit kan die koste opstoot tot
soveel as R1 000/ton. Wanneer teruggehoude saad geplant word,
moet hoër plantdigthedegebruikword, aangesiendieontkiemingen
kiemkrag van teruggehoude saad gewoonlik heelwat laer is as dié
vangesertifiseerde saad.
Soos met die meeste ekonomiese voorbeelde, is die kostevergely-
king van gesertifiseerde saad en teruggehoude saad plaasspesi-
fiek. Die maklikste manier om egter die twee te vergelyk, is om ‘n
gedeeltelike begroting op te stel wat die volle koste van terugge-
houde saad verhaal.
Die kostewissel natuurlik van plaas tot plaas en nie alle produsente
sal al hierdie kosteaangaanwanneer hullehul eie saad terughounie,
maardit isookbelangrikom tebesef dat diekostevan teruggehoude
koringsaad nie slegs die produksiekoste of diemarkprys van koring
isnie. Faktoreom inag teneembydiebepalingvan saadkoste,word
in
Tabel 1
opgesom.
In
Tabel 2
word ‘n vergelyking getref tussen die saadprys vir ge-
sertifiseerde saad in vergelyking met die direkte koste van terug-
gehoude saad.
Wanneer ‘nmens kyk na die aanvanklike vergelyking in prys tussen
gesertifiseerde saad en teruggehoude saad, lyk dit asof dit ‘n groot
besparing kanmeebring en lyk dieopsiebaie aantreklik.Wanneer jy
egtermet die syfers self werk, is gesertifiseerde saad nie soduur in
vergelykingmet teruggehoude saadnie.
Die aanbevole plantdigthede (soos vervat in die
Produksiehandlei-
dings
van die LNR-KGI) is gebaseer op resultate wat in die
verskillende streke verkry is met proewe wat met gesertifiseerde
saad geplant is. As teruggehoude saad gebruik word, moet daar
aanpassings in die saaidigtheid gemaak word om te kompenseer
vir laer ontkieming en kiemkrag. In die studie wat by die LNR-KGI
gedoen is, is gesertifiseerde saad en teruggehoude saad egter teen
dieselfde plantdigtheid aangeplant. Verwys na
Tabel 3
om te sien
hoedie resultatemetmekaar vergelyk.
Met die eerste oogopslag lyk dit inderdaad asof teruggehoude
saad ‘n koste-voordeel inhou, maar kwaliteitsprobleme met hier-
die saad kandie saadkosteper hektaar aansienlik verhoog.Wanneer
saad selfs in ‘n geringe mate beskadig is, kan die verlaging in
opbrengs tot 25% verhoog. In so ‘n geval sal die berekeninge totaal
anders daar uitsien.
Nadat die koste van saadskoonmaak, saadbehandeling en die hoër
plantdigthede waarteen geplant moet word in ag geneem word,
begin die voordele van teruggehoude saad baie krimp. As die
addisionele koste wat met potensiële opbrengsverlaging gepaard
gaan en die verlaagde kwaliteit veroorsaak deur swak kwaliteit saad
in ag geneemword, verdwyn die aanvanklike ekonomiese voordele
van teruggehoude saad.
Die R192/ha wat ‘n produsent gevolglik bespaar op saadkoste deur
nie gesertifiseerde saad te koop nie, is gelykstaande aan ‘n skamele
54,8 kg graan. Die vraag is nou of die verhoogde risiko’s, soos
hierbobeskryf, diemoeitewerd is om te neem as dít diemaksimum
moontlikebesparing is.
Dus...As ‘n produsent dink dat hy nie gesertifiseerde saad kan
bekostig nie aangesien dit te duur is en dat teruggehoude saad
heelwat koste kan bespaar, maak hy ‘n groot fout. Die voordelewat
die aanplant vangesertifiseerde saad inhou, is legio.
Hoekom daarom nie jou risiko verlaag en daarvan
gebruikmaaknie?
Is koringsaad te duur?
1...,59,60,61,62,63,64,65,66,67,68 70,71,72,73,74,75,76,77,78,79,...100
Powered by FlippingBook